Nuwe kragbesparing-metode vir Jhb beplan

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Nuwe kragbesparingsinisiatief wat krag beperk eerder as om dit heeltemal af te skakel, sal binnekort in Johannesburg geïmplementeer word.

Johannesburg se elektrisiteitsvoorsiener, City Power, het Dinsdag aangekondig dat hy beplan om dié nuwe inisiatief, “Load Limiting”, in die stad te implementeer.

Volgens Hloni Motloung, City Power se woordvoerder, sal die stad slimmeters gebruik om inwoners se huishoudelike kragverbruik te monitor en hulle via ʼn teksboodskap inlig wanneer daar ʼn moontlikheid vir beurtkrag is. Inwoners wat dan hulle kragverbruik verminder, sal nie deur kragonderbrekings geraak word nie, terwyl beurtkrag steeds by ander gebruikers toegepas sal word.

Daar is tans slegs 65 000 slimmeters in Johannesburg geïnstalleer, maar daar word beplan om nog 150 000 huishoudings teen Oktober hierby in te sluit, het Motloung gesê.

Die kragbesparingsinisiatief sal ingestel word wanneer Eskom munisipaliteite in kennis stel om beurtkrag toe te pas. Daar word ook verwag dat die inisiatief vooruit geskeduleer sal word om verbruik en druk op die kragnetwerk te verminder.

Motloung het ook gesê die stad ondersoek die moontlikheid om nog ʼn inisiatief, “Ripple Control”, in te stel. Dit sal die kragvoorsiener in staat stel om geisers gedurende spitstye af te skakel om die lading op die kragnetwerk te verlig. “Met die implementering van Ripple Control sal City Power ongeveer 110MW elektrisiteit kan beheer,” het Motloung gesê.

Fin24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

scalla ·

Dit gaan nog nie die probleem oplos nie, daar is te min/geen voorsiening gemaak sedert 1994 deur eskom bestuur nie, punt

Nina ·

Ek wil net weet; HOE gaan hulle dit in die lokasies beheer? Maw, die onwettige krag? *Vra ook maar net.

Peter Says ·

Iemand se sakke gaan weer lekker vol gestop word met die “SLIM” Plan.

Peet Schabort ·

Inderdaad Peter. “Ripple Control” is seker al 40jaar bekend en in die 1970’s al in gebruik in dorpe soos Evander. En dit werk. Snaaks dat Jhb so agter geraak het. Dit moes al gedoen gewees het in apartheid se tyd. So ‘apartheid’, dis jou skuld.

Dries ·

Kom ons Werk almal saam en dit gaan n enorme verskul maak.
Die besparings poging word tenvolle ondersteun.
Betaal meters moet verpligtend word, sal al help as ons regering meer aandag daaraan wil skenk.

Bruno Stefbb ·

Dit kan werk indien meer sulke meters geinstalleer word maar wie gaan vir die vir die installerings koste betaal en dit moet op n permanente basis per komper gemonitor word.As daar met die meter of installasie gepeuter word dui dit ook op die komper onmiddelik aan en die installasie kan outomaties afgeskakel word.

pop ·

Daarvan kan jy seker wees Peter. Om potte te maak waaruit daar geskep kan word is aan die orde van die dag

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.