Nuwe kanselier vir UJ

Dr Phumzile Mlambo-Ngcuka (Foto verskaf deur UJ)

Die raad van die Universiteit van Johannesburg het dr. Phumzile Mlambo-Ngcuka, voormalige adjunk-sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies en uitvoerende direkteur van VN Vroue, as kanselier aangestel.

Haar vyf jaar ampstermyn strek van 1 Oktober 2022 tot 30 September 2027. Prof. Njabulo Ndebele se tweede vyf jaar ampstermyn verstryk op 30 September 2022.

Mlambo-Ngcuka was ʼn lid van Suid-Afrika se eerste demokratiese parlement in 1994. Sy was adjunkminister in die departement van handel en nywerheid (1994 – 1996) en minister van minerale hulpbronne en energie (1999 – 2005). Sy was ook adjunkpresident van Suid-Afrika (2005 – 2008).

Mlambo-Ngcuka het deur haar politieke loopbaan gefokus op menseregte, gelykheid en maatskaplike geregtigheid, met ʼn spesifieke klem op geslag- en jeugontwikkeling.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Pieter ·

Die anc land is n grap man waar kom die doktor van daan seker in kuba gekry. Dit is hoekom die anc land sy alie gesien het.

Yvonne ·

Ek neem aan die naam verskyn ook op die ANC se lys van bevorderings en plasings

piet ·

Meer as op meriete, sy was amper sekretaris-generaal van die VN (onder-sekretaris-generaal).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.