‘Nuwe kabinet, selfde ANC’

Bathabile Dlamini. Foto: GCIS/Flickr

“Pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging Donderdag was die tweede geleentheid in nege maande wat hy nie benut het nie om misdadige ministers soos Bathabile Dlamini en Nomvula Mokonyane af te dank.”

Dít was Mmusi Maimane, leier van die DA, se reaksie op Ramaphosa se aanstelling van nuwe ministers Donderdag.

Hoewel daar wyd in die media verwys word na Ramaphosa se “kabinetskommeling” is baie min veranderinge aan die kabinet aangebring, ondanks groot afwagting dat daar sekere ministers is wie se koppe sou rol.

Nomvula Mokonyane is aangestel as die nuwe minister van omgewingsake, nadat die vorige minister, Edna Molewa, in September oorlede is. Siyabonga Cwele is aangewys as die nuwe minister van binnelandse sake nadat Malusi Gigaba verlede week uit dié amp bedank het.

Ramaphosa het ook aangekondig dat die departement van kommunikasie en die departement van telekommunikasie en posdienste sal saamsmelt en dat Stella Ndabeni-Abrahams die minister van dié departement sal wees.

“Die president het ook die geleentheid misgeloop om te sny aan die grootte van die uitvoerende gesag soos ons hom al vroeër gevra het om te doen. Ons hou vol dit is heeltemal moontlik dat ʼn meer doeltreffende uitvoerende gesag bedryf kan word met 15 ministerieë. Deur die departement van kommunikasie en die departement van telekommunikasie en posdienste te laat saamsmelt en Siyabonga Cwele na binnelandse sake te herwin, bereik niks en is maar net ʼn rondskuif van dooie hout,” het Maimane gesê.

Die opposisieleier het beklemtoon dat die DA se regsgeding om Dlamini afgedank te kry steeds voortgaan in die lig van die Sassa-krisis wat onder Dlamini se leiding plaasgevind het. Maimane meen Mokonyane moet ook so gou moontlik die trekpas kry aangesien sy “die departement van water en sanitasie vernietig het”.

Nomvula Mokonyane. Foto: Elmond jiyane, GCIS

“’n Nuwe hoofstuk kan nie gebou word op dieselfde leuenaars en Zupta-lojaliste wat gehelp het om Jacob Zuma in die regering en uit die tronk te hou nie. Dlamini en Mokonyane se termyn moet beëindig word en pres. Ramaphosa het versuim om dit te doen.”

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het Maimane se opvattings gedeel deur te sê Ramaphosa het die gulde geleentheid gehad om die kabinet te verklein en van Dlamini ontslae te raak, maar dit nie gedoen nie.

“Van die verskeie veranderinge wat pres. Ramaphosa kon aanbring, sou wees om omgewingsake met water en sanitasie te kombineer. Die VF Plus meen dat pres. Ramaphosa met verdere samesmeltings van ministerieë aan die publiek kon wys dat hy erns het met sy belofte om die kabinet te verklein. Hy het hierdie geleentheid nou verspeel,” sê Groenewald.

“Die feit dat die president nie bereid was om verdere veranderinge aan te bring nie, kan toegeskryf word aan die verdeeldheid in die ANC en die feit dat Ramaphosa steeds nie vanuit ʼn posisie van mag kan optree nie.

“Die president hoop dalk om met ʼn versterkte hand te kan optree ná aanstaande jaar se verkiesing, maar die moontlikheid is nie uitgesluit nie dat die posisie van die ANC en dan ook die president verder kan verswak ná die verkiesing, en dan sal die land en die belastingbetaler nog ʼn onbepaalde tyd die las van ʼn oorgrote kabinet moet dra.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Draadsitter ·

Liewe hemel! Jy is die president. Gebruik jou magsposisie om van die vrot appels ontslae te raak. Work smart. Hierdie land is in krisis gedompel en jy maak nie n daadwerklike plan om die gemors te fix nie. Dit gaan nie hier net oor ras nie man. PRODUCTIVITY! Raak ontslae van die dooie hout

Gemaskerde Sopbeen ·

Liewe hemel!!! NEE………..hy is nie die “president” nie…………..hy het net die titel en die voordele. Hy het geen magsposisie nie………..kan jy nie die drade aan sy hande, voete en kop sien nie? Hy word voorgeskryf………en gedreig om dit uit te voer….nes al sy voorgangers.

Riaan ·

@Draadsitter.Dis moeilik om n stuk grond ordentlik om te ploeg as jy die risiko loop om jou eie geraamtes oop te grou. Hy trek net hier en daar n kakiebos uit en dink die buitewereld is stupid.

Riaan ·

CR Sal net ontslae raak van die paar wat hom persoonlik n pyn gee. Hou jou vriende naby maar jou vyande nog nader se hulle. Behalwe vir iemand soos Pravin Gordhan,is die res n totale vrot spul. Net daar om vet salaris palette te kry.
Verstaan steeds nie hoekom ons blankes belasting betaal aan n regering wat ons openlik haat nie.

Pieterv ·

Eenheid binne die All None Compliant!
Na die maan met die land en sy mense.

Frederik ·

Ons is vasgevang in ‘n moderne form van slawerny. Ons regering is die slawe meesters wat meer en meer van ons geld en besittings wil vat. Dit is waarom hulle kan maak en breek soos hulle wil. Hulle is die meesters en dien nie die publiek nie en as sulk word hulle net rondgeskuif, nie afgedank nie.

Maljan ·

Ek dink eerder dat die regering van die dag die slawe is van mense wat hulle doinker geheime ken en uitbuit. Daar kan geen ander verklaring wees hoe n jacob zuma PRESIDENT van n land kon word nie. Hoe ander soos bogenoemde noh ministers kan wees nie.

Colleen ·

Hoekom sal ‘n president wat self sê hy het baie integriteit dan die antie aanhou? Waat weet sy van ons agbare president?

ZAR ·

Ek verstaan mense se verontwaardiging, maar daar moet na die groter prentjie gekyk word. Identiteitspolitiek is nou maar deel van hierdie eeu(hopelik gouer afgeskaf). Dit beteken vrouens het regte en daar waar hulle nie verteenwoordig word nie, moet hulle basies ingedruk word, om “gelykheid” te laat blyk. Eerstens is Dlamini leier van die vroue liga,en as Cyril van haar ontslae raak sal daar groot protes van daai kant wees. Ek is nie seker hoeveel mag Mokonyane op die oomblik het nie (2jaar terug kon sy mense uit hul pos geskop kry toe hulle weier om haar tender-gekose te gebruik), maar sy word moontlik gehou om Dlamini te troos dat sy veilig in haar pos is, kom wat wil, hierdie 2 is moontlik goeie vriende. Wat ookal die geval, politiek is ‘n vuil speletjie en vir die ANC gaan dit lankal nie meer oor wat die beste is vir die mense nie, dis oëverblindery en gee net die idee dat die mense in beheer is. Ons het verseker ‘n nuwe politieke party nodig wat die leisels kan vat, ongelukkig is die 3 opvolgers,DA EFF, IVP ewe korrup, die een is dalk net minder korrup as die ander. Ons Afrikaners het nodig om saam te staan en VF+ te stem, sodat hulle goeie koalisies kan vorm en ons Afrikaners ook ‘n stem kan kry in ons geboorteland. As jy DA stem, stem jy saam met hul ideologie en kan hul aangaan om witmense as 3de klas burgers te hanteer.

Retha ·

Ek stem saam met jou. Ek stem ook vir die VF+. Hulle moet meer setels in die parlement kry om die minderhede se belange te beskerm. Verder dink ek CR het nou baie balle om in die lug te hou sodat hy weer President kan wees. Behoede ons as iemand anders uit die ANC president word. Hy is ‘n goeie skaakspeler. Hy kan ongelukkig nie op die oomblik afdank soos hy wil nie.

G@tvol ·

Willie. Eers gedink jy spel verkeerd. Jy is reg. Dit is n mishoop!

Sarel ·

Laat my dink aan Mbeki en die destydse Minister van Gesondheid.

Thinus Erasmus ·

Ek gaan nie die lof besing van CR soos Max dP en Piet C nie want met hierdie nodige en gedwonge kabinet skommeling wys hy:
1 Dit wat hy praat en doen is nie dieselfde
2 Hy wil nie die oplossing nou implementeer maar stel dit uit/af
3 Hy mag dalk die leier van SA wees, maar die ANC kan hy nie lei nie.
Sommige dink hy is baie slim, ander reken hy is ‘n wonderlike strateeg, ek dink hy is net baie skelm:
Hy het reeds gelieg en weier om dit te erken / om verskoning vra (plaasmoord ontkenning)
Hy is nou reeds uitgevang oor 1/2 miljoen Rand skenking waarvan “hy nie bewus was nie” – ja raait.
En nou ook bewys hyself hy tree nie op i.v.m. korrupsie nie – net soos hy toegesien en toegelaat het dat Zuma die land in die afgrond ry.
Na volgende jaar se verkiesing sal daar maar net ‘n voortsetting van dieselfde gemors wees. Ek Sit R100 op my voorspelling.

humor ·

Liewe aarde waar moet die man in die anc geledere beter kry. Die oplossing is hy sal die blankes moet nader en dit sal hy om lewe en dood nie.

Geregtigheid ·

Met sulke “Presidente” kan n land net ondergaan. Visie Pres. gaan sommer op jollie patrollie Rusland toe sonder dat ANC weet wat sy agenda is. En nie eers van Pres te praat nie want daar is niks.

SjN ·

Sy kan nie nou al gaan nie , daar is n skoonheidskompetisie onder die vroueliga, Cr is hoof beoordeelaar en sy in die semi finaal vroeg volgende jaar, gee net tyd, tyd sal leer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.