Nuwe Kerkstraat-naamborde gevandaliseer

Foto: AfriForum Jeug

Foto: AfriForum Jeug

EFF-lede het glo die 49 straatnaamborde wat AfriForum Jeug Sondagaand in verskeie dele van Kerkstraat in Pretoria aangebring het, met rooi verf getakel.

Godrich Gardee, sekretarisgeneraal van die EFF, het gesê sy party ontken nie dat hulle die straatnaamborde gevandaliseer het nie. “Ons sal nie langer getraumatiseer word deur dinge wat ons aan imperialisme en onderdrukking herinner nie”.

Volgens Gardee het AfriForum Jeug die straatnaamborde onwettig aangebring. “Erfenis wat wit oorheersing en kolonialisme bevorder, hoort agter in ‘n museum, nie voor ons nie.”

AfriForum Jeug het Kerkstraat-naamborde aangebring in WF Nkomo-, Stanza Bopape- en Helen Josephstraat.

Volgens Ian Cameron, AfriForum Jeug se woordvoerder, het “die EFF nie respek vir mense se erfenis en geskiedenis nie. Ons wil hê almal se geskiedenis moet vertel word. Straatname is deel van ons geskiedenis”.

Die EFF het in Junie 2015 ʼn versoek by die parlement ingedien om 40 Wes-Kaapse dorpsname te verander. Na wat verneem word, wil die EFF ook die land se naam laat verander. “Ons sal gemeenskappe mobiliseer om straatname te verander,” het Gardee gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Meraai ·

Slegs gekke en dwase skryf dinge op mure en glase! Vra ‘n bietjie die symste trawante wat ingekleur het of hulle weet wie Stanza Bopape is en ek kan jou wed hulle sal nie ‘n idee hê nie!

Besorg ·

Ja Meraai. Ek maak ‘n punt om swart mense uit te vra oor hul kennis van die geskiedenis. Deur die bank ken hul net die huidige propaganda en nie die waarheid nie. Ek is bevrees die kookpot wil oorkook. En laat sak my kop in skaamte oor 30,000 vrouens en kinders wat in die Engelse oorlog vermoor is en met hul lewens vir die ZAR en Oranje Vrystaat betaal het. Waar sit ons vandag……

Francois ·

Besorg, jy maak ‘n geldige punt. Soos dinge tans in Suid-Afrika lyk, met minderheidsregte (veral Afrikanerregte) wat blatant deur die regime en hul lakeie in die EFF vertrap word, is ek ten gunste van selfbeskikking, selfs geografies-gebaseerde selfbeskikking (‘n volkstaat of ander werkbare weergawe daarvan), vir Afrikaners. En indien enigeen vra wie die Afrikaner is, laat ek dit duidelik stel: Afrikaners is blanke Afrikaanssprekendes van Europese afkoms (met hoofsaaklik Nederlandse en Hugenote voorsate) wat aan die Christelik-Protestantse tradisie verbonde is, maar wie se wortels in Afrika lê.

Derick ·

Gaan hulle ook gearresteer word soos die Afriforum Jeug lede wat dit opgesit het?

Liewe heksie ·

EFF soek oorlog Ek is nou al bietjie oud maar wragtag Ek sal n blikkie of twee swart spray vat en hul naambortjies gaan spray hulle soek mos als swart

Neels ·

Elke hond kry sy dag, brakke kry n langnaweek. Hul dag kom.

Johan ·

Fokus op regte dinge in lewe en hou op kinderagtig wees daars belangriker goed soos plaasmoorde, verkragtings, kindermishandeling en goed en dan worry julle oor n ou naambordjie rerig word bietjie groot en kyk na regte probleme

Yahleda Ihlathini ·

Johan. Jy mis die punt. Jy fokus op die te min. Hierdie groep individue trek die strop al nouer om die Afrikaner se nek en wurg hom stap vir stap dood. Gee die pinkie en die hele mens is hulle s’n. Trek n lyn. En weier dat hy gekruis word

Paul dB ·

Johan,
Die regte probleem is manifisteer op vele vlakke. Jy mag Meskien voel dat lysie wat jy as belangrik Ag meer tel, maar dit maak nie die ander onbenullig nie. Jou kritiek dui maar effe op kortsigtigheid. Ons moet op al die vlakke van bedreiging reageer en betrokke wees, dit is dus ook belangrik om die naamveranderings teen te staan, veral waar dit kultuur sake raak. Die een is maak nie die ander onbenullig nie en ek voel jou kretiek is onvanpas!

jakes ·

Vannaand verf ek my dorp rooi! EN enigeen wat my probeer arresteer. Dink aan hul borde verwyder en as scrapmetal verkoop. Hou die spasie dop!

GES ·

Ons staan by ‘n kruispad. Die EEF moet aangekla word of ons moet alles laatvaar en hulle toelaat om oor ons te loop. Hier gaan seker weer ‘n paar krete opgaan wat sê: ‘Hier gaan ons al weer’. Wat daarmee bedoel word sal niemand verseker weet.

Wat gaan ons doen? Wat is die regte ding om te doen? En nog meer vrae … Laastens het ons as blanke Afrikaners dan geen meer regte of voorregte? Miskien moet ek my skuilnaam verander na “verward” (as dit nie reeds ingebruik is nie) ek weet nie meer nie.

Dee ·

Jy worrie oor ‘hier gaan ons alweer’. ‘n Nòg dômmer een is daai ene van ‘genoeg is genoeg’.

TM ·

Print plakkers en plak dit bo-oor. Totdat hulle leer ons laat ons nie intimideer nie

GES ·

TM die plakkers is nogal ‘n puik idee. Jammer ek klink so depressiek maar ek is eintlik g@tvol.

Ben ·

Pateties.Kop in een mus met die regering. Baie goeie voorbeeld van hulle I.K.

Christo ·

Die EFF en Zanu PF het dieselfde uitgangs punt vernietig alles, hul gaan die land vernietig net soos Zimbabwe vernietig is.

Boggom ·

Nou kyk nou hoe astrant is hierdie Orosmannetjie van n Malema. Hy ken nie eens sy eie geskiedenis, maar wil bek rek oor ander sn. Hy soek konfrontasie.

Michael ·

Ek wens ons het leiers gehad wat vir ons kon opstaan maar ons is leierloos vreemdeling wat net gemelk word met belastings en tol en en en en nou word ons nog getreiter deur lui mense in rooi oorpakke wat as hulle monde oopgaan hulle opvoeding en lae vlak van intelligensie

GES ·

Dee, ek weet van die wigte maar het nog nooit die voorreg gehad om die teenwigte in aksie te sien.

Dee ·

Dit was raak gesê GES…
Die probleem is dat De Klerk en sy meelopers nooit ‘n datum bepaal het daarvoor nie.

Paul dB ·

Dee,
Jy klink soos een van die baie blankes wat vir kaalkop frikkie se twak geval het
Glo jy nog steeds die twak wat hy in 93 aan ons Verkoop het? Ek sien maar min Indien enige verskil tussen sy nonsens en die van Zuma! Wigte en teenwigte werk net vir die wat met opregtheid wil handel. Die wat soos malema en Zuma en, onthou jy nog vir dingaan, dink, bestaan wigte en teenwigte gladnie! Om nou na 22j nogsteeds in die twak te glo is erg dom en of naïef!

Frans ·

Dee
Jy is reg ja maar ongelukkig is dit papiergewigte, wat slegs waarde kry as jy sakke vol geld het en baie goeie regsadviseurs.

MG ·

Paul dB jy klink soos een van die baie blankes wat nie eens n gryntjie al gedoen het in die naam van versoening nie, en nou moan dat dit sleg gaan. So hier is n plan vir jou, klim eerder van die internet af met jou swak kommentaar en gaan help n bietjie uit. Harde werk sal jou goed doen om daai stoom te laat afblaas.

Dee ·

Paul dB, met die intelligensie wat jy aan die dag gelê het met jou kommentaar was jy beslis ‘n Ja-stemmer.
Wenk, ek het die Nee-tafel beheer as voorsitter van die HNP. Ons het hard gewerk om julle te oortuig maar dit het julle twee dekades geneem om tot besinning te kom. Dit is juis met júlle wat ek spot maar selfs dit is nie verstaan nie. Dit verduidelik die twee dekades.

Theresa B ·

Die naamborde is in 3 tale. Iets vir almal. Wat is die mense se problem? Pleks dat hulle gaan werk soos ordentlike burgers maar hierdie tipe optrede is al wat in hulle breinselle vassit.
Kyk nou mooi – Geen haan gaan hierna kraai nie want hulle mag doen wat hulle wil in hierdie land.

Sarie ·

Hierdie is ou regtig besig om te ontaard in ‘n speletjie deur twee groepe stout seuntjies. Jy doen dit, dan gaan doen ek iets daaraan, dan jy weer iets aan die saak doen en dan gaan ek weer op ons beurt iets aan die saak doen. Hel mense word groot daar is ‘n hofbevel wat die metro verplig om die naamborde terug te sit. Julle almal tree ou soos ‘n spul kinders op, geen wonder ons land is in die gemors wat dit is nie

Paul dB ·

Ou Sarie,
Die borde wat die studente aangebring het, is juis om te toon dat die tswane spul hulle gatte afgevee het aan die hofbevel, so wat is jou punt?

CR ·

Ag sarie, dis van al die stil sit en niks doen dat die k.. land in so ‘n gemors is. Word wakker en raak betrokke!

Han ·

Geldige vraag, Derick. Die EFF ken net een ding: breek af, verwoes, brand af. Noem een positiewe ding wat hulle al ooit verrig het! Hulle is deurspek van haat en veroordeling. As dit nie vir die wittes se kundigheid en harde werk was nie, het hulle nog in modderhutte gebly. Hulle is so besig om te betoog en af te breek, dat hulle vergeet om te werk en die begrip “opbou” ken hulle nie. Dit is mos makliker om soos aasvoëls te gryp wat ander tot stand gebring het en te maak asof hulle alle reg daartoe het – a la Mugabe-styl. Mag die Here ons genadig wees en verlos van hierdie gemors, wat besig is om die land te verteer.

Morne ·

Die skurk op die foto dink nie veel van die EFF nie…hahaha

MG ·

Afriforum is uit oorle deur die EFF en ‘n spuit kannetjie. Ek skud maar net my kop.

Theresa ·

Die EFF wys darem al te mooi van watter stoffasie hul aanmekaar geflans is.
Karakter, integriteit, al die dinge of die tekort daaraan word aan die wereld vertoon. Om so vernietigend op te tree terwyl dit vertoon kan word aan die wereld, verg geen moed nie – dis plainweg onnosele sotlikheid. Ek is baie trots daarop dat mens maar min andere sien wat so belaglik en banaal optree. Sies.

Sue ·

Hulle is regtig van die pad af!!!!!!!!!!!! is daar die meer belangrike dinge om oor te worry as straat name nie????????? Wanneer gaan die kleinlikheid ophou moet nog groot word en meer aandag gee aan die statistieke vir roof, moor en verkragting. Zuma is net so kleinlik want hy doen niks daaromtrent nie. Malema is ‘n kind homself daarom speel hy saam!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.