Nuwe hoofsweep vir DA aangewys

Natasha Mazzone. Foto: Facebook

Die DA het Natasha Mazzone, tans DA-skaduminister van opnbare werke, aangewys as die party se hoofsweep.

Solly Malatsi, DA-woordvoerder, is aangewys as parlementêre raadslid vir die DA se parlementêre leier.

John Steenhuisen, parlementêre leier van die DA, het dié aankondiging Donderdag ná die DA se parlementêre koukusvergadering gemaak. “Natasha bied ʼn ideale balans tussen kennis en deursettingsvermoë vir hierdie sleutelposisie,” sê Steenhuisen.

Jacques Julius, ʼn DA-parlementslid, sal steeds die posisie van adjunkhoofsweep in die parlement beklee.

“Ek vertrou hierdie talentvolle en diverse span het wat dit verg om die DA te lei in ons stryd om die belange van alle Suid-Afrikaners te bevorder,” sê Steenhuisen.

Helen Zille, tussentydse leier van die DA, spreek 13:00 die Kaapstadse Persklub toe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Mark

Ek wonder hoeveel stemme hierdie vrou na die party gebring het.

Koos

En, nog gaan bring.

JP

Sy moet net opas Suid-Afrika se son is geneig om mooi mense te verniel, Kyk bv vir ouma Zil ????????

WERKER

Het vir haar gewerk toe sy hoof sweep was vir die DA in Pretoria, sy is n staat maker van n vrou, sy baklei vir die regte dinge….weet sy gaan n groot verskil maak….Sterkte Natasha

Vintcent

Blanke, Afrikaanssprekende mans…hoeveel van hulle in die DA se opperbevel?