Nuwe Kovsie-rektor aangestel

Prof. Francis Petersen, visekanselier en rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV) Foto: UFS.ac.za

Prof. Francis Petersen, visekanselier en rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV) Foto: UFS.ac.za

Die Raad van die Universiteit van die Vrystaat (UV) het Vrydag ʼn nuwe visekanselier en rektor aangestel om prof. Jonathan Jansen op te volg.

Regter Ian van der Merwe, voorsitter van die UV-Raad, het gesê die universiteit kondig met genoeë aan dat daar besluit is om prof Francis Petersen as visekanselier en rektor aan te stel. “Die universiteit is gelukkig om ’n kandidaat van so ’n hoë gehalte in die pos aan te stel,” het hy gesê.

Petersen, adjunkvisekanselier: Institusionele Innovasie aan die Universiteit van Kaapstad (UK) is saam met prof. Lis Lange, viserektor: akademies aan die UV, vir die pos oorweeg.

Die universiteit se keurkomitee het gelyke voorkeur vir albei uitgespreek en die twee kandidate is dus by die Raad vir die pos aanbeveel. “Dit was waarlik ’n deelnemende en deursigtige keuringsproses wat gehelp het dat die universiteit hierdie historiese besluit kon maak,” het Van der Merwe bygevoeg. “Die hoëronderwyssektor is gedurende die afgelope paar maande deur ’n moeilike en uitdagende tyd en die Raad is dankbaar dat ’n leier soos prof. Petersen die universiteit in 2017 en verder kan lei.”

In sy verklaring van voorneme wat vroeër as deel van sy aansoek vir die pos ingedien is, het Petersen aangedui dat dit belangrik is om die UV se ligging in Suid-Afrika en Afrika in gedagte te hou en om die uitdagings binne hierdie konteks te begryp, nou asook in die toekoms, ten einde die universiteit se fokus om ’n meer inklusiewe, akademies uitnemende instelling te word wat in ’n kultuur van innovering veranker is, te verskerp.

“Dus moet die ideaal van akademiese uitnemendheid deur ’n institusionele raamwerk van diversiteit en inklusiwiteit ondersteun word,” lui Petersen se verklaring. “Die Akademiese Projek moet fokus op ’n unieke opvoedkundige ervaring vir elke UV-student, die verhoging van studenteslaagsyfers in akademiese programme deur middel van toegewyde akademiese ondersteuning, die eienskappe van gegradueerdes, asook kurrikulumverandering en vernuwing.”

Hy het verder verklaar dat navorsing en innovering op impak en internasionale sigbaarheid moet fokus. “Dit gaan dus nie net oor die toename in navorsings- en innovasie-lewering nie, maar ook oor die gehalte en impak daarvan.”

Petersen was voorheen die dekaan van ingenieurswese en die bou-omgewing aan die UK. “Hy bring sy uitgebreide ervaring van bestuur in sowel die bedryf- as akademiese sektor na die pos van visekanselier en rektor,” het Lacea Loader, woordvoerder van die UV, gesê.

Hy was die uitvoerende hoof van strategie by Anglo American Platinum en hoof van die Departement Chemiese Ingenieurswese aan die Kaapse Technikon (nou Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie). Hy is ’n lid van die UK-Raad, nie-uitvoerende direkteur in die raad van Pragma Holdings, nie-uitvoerende direkteur in die raad van die Unlimited Groep en Voorsitter van die Raad van Trustees van die Seedcap (Waagkapitaal) Trust. Hy het onder meer voorheen gedien as lid in die raad van die Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad, die Nasionale Adviesraad oor Innovasie, asook die raad van die Akademie vir Wetenskap van Suid-Afrika.

Hy het ’n BIng (Chem Ing)-, MIng (Metal Ing)- en ’n PhD (Ing)-graad aan die Universiteit Stellenbosch verwerf en het ’n kortkursus oor Finansiële Vaardighede vir Uitvoerende Bestuur voltooi. Hy het die Ernest Oppenheimer-gedenktrust se toekenning vir navorsingsuitnemendheid ontvang en was besoekende professor aan die Kaapse Technikon, asook buitengewone professor in die Departement Chemiese Ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch. Hy is ’n gereelde beoordelaar van vaktydskrifte en lid van ’n verskeidenheid redaksiekommissies vir internasionale vaktydskrifte.

Petersen is ook as professionele ingenieur by die Ingenieursraad van Suid-Afrika geregistreer en is ’n genoot van sowel die Suid-Afrikaanse Instituut vir Mynbou en Metallurgie as die Suid-Afrikaanse Akademie vir Ingenieurswese.

Petersen volg Jansen op wat op 31 Augustus 2016 as visekanselier en rektor van die UV uitgetree het. ’n Internasionale uitvoerende werwingsagentskap wat in akademiese aanstellings spesialiseer, het die UV-Raad bygestaan in sy soeke na topgehalte kandidate.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Rupert Ashford ·

Ek ken nie die ou nie maar waar hy vandaankom klink nie vir my baie belowend nie. As ek kyk na die finale twee kandidate het die internasionale werwingagentskap ook nie eintlik veel bygedra nie of is SA Universiteite se reputasie al so sleg dat buitelanders nie meer belangstel nie?

Oosie ·

Hoe kan jy kommentaar lewer as jy nie eens weet wat hul mandaat was nie. Die Prof. is beslis ‘n uitstekende keuse as na sy agtergrond gekyk word en S,A, kan trots wees dat ons iemand uit eie bodem kon aanstel. Gun hom die kans om homself te bewys…

Henry ·

Met al die rumoer, onrus en bakleiery op Suid Afrikaanse kampusse, wonder mens waar die nuwe baas staan wanneer dit by #Fees must Fall, onluste, ens ens ens gaan. Om nie eers te praaaaat oor die behoud van Afrikaans as onderrigmedium by tradisionele Afrikaanse Universiteite, soos Kovsies nie.

Was daar geen ‘talent’ onder Vrystaat Universiteit se akademici nie?
Wat is die nuwe man se eerste taal?

jaco ·

dit bly vreemd hoe hy hierdie werk gekry het. Duidelik is die nasionale demografie nie gevolg nie toe regstellende aksie en transformasie as deel van sy keuring oorweeg is. Dalk is hy ‘n windowdresser en ‘n skoothodndjie, soos shaun Abrahams. In die gewone arbeidsmark egter, word gedurig vir kleurlinge wat werk soek gesê “sorry but you are not black enough”. Genoeg kleurlinge het dit al vir my gesê. ek suig dit nie uit my duim nie. kyk ook maar na hofsake wat solidariteit namens kleurling werksaansoekers gemaak en soms gewen het.

chrisp ·

Ongelooflik dat daar nie meer wit proffies in die land is wat bekwaam genoeg is vir die poste nie?

UOVS ·

Ai, die patriargie regeer steeds die Kovsiekampus. Prof Lange het nie ‘n kans gestaan nie.

Johann Marx ·

Ai, die Afrikaans darem…..dit klink so mooi as mens sê ” Dus moet die ideaal van akademiese uitnemendheid deur ‘n institusionele raamwerk van diversiteit en inklusiwiteit ondersteun word.” …….en klink nie meer so mooi as dit korrek vertaal word nie: “die ideaal is om ontlae te raak van al die wittes en te vervang met swartes onder die vaandel van transformasie”. Totsiens, Kovsies. Niks sal ooit weer dieselfde wees nie.

John ·

Prof Lange was glo die keuse van sekere swart studenteleiers. Sy het skynbaar eers onlangs in SA aangeland en het nie baie ervaring nie. Die universiteit het ook onlangs ‘n groot klomp aanstellings gemaak vir voorgraadse oorbruggingsopleiding in Engels, byna soos graad-R by laerskole… en behoort seker graad-E te heet. Mens wonder hoeveel jaar ‘amper-studente’ daar sal mag uithang en wie daarvoor gaan opdok. Party kursusse gaan glo ook verleng word om sukkelende studente te help. Te lekker…

Manie ·

Na Jansen klaar is met kovsies sal die universiteit nooit weer die selfde wees. As oud kovsie moet ek sê die plek is getransformeer tot in sy pekie in.

Simon ·

Aan kwalifikasies en papiere om teen die muur op te hang ontbreek dit nie. Op grond daarvan is die man baie bekwaam.
By dit alles sal ek net EEN vraag bykomend gevra het en n positive antwoord verwag.
Vraag: Is in jou oe, die taal, geloof, kultuur en geskiedenis van alle tale sprekende studente ewe belangrik?
Enigste verwagte korrekte antwoord: JA, verseker.

A.Willemse ·

Die kwalifikasies van die prof klink werklik indrukwekkend, en hy gaan daardie ondervinding nodig hê in daardie pos. Net jammer dat hy met die etiket van kwotaspeler sal moet ontslae raak voor hy die universiteit kan regruk na sy voorganger.

Adriaan ·

1. Was daar nie buitelanders wat belang gestel het nie.
2. wat is sy eerste taal.
3. kwota speler

die kandidaat moet dus Wit, Afrikaans Sprekend wees.

ai bruin man.

Lance ·

Ag gee hom ook maar n ou kansie …he can always also call a friend

Kaufman ·

Ek het baie vertroue in bevoegde ingenieurs, hulle besluite is rasioneel, anders as die absurde zupta aanstellings, so ek is hoopvol. Geluk Prof Petersen. Maar steeds ondersteun liewer Akademia in plaas van UOFS behalwe as hy n radikale omkeer gaan veroorsaak en nie ons jong mense en taal gaan vernietig nie.

Chris ·

‘n Jakkals verander van hare, maar nie van snare. Gee die man die binnevet van die boud. Ons wag maar en sien. Klink in elk geval te goed om waar te wees. Tyd sal leer. Waar is Jansen heen. Hoekom is hy land uit? Te warm geword vir hom?

dirk ·

Intelligente man, hy gaan inderdaad swaarkry, sterkte vir hom en alle sukses. hy werk nou vir die staat so hy sal niemand ‘n guns doen nie, allermins wit studente – wat maar sal moet veg vir ‘n plek in die werkplek

zonkitot ·

kom ons hoop en vertrou dat die leuse van die universiteit reggestel word deur DEO, (GOD), terug te plaas in leuse in plaas van die huidige Veritas, wat holisties beskou n gebroke waarde is.

dirk kroonstad ·

hoop dat God (Deo) kom terug in leuse van Universiteit

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.