Nuwe knopiespinnekop in SA ontdek

Die Phinda-knopiespinnekop. Foto via wtfentomology.org

ʼn Nuwe spesie knopiespinnekop wat onlangs in Suid-Afrika ontdek is, is moontlik die grootste van sy soort in die wêreld.

Die Wild Tomorrow Fund (WTF) se entomologie-afdeling het onlangs die woudwonende spesie, wat intussen die Phinda-knopiespinnekop gedoop is, in KwaZulu-Natal ontdek. Volgens die WTF is die nuwe spesie verreweg die grootste van sy soort in Afrika en moontlik die wêreld.

Die nuwe spesie leef spesifiek in ’n kritiek bedreigde woudsoort wat sandwoud genoem word, wat uniek is aan Suid-Afrika en die suide van Mosambiek.

Die WTF het in Februarie 2014 ʼn foonoproep van Naomi Schutte, vrou van Richard Schutte wat die Tembe-olifantpark bestuur, ontvang nadat hulle die egpaar vroeër gevra het om hulle te laat weet indien hulle op interessante ses‑ of agtbeen gediertes afkom. Naomi het op ʼn interessante spinnekop in die holte van ʼn boom in haar tuin afgekom.

Die Phinda-knopiespinnekop. Foto via wtfentomology.org

Daar is dadelik vermoed dis ʼn nuwe spesie maar dit was moeilik om te bewys aangesien daar net die een spinnekop was. Die spinnekop is vir langer as twee jaar dopgehou en gemonitor voor dit dood is en na ʼn universiteit gestuur is om ondersoek te word.

Die Phinda-knopiespinnekop het drie helder pers onvrugbare eiersakkies gelê. Daar kon geen ander voorbeelde gevind word van ʼn spesie wat ook pers eiers lê nie.

Voor die ontdekking van die nuwe spesie, was daar 31 erkende spesies in wêreld waarvan agt in Afrika voorkom.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Angelique Botes ·

Ons het presies so ‘n spinnekop gekry in Gauteng die naweek wat verby is, Germiston area… My ma het nogals gese dit lyk soos’ n knopie maar hy is te groot, dit was baie vreemde gewees… Ons het gaan soek op die internet maar kon niks soort gelyks kry nie, maar toe ek die foto gesien het toe hearken ek die spinnekop… Is hy gevaarlik?

Cherokee ·

Daai spinnekop, Angelique, is dodelik. Ek ken hulle al dekades maar nie hierie yslike ene nie. Feit is, hulle is dodelik gevaarlik. Ek het op ‘n nes afgekom in ‘n buurwerf sowat 30 jaar gelede, kafee toe gegaan waar hulle juis toe in die landbouweekblad beskryf was, gesien fit is knopiespinnekoppe, en die nes uitgewis. Later, jàre later, een op ons grasperk gekry en dit ook plat getrap. Daardie is lelike goggas!

Julie J. van Rensburg ·

Solank daardie klein ongedierte net nie in MY huis kom nie, is ek doodgelukkig – spinnekoppe en ek is beslis NIE “geselsmaats:” nie – inderdaad, my huis is NIE groot genoeg vir albei van ons nie – een moet uit, en “no prizes for guessing” wie die trekpas kry… nee dankie…

Vidette Basson ·

My man het 2 jaar gelede in Boksburg (Bartlett) presies dieselde spinnekop raakgeloop. Ook gedog dis n knopie, maar te groot, hy was so groot soos n R5 muntstuk.

E.K. die eerste ·

WAT? Liewe hemel julle het hulp nodig. Elke ding het ‘n plek in die heelal.

Corrie Mali ·

Vir wat doom? Ok deur God ge maak en het n’ doel op aarde.

SANET ·

Liewe CORLI MALI en GENISIS…daar staan óók in die bybel HEERS OOR HULLE…en oor enige dier…!!!
DAAR STAAN NIÉ DIE DIER HEERS OOR ONS NIE!!

VERSEKER MAAK ek ñ uiters giftige spinnekop in mý huis of mý tuin, waar ék en my huisdiere leef,morsdood!!

❗❗❗?MAAAAR…STUUR GERUS JULLE foonnommers hierso, dan bel ons JULLE om die ou mooi oulike onskuldige ou diertjies te kom verwyder om na JULLE huise en tuine te neem,met liefde

RHG ·

Ai mense, wat se negatiwiteit is dit met julle? Dis ‘n lewendige diertjie wat veel meer goed as kwaad doen. Hulle vang muskiete, motte en ander insekte.
As jy hom nie pla nie, sal hy jou nie pla nie.
Respekteer alle lewe. Dis nie nodig om lelike goed dood te maak nie.
Die jong man wat op die radio oor sy ontdekking gepraat het, het ‘n paar feite verkeerd. Hy beweer nog geen mens is ooit dood van ‘n knopiespinnekopbyt nie. Dit is nie waar nie. Hy het ook gesê dat die bruin ene (lyk ook maar swart) met die uurglasie op die maag, minder giftig is as die swarte. My bronne het dit juis anders om.
Maroela, is dit korrek om te sê “onvrugbare” eiersakkies? Is dit nie eerder “onbevrugte” eiersakkies nie? Wonder net.

Helene ·

RHG jy het dit mooi saamgevat. Ek maak ook niks dood nie. Elke gogga het ‘n doel op hierdie aarde van ons. Ek probeer sover moontlik mense inlig rakende ‘n spinnekop of watookal. Kyk met ander oe na hulle!! Hulle is banger vir jou as wat jy vir hulle is. Gelukkig is daar baie mense wat ook soos ek dink. En nee …. ek is baie normaal. Ek respekteer elke gogga, dier wat op hierdie aarde geplaas is.

Spinnekop ·

Die spinnekop is die af gelope week in Vaalwater, Limpopo ook gesien.

Genesis ·

Moet hulle nie doodmaak nie, ons is opdrag gegee in Genesis om die aarde op te pas, die spinnekoppe is ‘n deel van die Skepping.

Itsy bitsy Spider ·

Sies, ek bly nie saam grllerige goedjies wat meer bene het as ek nie….hulle kan beter hol as ek.

Logika ·

Jy moet nogal mooi dink of jy sulke spinnekoppe in jou huis gaan laat bly saam met klein kinders? Sekerlik sal die Skepping verstaan as jy jou kind ook beskerm? Of bly daar giftige adders en roofdiere ook in jou huis?

Johny ·

Is die genus al beskryf? Waarskynlik ook van die genus: Latrodectus.

Charmaine le Roux ·

Ek het so drie jaar terug so n knopie by my huis in Welkom gehad. Hy is werklik pragtig, maar omdat my kleinkind by my gebly het, het ek hom doodgemaak. Dit was regtig n baie mooi knopie. Was baie jammer omdat ek hom moes doodmaak. Het nog nie weer so een gesien nie, maar wel die swart en bruin knopies. Hulleis volop

Melanie ·

Ja dit is deel van God se skepping. En ja, die pragtige dingetjie het ‘n doel op aarde, solank dit nie in my omgewing te vinde is nie. Eerder erens veel verder op ‘n ander stukkie van die aarde. Al lyk die spinnekop hoe mooi, dis ek of hy….en die Doom tussen ons.

David ·

Alle spinnekoppe welkom op my erf. Hulle wil ons nie eet nie en byt net wanneer mens hulle per ongeluk vasdruk, bv. In jou klere.

Ek vang en laat gaan die giftige soorte buite by ‘n lig, waar daar vir hulle baie goggas is om te vang. Mens kan nie glo hoe plunder een spinnekop ‘n perdeby nes nie. Ek los die Daddy-longlegs en spring spinnekoppe binne die huis.

Sonder spinnekoppe sal ons waarskynlik kniediep in die goggas wees.

wet ·

‘n viool en knopie spinnekop sal nie oorleef as ek een sien nie. Dit is nou maar hoe dit is, mense wat gebyt is deur ‘n viool se weefsel vrot weg by die bytplek. Mense het al bene en arms verloor deur ‘n knopie se byt. Baie gevaarlike spinnekoppe daai. Mens weet nooit wanneer daai bed snoesig lyk vir die spinnekop nie

Sê ook ma net ·

As ‘n ding 8 bene het is sy dae getel. Ek weet nie altyd waar die ding in my klere inklim nie. Ek soek hom ook nie in my bed nie. Daar doer in die veld en die wildernis sal ek nie aan hom raak nie en ek sal hom bewonder. Jy vat net een keer aan ‘n bobbejaan spinnekop wat wegkruip in jou bad sponsie en dit sal die laaste wees wat jy ‘n ding met 8 pote like.

M M ·

Ek maak ook nie die daddy’s dood nie maar knoppies en viooltjies. Ek vermoed ek het moontlik ook van dai soort nou die dag in Centurion doodgemaak. Daar was agter in die stoorkamer en onder die hondehok. Hulle was masief en pikswart. Kon sien hulle het die rooi onder die pens maar het nie omgedraai om die merke te indetifiseer (soos die uurglas of die een op die foto hier bo nie). Ek het n blik doom leeg gemaak op die nes omdat jy nie weet hoeveel kleintjies dwaal rond nie. Eerder bang jan as dooie jan

Ausie ·

Dit is dieselfde as , of dalk n familie lid van die Australian Red Back Spider.

Jeremia ·

Safari News (11 Desember 2018) het berig oor hierdie spinnekop wat interessant gegewens aanvul.
Stem saam met Genesis dat ons ‘n opdrag het om na te kom.
Daar word te veel uitgeroei en gemors deur die mens daarom lyk die aarde soos ‘n verwoeste vullishoop.

HPV ·

Ja, dit is waar dat giftige spinnekoppe deel van die ekologiese ketting is, so is slange soos mambas en kobras, maar ons verwelkom hulle nie in ons wonings en agterplase.
Knopie spinnekoppe is uiters gevaarlik in jou huis en erf, so wis hulle uit. Leer spinnekop spesies ken, die meerderheid is onskadelik , laat hulle dus met rus. Bewaar egter alle spesies in die wildernis.

Reti ·

In my huis is geen spinnekop welkom nie. Sal probeer om hulle ver buite te gaan los. Indien nie, sterf hy.

Charlotte ·

Vir my behoort spinnekoppe aan die ‘Seriously Hideous Insect Terror’ groepie wat my dieselfde laat sê Basjan..

Nardus du Preez ·

Ek het ookal van hulle gekry om my huis in Benoni. Ek probeer my bes om nooit spinnekoppe vrek te maak nie.

goggaman ·

Mense gaan kyk onder meeste huise se vensterbanke in Gauteng, daar is letterlik 100e bruin knopies. Julle lewe elke dag saam met die goed en weet dit nie. Knopies vervul n baie nuttige ekologiese rol en is dalk n manier om vir ons kinders n basiese lessie van die natuur te leer. Die gif (Doom) waarvan almal praat is n bewese risiko. Baie van die produkte bevat dichlorvos wat n karsinogeen is. Besluit maar self wat julle wil doen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.