Nuwe Jhb-speaker aangewys

Vasco da Gama. Foto: DA

Vasco da Gama. Foto: DA

Die Johannesburgse stadsraad het Maandag tydens sy eerste sitting en verskeie onderbrekings ʼn nuwe speaker verkies.

Die proses om raadslede in te huldig is aanvanklik vertraag nadat die EFF beswaar gemaak het teen die inhuldiging van Dan Bovu, burgemeesterskomiteelid van die ANC, as raadslid. Die EFF het vroeër beweer dat Bovu opposisiepartye kontant aangebied het om te verseker die ANC behou die Johannesburgse metro. Bovu het die bewerings ten sterkste ontken.

Volgens die EFF het hy strafregtelike klagte teen Bovu aanhangig gemaak. Bovu het intussen gesê hy beplan om regsaksie teen die EFF te neem. Die proses het egter hierna voortgesit en die 270 raadslede is ingehuldig voordat benoemings ontvang is vir die posisie van speaker. Die DA se Vasco da Gama en die ANC se Constance Bapela is vir dié posisie benoem.

Die proses om vir die nuwe speaker te stem het egter ook nie sonder drama verloop nie. ʼn Woordewisseling het tydens die stemmery uitgebreek oor ʼn EFF-raadslid wat glo vir mense gewys het vir wie hy gestem het voordat hy sy stembrief in die stemboks gegooi het. Raadslede was ongelukkig omdat daar glo aangedui is die stemming moet in geheimhouding plaasvind.

Die stemmery het hierna voortgegaan totdat dit geblyk het dat sommige raadslede handgemeen geraak het en uit die sitting verwyder is. Da Gama is hierna as die nuwe speaker aangewys. Die proses om die nuwe burgemeester te verkies duur voort.

Die ANC het in die munisipale verkiesing vroeër die maand 121 setels op hom verenig terwyl die DA 104 setels gekry het. Die EFF het 30 setels en die IVP vyf setels gekry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Grap ·

As Vasco da Gama die speaker is hoop ek van harte dat Jan van Riebeeck benoem word as burgemeester .??

Louwrens ·

Haai julle, onthou dit is n nuwe bedeling. Harry die strandloper sal ook n pos moet kry…!En aangesien ons nou daarmee besig is sal julle verseker aan Saatjie Baartman ook n pos moet aanbied.

Hoop ·

Nuus nounet uit, die DA Johannesburg ook, burgermeester Herman.

jaco ·

Bruin DA-speaker vir Johannesburg en wit DA-burgermeester vir Nelson Mandelabaai. Interessante regstellende aksie wat die DA toepas…

Wern ·

Ja, die DA stel nie amper net een ras aan nie. Hulle ondersteun veelrassigheid en aanstelling op grond van bevoegdheid eerder as om minderheidsgroepe totaal uit te skuif soos die ANC, en dit is hoe dit moet wees soos die Vereenigde Nasies nou weer bevestig het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.