Nuwe knopiespinnekop in SA ontdek

Die Phinda-knopiespinnekop. Foto via wtfentomology.org

ʼn Nuwe spesie knopiespinnekop wat onlangs in Suid-Afrika ontdek is, is moontlik die grootste van sy soort in die wêreld.

Die Wild Tomorrow Fund (WTF) se entomologie-afdeling het onlangs die woudwonende spesie, wat intussen die Phinda-knopiespinnekop gedoop is, in KwaZulu-Natal ontdek. Volgens die WTF is die nuwe spesie verreweg die grootste van sy soort in Afrika en moontlik die wêreld.

Die nuwe spesie leef spesifiek in ’n kritiek bedreigde woudsoort wat sandwoud genoem word, wat uniek is aan Suid-Afrika en die suide van Mosambiek.

Die WTF het in Februarie 2014 ʼn foonoproep van Naomi Schutte, vrou van Richard Schutte wat die Tembe-olifantpark bestuur, ontvang nadat hulle die egpaar vroeër gevra het om hulle te laat weet indien hulle op interessante ses‑ of agtbeen gediertes afkom. Naomi het op ʼn interessante spinnekop in die holte van ʼn boom in haar tuin afgekom.

Die Phinda-knopiespinnekop. Foto via wtfentomology.org

Daar is dadelik vermoed dis ʼn nuwe spesie maar dit was moeilik om te bewys aangesien daar net die een spinnekop was. Die spinnekop is vir langer as twee jaar dopgehou en gemonitor voor dit dood is en na ʼn universiteit gestuur is om ondersoek te word.

Die Phinda-knopiespinnekop het drie helder pers onvrugbare eiersakkies gelê. Daar kon geen ander voorbeelde gevind word van ʼn spesie wat ook pers eiers lê nie.

Voor die ontdekking van die nuwe spesie, was daar 31 erkende spesies in wêreld waarvan agt in Afrika voorkom.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

31 Kommentare

jongste oudste gewildste
Angelique Botes

Ons het presies so ‘n spinnekop gekry in Gauteng die naweek wat verby is, Germiston area… My ma het nogals gese dit lyk soos’ n knopie maar hy is te groot, dit was baie vreemde gewees… Ons het gaan soek op die internet maar kon niks soort gelyks kry nie, maar toe ek die foto gesien het toe hearken ek die spinnekop… Is hy gevaarlik?

Pitbul

Vergewe my maar doom hom…

SANET

????⚡???slaat dood of DOOOM hom…❗❗❗❗

Corrie Mali

Vir wat doom? Ok deur God ge maak en het n’ doel op aarde.

RHG

Ai mense, wat se negatiwiteit is dit met julle? Dis ‘n lewendige diertjie wat veel meer goed as kwaad doen. Hulle vang muskiete, motte en ander insekte. As jy hom nie pla nie, sal hy jou nie pla nie. Respekteer alle lewe. Dis nie nodig om lelike goed dood te maak nie. Die jong man wat op die radio oor sy ontdekking gepraat het, het ‘n paar feite verkeerd. Hy beweer nog geen mens is ooit dood van ‘n knopiespinnekopbyt nie. Dit is nie waar nie. Hy het ook gesê dat die bruin ene (lyk ook maar swart) met die… Lees meer »