Nuwe jakkalsdraai in Zuma-saak

Oudpres. Jacob Zuma (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Oudpres. Jacob Zuma het reeds sy regspan opdrag gegee om appèl aan te teken nadat sy aansoek om adv. Billy Downer as aanklaer in sy korrupsiesaak te laat verwyder, vandeesweek van die hand gewys is.

Die Zuma-stigting is glad nie gelukkig met dié uitspraak nie en meen regter Piet Koen het “verskeie wesenlike en growwe regsdwalings” in sy vertolking en weergawe van die feite voor die hof begaan.

Koen het Dinsdag onder meer bevind dat Zuma se pogings om Downer as hoofaanklaer in die saak te laat verwyder grootliks bespiegelend en ten beste gegrond is op ontoelaatbare hoorsêgetuienis.

“Die bewering van vooroordeel teen mnr. Downer is grootliks gegrond op die feit dat hy glo nie onafhanklik en objektief was nie,” het die regter in sy uitspraak gesê.

“Gegrond op die getuienis voor my is dit geensins bewys dat mnr. Zuma se reg op ʼn grondwetlik billike verhoor belemmer is nie, of dat daar ʼn werklike moontlikheid is dat sy regte belemmer sal word nie.”

Die hof het ook bevind Zuma het versuim om te bewys dat Downer nie die reg het om hom te vervolg nie.

Downer is die aanklaer in die saak waarin Zuma en die Franse wapenvervaardiger Thales teregstaan op aanklag van onder meer bedrog, korrupsie en rampokkery. Zuma word ook daarvan beskuldig dat hy omkoopgeld van Thales ontvang het.

Hy en Thales pleit onskuldig op die aanklagte teen hulle in ʼn saak wat al langer as 20 jaar sloer en vanjaar hervat is.

Zuma was self Dinsdag in die hof toe Koen sy uitspraak gelewer het.

Die saak is intussen weer vir die soveelste keer uitgestel – dié keer na April volgende jaar. Die staat sal na verwagting dán eindelik sy getuienis lei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

Mnr. Z..a, jy kan dalk die onvermydelike en dalk onafwendbare aan hierdie kant van die grensdraad tussen lewe en dood uitstel…..maar die dag as jy voor jou Skepper staan (nes ons almal maar) en jy het nie reggemaak wat jy hier verbrou het nie, gaan die warmplek jou voorland wees. Sê maar net. Jy het baie om oor rekenskap te gee eendag.

Johan ·

Hierdie appél moet indringend aangehoor word, sodat Zoempies se se saak kan begin! Hy weet hy is so skuldig soos die hel van self. En die reg val vir sy grappe! Wat is die volgende stap? Grondwetlike hof? Teen daardie tyd sit al Zoempies se buddies op die bank … !

Snowball ·

Hou daai hande net so in die lug, dat hulle jou in boeie kan slaan, jou ou aartsskelm!

johan ·

Dit wil voorkom of zuma meer as genoeg geld het om soo aan te gaan. Wonder hoeveel sy regskostes alreeds beloop.

Chris dupreez ·

Aag tog, ek hoop die saak vind plaas voor hy lepel in die dak steek

Jan Nel ·

En na dit sal hy hom tot die Konstitusionele Hof ook wend. Ons hoop maar al die party werk saam om hom deur die hele proses te neem voor sy verhoordatum in April.

AW ·

Dit is ń Openlike Geheim, dat Uitstel n taktiek is van meer ss n handvol regsverteenwoordigers,

Bewys my Verkeers / Bewys my Reg .

Ek gaan gereeld hof toe, omdat ek so baie het om te doen.

annie ·

My wens is dat ‘n regter vir Zuma van alle kommunikasie-middele afsny… Nooit weer ‘n foto of inligting op enige media nie. Waar hy bly maak nie saak nie. Net geen soos in niks meer hoor of sien van die man vir ewig en altyd nie. Dit was oorgenoeg van hom… Bevry ons asseblief!

Nie Verbaas ·

Soos hulle sê, soort soek soort. So wys ons almal op n stadium ons intellek. Zuma stigting, hoe pateties.

NWT ·

Hoe lank kan iemand nog vertragings taktieke gebruik. As n gewone Suid Afrikaner sal die howe dit nie geduld het. Ek dink die hoogste hof moet n stokkie voor hierdie vertraging taktieke plaas. Op 11 April 2021 is daar nog een op die tafel……seker n nuwe regsspan om die dossier te bestudeer. Teen die tyd dat die saak werklik begin in 2071 het Zuma al lankal n ere begrafnis deur die ANC ontvang wat deur die belasting betalers betaal gaan word. Ook wie bepaal al sy regskoste. Hy het dan verklaar dat hy nie R50 000 per maand papgeld vir een van klomp vroue kan betaal nie. So wie betaal sy regskoste.

KB ·

En so sal Zuma aanhou tot in lengte van dae…nes sy vriend Mugabe.

boerie ·

Hierdie 30% ters zuma stigting dink hulle weet meer van die wet as n opgeleide regter.

Stefaan ·

Kom ons hou op geld en tyd mors en skraap die saak van die rol. Dit gaan nooit afgehandel word nie en met zuma wat so “siek” is sal hy dood wees voordat daar ‘n uitspraak sal wees.

Jaco ·

Wit regter en wit staatsaanklaer in 2021. Hulle ras pla my nie, maar wat dan nou van regstellende aksie? “Transformasie van die regstelsel” is ook ‘n ding waarop die ANC gedurig hamer. So hoe dan nou?

George ·

Na die appèl sal daar weer uitstel wees omdat hy nuwe regsverteenwoordiger moet kry . Onthou hy is arm en spandeer baie vir die appelle ;)

Hy sal aanvoer hy kon nie betaal daarom die nuwe adv. Die moet nou n jaar kry om in te studeer… en so gaan dit aan…

Lindi ·

As mens aanhoudend in ‘n sirkel loop, loop jy een of andertyd in jouself vas!

007 ·

Hy gaan nie so lank lewe soos wat die saak uitgestel gaan word nie. Behalwe as hy en Queen Elizabeth dieselfde medisyne drink.

Chef ·

Zuma se optrede is voor die handliggend en skreeuend blatant. Dis lankal duidelik dat die staat maar net saamspeel en skyn optrede voorhou.

Herman ·

En so word geld gemors. Hoe verwys hulle na hom as oud-President. Hy was geen president nie. n Skelm bedrier ja.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.