Nuwe kragtarief in Tshwane-metro dan van krag

Stevens Mokgalapa. Foto: DA

Die Tshwane-metro sal vanaf 1 September die nuwe kragtarief toepas wat deur die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) goedgekeur is.

Die verhoogde tarief sluit ʼn verhoging van 13,07% in op die 2018/’19-tarief vir die 2019/’20-termyn.

Stevens Mokgalapa, uitvoerende burgemeester van die Tshwane-metro, en lede van sy burgemeesterskomitee het Woensdag tydens ʼn mediakonferensie gesê inwoners met koopkragmeters wat reeds die verhoogde heffing betaal het, sal vergoed word.

Inwoners sonder koopkragmeters het nog nie die afgekeurde verhoogde tarief betaal nie en sal vanaf 1 September die nuwe tarief betaal.

Mokgalapa het inwoners om verskoning gevra vir die verwarring wat veroorsaak is.

Die Tshwane-metro se elektrisiteitstariewe was sedert Junie in omstredenheid gehul nadat drie verskillende vaste heffings vir elektrisiteitspunte in die stad bekendgemaak is.

Die aanvanklike heffing van R200 per maand vir huiseienaars sou meebring dat verbruikers met laer elektrisiteitsgebruik ʼn verhoging van meer as 40% kon verwag.

Die Tshwane-metro het in Julie aangekondig dat hy nie met die inwerkingstelling van die ongeldige verhoogde tarief vir die 2019/’20-termyn sal voortgaan nie. Dit het gevolg ná volgehoue druk en ʼn hofsaak wat die burgerregte-organisasie AfriForum teen die metro aanhangig gemaak het om die proses stop te sit.

AfriForum en die Tshwane-metro het hierna konsensus oor die tariefverhoging bereik en Nersa het openbare verhore oor die metro se aansoek om ʼn elektrisiteitstariefverhoging van 13,07% en vir die herstrukturering van sy kragtariewe in Pretoria gehou.

Nersa het op 8 Augustus die groen lig vir die tariefverhoging gegee.

Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria, verwelkom die burgerregte-organisasie dié aankondiging.

“Ons is gelukkig met die tarief wat Nersa goedgekeur het en aanvaar dat die verhoging baie meer realisties is as die vorige voorgestelde verhoging wat die metro tydelik ingestel het. Die feit dat die regte prosesse nou vóór die aankondiging gevolg is, is ook vir ons positief.”

Grobbelaar voeg by dat AfriForum die uitslag van die begin af ter sprake gebring het en die organisasie is bly dat daar aan die gemeenskap se insette gehoor gegee word.

“AfriForum het van die begin af voorgestel dat slegs ʼn 13,07%-verhoging op die 2018/’19-tarief ingestel word, waarna ʼn struktuurverandering vir die 2020/’21- finansiële jaar goedgekeur word. AfriForum sal ook aan daardie proses deelneem en seker maak dat die inwoners van Pretoria se stem gehoor word.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Hennie ·

Ek het nou al twee maande agter mekaar meer betaal vir krag omdat ek vooraf betaalde krag gebruik. Ek hoor net altyd ons sal vergoed word… Maar hoe gaan dit gebeur?

Heleen ·

Hennie ek stem saam ons het ook die laaste twee maande alreeds meer betaal en die R65 voordat mens kan krag koop wat hul verhaal van die bedrag wat jy krag koop. Ons sal met hierdie regering nooit wen nie. Wolwe in skaap klere dit is wat hul is.

John ·

… dit is nie eintlik ‘n vreeslike bargain vir die inwoners nie want hulle betaal eintlik nog steeds af aan die Es-kom se groot roesgat; te groot vir bloot toesweis. Die DA se gulsigheid om groot metro’s kamma beter te wil bestuur, begin lewerprobleme ontwikkel. Lewensessens werk nie altyd nie, veral nie diè wat die EFF verkoop nie.

sweis ·

Ek het beter verwag van die DA maar ons sal hulle straf by die volgende munisipale verkiesing.

Matt ·

Sweis ek ondersteun jou mening. Hulle moet by die munisipale gestraf word.

Marina de Lange ·

Het hulle regtig gedink dat hulle weg gaan kom met die tariewe wat hulle wou instel!

Johan ·

Stem saam sweis. Ons sukkel om straatligte te herstel en volgens ons raadslid herstel Tshwane huidiglik nie straatligte nie. Soveel van ‘n Caring City.

Gert van Wierdapark ·

“No problem my China”! Julle is die verwarring met alles wat in Tshwane aangaan! Wat gaan aan met die Stadsbestuurdertjie en sy helse Glad-Africa Kon-trak, wat skynbaar met n R7 miljoen belastingbetalers GOUE Hand-geld-ruk gegroet is?!!!

potlood ·

Eks jammer, maar 13.07% is steeds wragtig nie rialisties vir my nie. Wat van hulle vorder eers al hulle uitstaande skuld en sorg dat almal dieselfde betaal, en dan kan ons gesels oor ‘n verhoging…

Anni ·

Hi Potlood, moenie worry ni, hul gaan eskom skuld een van die dae invorder. Gaan mos 10% van Ons staatsdiens se salarisse AFTREK. En hul Wat top bestuur is Kry seker 1.5mil n maand? Mut maar daar begin geld vat vir di skuld

Maljan ·

As elke persoon wat krag gebruik daarvoor betaal, sal ons n verlaging in die gesig kyk terwyl Eskom en munisipaliteite n astronomiese wins maak. Demokrasie sê wat geld vir een geld vir almal. So almal moet betaal of jy nou 10kw koop in Daveyton of 100000 koop in Waterkloof.

Pieter Botha ·

R 1 Biljoen ge”loot” deur Emfuleni Munisipaliteit se finansiële afdeling…..en al hul admin werkers besit nou eweskielik al die lëe erwe in Vanderbijlpark…selfs erwein spoggerige buurte…en Rand-water en Eskom kry niks van daai geld terug nie..heheheeeeey…hai!

Ja swaer ·

Mooi Afriforum. Amper 3x die VPIX. Maar hulle dink dis in orde. Die DA stadsraad het reeds ons erfbelasting opgestoot van einde Julie af, maar almal bly stil daaroor. Dis goed so, ek betaal maar net minder en minder belasting soos wat die munisipaliteit my verneuk

Magda ·

Ons is by Constantia Prepaid meter – sal vandag hoor wat hulle se, want ek het ook agter gekom kry BAIE minder Units (as jy R500 p/paid koop kry jy altyd so 255 – 260 units nou kry jy net oor die 200 units en dit is vir R500 – WAT N FK SKANDE – Molefe betaal daai R30mil wat jy onwettig bekom het (R10milj sover) terug ASB.

Ella ·

Die DA stadsraad in Pretoria moet wakker word.
Ek stem saam: kry almal om te betaal vir dienste dan sal julle nie so staat te maak op tariefverhogings nie
Ek het staatgemaak op die DA om beter te presteer maar in Pretoria/Tswana het hulle my stem verloor.
Afgetredenes word êrens in ag geneem nie.
Ek bly nog in my eie huis waar dit al moeiliker gaan maar in n aftreeoord is dit nog duurder.
Rentekoerse kom af maar alle tariewe en pryse gaan op
Werkendes kry gereelde verhogings en is bly as rentekoerse daal. Vir mense met n renteinkomste is dit n bron van groot kommer
Ek hoop op n dag wat jou geboortedatum in ag geneem sal word wanneer dit by betaal kom vir basiese dienste.

koos ·

Die krag is niks, gaan kyk na julle vullis verwydering! ‘n 111% (ja honderd en elf persent) verhoging. Vanaf R154.85 in Junie na R328.30 in Julie. Ek het al met die media en burgerregte organisasies gepraat, maar dit lyk my hulle is onwillig om die saak te hanteer.

Chris du preez ·

Maklik om nou kamtig verskoning te vra na julle uitgevang is met julle skelmstreek. Hierdie skelmgeid gaan julle hard byt in die munisipale verkiesing

wilma ·

keelvol vi die regeerders wie dink”sorry”kan als regmaak.

Anoniem ·

Alles in hierdie land is net betaal maar ons kry geen diens nie wanneer gaan dit ophou. Die bietjie salaris wat ons verdien kan nie al hierdie verhogings dra nie. Rerig ek dink hulle moet begin self betaal vir hulle daaglikse behoeftes, As my salaris 100 duisend per maand was het ek ook nie ge kla daar oor nie.

Willie ·

Nee wat DA is net so treurig… laat almal betaal… nie net sekere burgers nie… If you use you pay! Maar nee, hulle kyk mos na die plunderende meerderheid….

J ·

En wat van ons pensionarisse wat nie verhoging gekry het nie.
Die werk gewers gee ook op die meeste 5% verhoging. Medies gaan 10% op. Krag 13.5 wat is in my sak oor na al die vehogings. Ek as verbruiker het nie eers kos om op die tafel te sit nie.

TILLA ·

Dit is nou 15h20 en die straatligte wat nog werk brand steeds. Dit is hoekom ons so baie moet betaal, want hoe gaan ons op ‘n lieflike sonskyn dag soos vandag sien waar om te trap op die sypaadjie as die ligte af is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.