Nuwe kanale vir SAUK beplan

Argieffoto

Argieffoto

Die SAUK het Saterdag die bekendstelling van nuwe televisiekanale gegrond op landstale om al die taalgroepe in die land te bedien, aangekondig.

Hlaudi Motsoeneng, die uitvoerende hoof van die uitsaaier, het in ʼn verklaring gesê die SAUK het besluit om hierdie kanale aan die miljoene SABC-kykers beskikbaar te stel sodat hulle televisieprogramme in die taal van hul keuse kan geniet.

“Sover beplan ons om die kanale te groepeer volgens taalaanpasbaarheid, soos Sesotho, Setswana en Sepedi saam in die Sotho-kanaal, isiZulu, isiXhosa, Siswati en isiNdebele as deel van die Nguni-kanaal, terwyl die derde kanaal inhoud sal lewer vir xiTsonga en tshiVenda en die vierde kanaal op Afrikaanssprekendes gerig sal wees,” het Motsoeneng gesê. “Die nuwe kanale sal ʼn mengelmoes vir al die kulture en tradisies van daardie taalgroepe wees.”

Dit is nie duidelik wanneer hierdie kanale bekendgestel sal word nie.

Hy het bygevoeg die plaaslike inhoud van die huidige SABC-kanale sal ook vermeerder word om meer te fokus op voorheen gemarginaliseerde tale, soos xiTsonga, tshiVenda en Afrikaans. Die SABC-nuusbulletins sal voortaan ook ʼn gedeelte bevat wat spesifiek op provinsiale nuus fokus om nuus oor “die hele Suid-Afrika volledig te dek”.

Volgens Motsoeneng vorm hierdie besluite deel van die uitsaaier se digitale migrasie-strategie. “Die SAUK sal vakante poste en tenders slegs op SAUK televisie, radio en digitale platforms adverteer en nie meer enige advertensies in gedrukte- of ander mediaplatforms gebruik nie. Hierdie besluit geld onmiddellik,” het Motsoeneng gesê.

“Die SAUK het ook besluit die dienste van eksterne bemarkingsagentskappe sal nie meer gebruik word nie, aangesien die maatskappy genoeg interne kreatiewe kapasiteit het om bemarkingsveldtogte te hanteer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Henk ·

Jare gelede het die SAUK gesê daar kom nuwe televisiekanale in die vorm van SABC4 en SABC5. Daardie plan is nooit uitgevoer nie. Dus ons sal maar moet wag watter deel van hierdie berig werklikheid word…

Koos ·

Is dit nie dieselfde persoon wat on omstredenheid gedompel is oor sy aanstelling nie?

DPJ ·

Soos ek verstaan sal daar net 4 kanale wees en niks meer nie.
Meeste kykkers betaal ook nie vir die diens nie so, óf die programme moet baie herhaal word óf lisensie gelde sal baie verhoog moet wrod. Die keuse is jou besluit!

Francois ·

Nou kan die ANC elkeen in sy eie taal indoktrineer. Nee wat, die SAUK (‘skuus, die EsYBieSie) is so irrelevant soos Zuma by ‘n anti-korrupsie konferensie.

Vicus ·

Maroela ekskuus. Het per abuis die rapporteer knoppie gedruk toe ek “gescroll” het.

Johannes van Rooyen ·

Soos alles in die ANC beplan word maar niks gebeur nie ek het jare laas enige iets op sabc gekyk hulle sal my nie weer oortuig om iets te kyk nie

Xa ·

Net nog n propaganda poging voor verkiesing, en Ja honderde duisente mense gaan Val en weer vir n party wat hulle in rug steek stem sonder om dit te besef.

Rylaan ·

Ek werk vir ‘n produksiemaatskappy en die SAUK is die enigste uitsaaier wat van ons verwag dat ons hoë definisie oorspronklike programme aan hulle in standaarddefinisie op videoband te lewer. Dit voel nie of digitale migrasie op die agenda is nie. 4 nuwe kanale kort miljoene Rande se inhoud. Selfs die BBC het onlangs BBC3 se uitsendings gestaak, en vervang met ‘n internet-kanaal. Bygesê die programkwaliteit van BBC1, BBC2, BBC4, BBC News en hul twee jeugkanale is van uiters hoë gehalte. Om nie eers te praat van hul streeks-radio en -televisiedienste nie. Die SAUK kon dít ook gewees het vandag, met ander leierskap. Ek is baie bly oor die vierde addisionele Afrikaanse kanaal. Werkskepping vir Afrikaanssprekendes in die plaaslike mediabedryf is altyd goed.

hans ·

N suiwer Afrikaanse kanaal-kan dit nie glo. In onder ander die huidige sepie 7de Laan word daar in soveel ander tale gepraat dat dit eintlik nie meer regtig n Afrikaanse program is nie-gaan al die anderstalige spelers nou uit die storie geskryf word,glo nie dit gaan gebeur nie.

Tiger ·

Hans ek dank die Vader ons het 8 jaar gelede laaste na 7de laan gekyk!Ons hare het gerys met die vermenging wat daar toe al subtiel in die program ingesmokkel was (breinspoeling op sy beste!)Ek is baie bly ons het die pratey in ander tale heeltemal misgeloop!Neewat die sauk kan maar soveel kanale inbring as wat hulle wil.Ons sal NOOIT weer na sauk tv kanale van watter aard ookal kyk nie want dis alles breinspoeling en my bybel se ek mag nie vermeng nie.Jammer!

jaco ·

n TV kanaal in die taal van apartheid; in die taal van die voormalige onderdrukker? Dit klink te goed om waar te wees. Seker net nog n foefie om wit kiesers sag te maak voor die verkiezing in Augustus

m ·

As hulle nou in al die tale programme wil aanbied moet hierdie mense van hierdie tale ook begin betaal vir hulle TV lisensies.

TREVOR ·

nee wat ek kyk nie Pick a boy 1 , Pick a boy 2 , Pick a boy 3 en Pick a boy E. ek wil nie weet vir nog Pick a boy kanale nie. Ek betaal nie tv lisensie nie en ook nie tv nie. punt

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.