Nuwe kabinet Maandagaand aangekondig

President Cyril Ramaphosa (Foto: JUSTIN TALLIS/ AFP)

Pres. Cyril Ramaphosa sal vanaand die langverwagte veranderinge aan sy kabinet aankondig.

Die kabinetskommeling sal om 19:00 vanaand regstreeks aangekondig word, het Vincent Magwenya, Ramaphosa se woordvoerder, bevestig.

Dit kom ná weke lange bespiegeling oor watter skuiwe Ramaphosa sal maak en wie die nuwe tydelike minister van elektrisiteit gaan wees.

Adj.pres. David Mabuza het Woensdag bedank en ʼn nuwe adjunkpresident moet aangewys word. Fikile Mbalula, minister van vervoer, wil ook bedank om hom toe te wy aan sy pos as sekretaris-generaal van die ANC. Die pos van minister van staatsdiens en administrasie moet ook gevul word.

Enoch Godongwana, minister van finansies, is verlede week as LP ingehuldig, wat Ramaphosa die geleentheid gee om iemand van buite die parlement aan te stel. Daar is intussen baie bespiegeling oor ander moontlike skuiwe in die kabinet. Daar is berigte dat Bheki Cele, minister van polisie, moontlik na staatsveiligheid geskuif gaan word nadat daar in 2021 van die departement ontslae geraak is.

Rakende kritiek oor Ramaphosa se traagheid om ʼn aankondiging oor die kabinetskommeling te maak, het Magwenya gesê hy is nie seker waar die beweringe vandaan kom dat die president sy voete gesleep het met die aankondiging nie.

Daar moes volgens Magwenya eers die nodige konsultasies plaasvind en bepaalde parlementêre prosesse moes eers hul gang gaan.

“Die president waardeer die belangrikheid daarvan om ʼn uitvoerende bestuur in te stel wat sal voortbou op die regering se verbintenisse vir vinniger groei deur ons beleggingsdryf, ekonomiese hervormings, openbare indiensnemingsprogramme en ʼn uitbreiding van die infrastruktuurprogram.

“Dit sal die regering se fokus versterk – soos die president in sy staatsrede gesê het – op daardie stappe wat nou ʼn betekenisvolle verskil sal maak, werklike vordering binne die volgende jaar moontlik sal maak en ʼn grondslag sal lê vir ʼn volgehoue herstel in die toekoms.”

Pres. Ramaphosa is ten volle verbind tot sy ampseed en dagtake om die nasie te lei uit die moeilikhede wat dit tans in die gesig staar, het Magwenya benadruk.

“Dit is presies die president se houding terwyl hy dag en nag te werk gaan. En dit is sy standpunt terwyl hy die regering, die burgerlike samelewing en internasionale vennote mobiliseer om te verseker dat ons vanjaar die volgende uitdagings aanpak: beurtkrag, werkloosheid, armoede en stygende lewenskoste, asook misdaad en korrupsie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Chris dupreez ·

Ramaphala phala moet besluit of hy die president en leier wil wees en of hy net n pion gaan bly vir die korrupte anc

annie ·

Cyril het ok nou sulke vaal brabbelende woordvoerders soos Biden en hy val ok deesdae oor sy eie besluite. Soos misdadiger glo altyd teruggaan na die misdaadtoneel, moes Cyril dalk… Maar ‘n liggie sal nie ná Phala se vars plaaslig skielik helder skyn oor die land wanneer hy vanaand voor die nasie ‘n hasie uit sy hoed probeer pluk nie. Moenie hoop om verlig te voel oor redelike oplossings vir landsprobleme nie. Dié ou het dit nie; g’n voema nie… Net wanneer hy vlug!

Watsenaam ·

Die woord is nie “woema”nie. Die woord is geen rugraat of integriteit nie.

Grassie ·

Ek dink hy gaan net die bestaande spul ‘n bietjie rondskommel met so ‘n paar nuwe gesigte by, nie weens hulle bekwaanheid nie maar weer soos gewoonlik net kaderontplooing. Hy kan nie maklik van Cele ontslae aak nie want dié weet dalk te veel van die geld in die rusbank. Miskien wag daar ‘n paar onaangename verrassings op ons. Ek hoop ek is verkeerd.

Watsenaam ·

Dalk moet hy malema in cele se plek aanstel. Bid jou dit aan?

Republikein in die Wes Kaap ·

Malema kan adjunkpresident word in 2024, sou die ANC se steun onder 50% daal en ‘n ANC/EFF koalisie gevorm word.

Grassie ·

Ek stem saam met jou. Dit sal ‘n bose dag wees vir hierdie land

Witbaard ·

Dieselfde vrot eiers gaan net in ander afskortings gesit word

Danie ·

Nuwe beteken splinternuut uit die boks nie n skommeling van vrot vuilgoed.

Andrè ·

Dag en nag werk en niks vermag behalwe lippetaal en mag vir sy brasse nie

Republikein in die Wes Kaap ·

Die regime sal net voortgaan om te plunder.

Peach ·

Of hy nou my hond, wat ‘n goeie job doen om my eiendom en gesin bewaak/beskerm, as minister van polisie aan stel, is om dit ewe sovêr dit my aangaan want, alvorens daai “sommige mense moet eet” mentaliteit onder die Comrades heers, is daar geen hoop op verbetering….. appels en pere is albei vrugte.

Papsak ·

Ja hy gaan weer al sy korrupte kaders aan stel soos hy een is hy moet besluit wil hy bly of gly

domheks ·

Wie is nog honger? Die kaders moet kan vreet by die trog. Sal seker maar die klomp ou fossiele weer wees!

Koos 100 ·

Hy wil almal happy hou in die ANC, maar die res van SA is ‘n totale bysaak.

Snuffelgids ·

Ja roteer jou Kar se vier pap wiele en dink dit gaan n verskil maak…

Pietertjie ·

‘n Nuwe span vreters, saamgestel deur dieselfde ou vreters plus so een nuwe gesig, net om geloofwaardigheid aan te help.

Watsenaam ·

Dit moet ‘n drukfout wees.
Julle meen seker ‘n nuwe generasie skelms?
En die ergste van alles is, dat die gewone mense wat vir die anc gestem het dink hulle is “heroes”

miche ·

Volgens News 24 het SARS reeds aangedui hul kon geen rekord vind dat Phala Phala
se rusbank-geld by hul verklaar is nie.
Ek vermoed die poppe gaan dans by enige
Regering vergadering vorentoe. Die opposisie partye gaan CR omtrent laat les opsê.

Piet parys ·

HAU ek Wonder wie hy in sy plek gaan aanstel want dit is die regte ding om te doen phala phala .
De Ruyter in swart sal julle darem hel gee al die pad.

Louis ·

Dieselfde ou fossiele in die ANC ouetehuis gaan geskommel word. Geen aanduiding dat Kopdoek verwyder gaan word nie. As sy bly, dan gaan niks verander, sy het ‘n houvas op Squirrel, so sy geskommel is ‘n volslae klug.

Pinoccio ·

Om wat te bereik? Die spul kaders moet in geheel vervang word met kundige en eerlike bloed, as daar ooit so iets gevind sal kan word.

Boer ·

Asseblief vervang die hele klomp kabinets lede want niemand weet hoe om hul werk te doen nie.

Catherina ·

Niks position sal hieruit kom nie…net ander posisies vir Comrades. So sad

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.