Nuwe kurrikulum vir seksvoorligting ‘sagte pornografie’

Die beplande inhoud vir seksvoorligting in skole. (Foto: Skermgreep)

Die departement van basiese onderwys se nuwe omvattende seksuele onderrig-kurrikulum behels glo dat leerders hul geslagsdele in die klas identifiseer, kommentaar lewer op kaal foto’s wat gebruik is in seksklets-boodskappe (sextexting) en leer wat behels vaginale, orale en anale seks. Dié kurrikulum vorm deel van die vak Lewensoriëntering en sal na verwagting in 2020 van gr. 4 tot gr. 12 geïmplementeer word. Minister Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het glo ook reeds baie van dié inhoud goedgekeur.

Die inhoud is onlangs aan lede van die parlement beskikbaar gestel en op die groep Freedom of Religion South Afrika (FOR) gepubliseer. Hiervolgens sal gr. 4-leerders tydens groepbesprekings hul eie en hul klasmaats se “skaamdele” moet identifiseer.  Gr. 5’s sal leer van homoseksuele molestering en seksuele aanranding en graad 6’e sal gevra word wat hulle dink van foto’s van kaal persone wat in Whatsapp-boodskappe gestuur word.  Gr. 8-leerders se onderwysers sal hulle inlig oor wat gebeur tydens orale, vaginale en anale seks. Volgens FOR wil dit voorkom of die inhoud selfdegeslagverhoudinge en aborsie normaliseer. Handboeke bevat ook grafiese foto’s van die aanwend van vroulike kondome.

FOR het in ʼn persverklaring hul misnoeë oor die inhoud van die kurrikulum uitgespreek.

“Nadat ons die inhoud van die kurrikulum onder oë gehad het, weet ons dat ouers en onderwysers rede het om bekommerd te wees,” sê Michael Swain, uitvoerende hoof van FOR. “Baie van die inhoud waaraan kinders blootgestel gaan word, is gelykstaande aan sagte pornografie.” Hy sê ouers het die reg om toegang tot hierdie inhoud te hê en indien dit nie ooreenstem met die waardes wat hulle graag aan hul kinders wil oordra nie, moet ouers die reg hê om hul kinders uit die klas te verwyder.

Die departement het in Mei vanjaar hewig wal gegooi nadat Sunday Times berig het dat leerders voorts oor masturbasie gaan leer. Toe het Elijah Mhlanga, departementele woordvoerder, gesê dat gr. 4-leerders op die mees gepaste en sensitiewe wyse onder meer sal leer waar babas vandaan kom.

Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) is van mening dat die voorgestelde seksonderrig leerders nie toerus nie, maar blootstel aan ʼn uiters grafiese kurrikulum wat oor die algemeen nie ouderdomsgepas is nie.

“Ons glo dat die grafiese aard van die kurrikulum leerders onnodig blootstel aan kennis waarvoor hulle nie gereed is nie in ʼn omgewing wat nie toegerus is vir die hantering van die sensitiewe aard van die onderwerp nie,” sê Melanie Buys, hoof van ontwikkeling aan die SOS.

Buys benadruk dat die grondliggende doel van lewensoriëntering die vaslegging van waardes moet wees. “Weens tegnologie het leerders deesdae toegang tot baie materiaal waarvoor hulle dikwels nie gereed is nie. Dit kan slegs teëgewerk word deur ʼn gesonde waardestelsel en kritiese denke. Die voorgestelde kurrikulum blyk nie ouderdomsgeskik te wees nie en bevat grafiese inligting strydig met gesonde gesinswaardes. Alhoewel mens leerders wil toerus om as tieners veilig te wees en die regte besluite te neem, sal hierdie kurrikulum leerders eerder aanmoedig tot onvanpaste en onveilige gedrag,” sê Buys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

192 Kommentare

Lana ·

Nou gaan jy n gemors sien, dankie tog my kind is klaar met skool

paperdoll ·

maar u gaan tog eendag kleinkinders op skool he. wat dan

Merie Perd ·

Het die ouers en die kinders n se?
Dis n gruwelike en blatante skending van mense regte. My kind moet nou n ander kind se geslagsdele identifiseer. Hoe durf hulle my kind so verneder? Dis twak man, bring liewer respek vir ander mense, en menswaardigheid terug na die skole. Niks anders a varkagtigheid nie. Dis ouers se plig om hulle kinders in die verband op te voed. Die skool moet kinders moet liewer opgevoed word teen die gevare van dwelms en tiener seks sonder om explesiet te wees. SKANDE VULGER, SIES

Yolanda van Wyk ·

Ons as ouers weier dat ons 2 dogtertjies die klas sal bywoon. Ouers moet opstaan teen die gemors. Ons kinders is net eenmaal jonk en onskuldig, en dis ons verantwoordelikheid om hulle te beskerm.

Gebruik die arme onderwyser om eerder ekstra Wiskunde en Wetenskap klasse te gee as seksvoorligting!

Chantel ·

Ek sal op skrif aan my kind se skool stel dat sy uit die klas aanbieding wat die bg betref, verakoon sàl word agv my geloofsoortuiging dat dit nie is wat God van ons verwag nie. My kind sal nie blootgestel word aan iets wat ek nie goedkeur of praat nie.

Paula van Wyk ·

Dit is meer as skokkend ek sidder wat die gevolg van hierdie onderrig sal wees. Dit is duidelik dat Satan en sy kinders hoogty vier in Suid Afrika.

Bernedette ·

Pleks bring hulle selfverdeging in as vak sodat die kinders van kleintyd af geleer word en situasies kan hanteer. Nou word hulle heeltemal bloodgetstel en nuuskurig. Ek dink dis belaglik!

GP ·

Of iets soos persoonlike finansies. Wat wil hul bereik deur die belaglike goed.

Aletta ·

Ek stem saam Selfverdediging is n goeie idee. Wat hulle nou doen gaan odie kinders meer Vryheid gee om dinge te doen wat vir Volwassennes bedoel is. Ek skaam my. Ek het self nie meer kinders op skool nie maar het kleinkinders. Wat gaan van ons kinders word. Skool is nie meer skool soos toe ons klein was nie.

Jenique louw ·

Eks baie jammer maar ek stem nie in tot dit nie. Dis glad nie reg vir kinders om hulle geslagsdele vir mekaar te wys nie. Dit tel vir my as n vorm van molesteuring!!

Marissa ·

Sjoe okay… Mense kom ons wees nou dood eerlik met mekaar: hierdie kurrikulum bevat absoluut NIKS waaraan kinders nie alreeds aan blootgestel word d.m.v. byvoorbeeld die internet of selfs maats nie. Ek verkies dan eerder dat my kind voorligting in ‘n begeleide omgewing kry as wat hy/sy dit by vriende of op ‘n selfoon gaan opsoek. Ek glo ook nie kinders wil enigsins seksvoorligting by HUL OUERS kry nie… Dis nog meer ongemaklik as in klasverband…

Maar bygesê, kinders is kinders en hul sal altyd maniere vind om sulke inligting te bekom. Dit was toentertyd dieselfde gewees.

GP ·

Niks goed daaraan om hul aan porn hie sag ook al bloot te stel nie. Dit sal ook indruk skep dis aanvaarbaar. Net siek boonop onder 18 behoort onwettig te wees.

Sam ·

I agree with Marissa. It’s a scary and sad concept, however the reality is that children are exposed to way more pornography than we’re aware of . If parents do not inform and equip their children, then school it will be unless the children are removed from class and get even crazier feedback from their friends during break time. Self defence classes in conjunction with this to prevent invasion of personal space should be included.

Old School ·

Marissa en Sam, n Mens kom liewer sy ouerlike pligte na, as om daarvan weg te skram. Ek hou byvoorbeeld niks daarvan om graad 7 dogters swanger te sien omdat hulle geen respek vir hulle eie ligame het nie en dink dat dit ok is om met elke seun seks te he. Seks opvoeding is n ouer se plig en nie die skool sn nie. Ouers moet nie ongemaklik wees om met hulle eie vlees en bloed openlik oor seks te praat nie. Indien ouers wel ongemaklik is, is daar geen gesonde ouer/kind verhouding nie. Onthou jy as ouer sal met die nagevolge sit. Om jou kind weg te jaag is dan nie n opsie nie.
Die volgende stroom ouers dring alreeds daarop aan dat, kinders “gender neutral” groot gemaak moet word. Wat is volgende? Ongelukkig moet ons dogters op skool bo hulle vermoe sterk wees want hulle dra vir die res van hulle lewens die gevolge terwyl grootmeneer loop en spog met sy prestasies.

Maria ·

Ek kan die Here dank my kind is in n christelike privaat skool.. En hul baklei vir ons kinders se opvoeding. Ek het as kind sexvoorligting by my ouers ontvang en sal dit nie anders wou of wil hê nie. My kind sal ook sexvoorligting van my ontvang. Ek het nie uit gegaan en goed gaan eksperimenteer soos vandag se kinders nie.. Dit is een van die redes hoekom ek my kind in n privaat skool het.. 2de rede jy betaal jou dood aan die staats skool gelde en daar word geen maniere geleer of gehandhaaf in skole nie… Die onderwysers vloek em ons kinders leer dit aan…

Cindy ·

Marissa, ek is jammer ek stem glad nie saam met jou nie.

My kind word nie blootgestel nie as sulke dinge nie, want ek sit agteroor en verwag dat ander mense my werk vir my doen nie. Wat gekyk word, word gemonitor en as ons praat op ‘n ouderdomsgepaste manier oor die liggaam en waar babas vandaan kom.

As jy gaan kyk na die navorsing op hierdie tipe onderig het dit eintlik die teenoorgestelde effek as wat hulle sê hulle wil bereik.

Nee!! ·

Marissa, ek neem aan jy het nog nie kinders nie? hoe kan so iets vir enige regdenkende ouer aanvaarbaar wees? hulle wil he die kinders moet dinge leer wat ook teenstrydig met die christelike geloof is.

Dee ·

Lees jou bybel Marissa, en bid elke dag dan sal jy dalk besef wat hier aan die gang is. Elk geval. Dalk kan hulle by maats hoor van goed maar onthou jy KAN monitor en as goeie ouer se het oor wat jou kind aan blootgestel word by die huis op internet en / tablets / tv ens. Apps wat goed kan blok / kind kan monitor ens. My kind, ek wou hom he, my verantwoordelikheid om my kind reg in te lig. Los dit nie in iemand anders se hande nie. Eks te lief v hom.

J. C. S. ·

Die hele saak inne neutedop: Die probleem lê daarin dat die seks voorligting kom van mense wat dit as normaal beskou want seksuele inisiasie is deel van hulle diaboliese kultuur. Ons as Christelike Afr. kaners kom uit ‘n totaal ander kultuur met beskaafde waardes. Net so min as wat olie en water kan meng netso min kan jy ‘n opvoedkundige pad met die mense loop. Haal jou kind of kl. kind uit die staatskool en plaas hom/haar inne Christelike priv. skool. Punt.

Jdb ·

Jou kind miskien, maar nie my kinders nie. Terwyl ons nou eerlik met mekaar is.

Nico du Preez. ·

Marissa my kleinkinders bly op n plaas en lees nog Bybel. Seks op 10 jaarige ouderdom. Spandeer Beter tyd met jou kinders. Laat hulle Kinders wees.

Alta ·

Siek siek siek siek siek…… Dis siek! Dit gaan beslis ‘n groot gemors afgee.

Elana ·

Siek siek siek wereld ek stem glad nie saam met dit nie gaan net die wereld n nog swakker plek maak
Hartseer

Christo ·

Ek hoop nie hul bring daai snert by ons skole in nie! Ek weier dat my kinders aan dit blootgestel word! So van GR 10 af is daar seker praktiese klasse ook? Gaan hul geasseseer word op dit?

Molly ·

Daar is nie ‘n manier nie, het nou die skool ge-email en weier volstrek dat my 10 jarige sulke goed leer bogger dit!

Riaan ·

Ek stem ook in ‘n mate saam maar, dan kom die maatjies en dan hoor hulle dit weer met ekstra ‘skeppie’. Sak my kop in skaamte vir die onbevoegde en opgeskoolde sogenaamde leiers van die stukkie land.

Louise Fischer ·

CVO Skole se kurrikulum is gebasseer op Bybelse beginsels. Ouers het ñ sê oor wat vir hul kinders geleer word. Hul funksioneer onafhanklik van die staat en is internasionaal geakkrediteer. Hul bestaan al langer as 20 jaar.

Hul sport en Kultuur geleenthede is puik georganiseer. Die terreine is altyd skoon as jy daar wegry. Jy los jou sportsak op die pawiljoen, as jy terugkom is alles nog daar.

Wat ñ voorreg om vir my kinders so veilige, geborge, kwaliteit leeromgewing te kan bied.

Amelita ·

Nee jammer, ek sal op my tyd my kind dit vertel, vroeg ryp vroeg vrot. Ek sal nie dat my kind die klasse bywoon, net soos wat nie Christene die keuse kry om nie in so klas tewees sal hulle die kinders hier ook n keuse moet gee. Ek glo dit is nie die plek waar hulle dit geleer moet word. Ek glo ook nie dat die onderwysers toegerus is om so n klas aantebied.

Zel ·

Jy het presies my gedagte verwoord! Ek voed my kinders op, nie ‘n skool nie. Skole se hoofsaaklike bestaan wentel rondom akademieen om ‘n gesonde rol in die gemeenskap te vertolk. D.w.s. die gemeenskap moet volkome gemaklik wees met die skole se doen en late. Laaste keer wat ek gekyk het was SA nie ‘n kommunistiese staat waar iets soos die onderwysdepartement leerders, ouers en onderwysers onder dwang kan hou nie. Die feit dat burgers belasting betaal maak die funksionering van so ‘n departement moontlik. Hulle bestaan nie agv die keiser se goedhartigheid nie….

Chrisjan ·

Ek ondersteun hierdie beplande kurrikulum glad.nie. Maar ouers, weet julle wat werklik op jou Sannietjie of Kosietjie se fone aangaan?

Vintcent ·

In ‘n land waar verkragting en geen respek hoogty vier, is hierdié nie ‘n goeie plan nie. Is die antwoord nie om die gedrag, waardes van die volk aan te spreek nie. Vroeër jare het ouers en die kerk daarmee gehelp, maar beide hierdié partye is eenkant toe geskuif deur die regering, asook opposisie. Dit is sekere waarvoor die volk gestem het.

Ingrid ·

Onderrig hulle eerder in “voilant management”.
My kleinkind hoef nie hiervan te weet nie. As die tyd ryp is, sal haar ouers haar onderrig

RP ·

Die meerderheid van kinders wat lei onder mishandeling besef eers heelwat later dat hulle wel mishandel was. Hierdie is dus n uitstekende idee. Dit gaan my verstand te bowe dat julle nie kan insien dat kinder reeds aan al die goed blootgestel is nie. Ok goed, jy monitor jou kind se foon of rekenaar, maar wat van sy/haar vriende sn? Dink tog. Selfs in die 90s toe ek n kind was het ons toegang tot alles gehad. Dit was maklik, die eenvoudige rede is kinders is aansienlik skerper en beter met tegnologie. Niks gaan hulle keer nie. So kom ons doen dit in n begeleide manier en leer hulle reg.

muis ·

en dit is hoekom 34 leerder van n een skool in Randfontein swanger is huidiglik lees gerus op Randfontein herald se blad

Martie ·

Dis siek verby hoeveel kj ders gaan nou gemolesteer en self gerape word in skole want hul maak die kinders nuuskierig. En dit help nie jy haal jou kind uit die klas as daar so baie ander is wat aangaan en dan peakties wil toepas

Anita ·

Kinders moet glad nie op skool voorligting as vak hê nie. Dis ouers se verandwoordelikheid om hulle kinders op die regte ouderdom intelig oor voortplanting en die veranderings wat hul liggaam ondergaan. Dis omdat kinders so jonk as 8 al geleer word wat sex dat daar geen waardes meer is nie. My kinders sal nie in daai klasse wees nie. Hulle word met Christelike waardes groot gemaak. Seks is vir die huwelik. Niks met skool kinders te doen nie.

Mossie ·

Ek is dankbaar my seuns is nie meer op laerskool nie maar onderskeidelik Gr 11 en Gr 9. Dis heeltemal onvanpas om hierdie goed vir laerskool kinders te leer. Dit wat vir Gr 4 geleer wil word kan eerder vanaf Gr 7 geleer word, maar dan moet dit nogsteeds aangepas word. Hierdie mense is siek verby!!

Ivan ·

Ek sal dadelik my kind uit daai klas verwyder.Kind kan nie n graad druip deur 1 vak nie.Dit sal nice wees as al die ouers die gemors so stop sit.Die wereld raak siek.Ons sukkel al klaar om hulle van die tablets af te kry.Nou gaan hulle leer wat om te gaan soek op die internet.Ai tog lyk my tuis onderig gaan die toekoms word.

Elsabé ·

Ek homescgool klaar my kinders en het volle beheer oor wat hulle leer.

Sonja ·

Dis hoekom daar so baie swanger kinders is. Hulle word te veel gelee van groot mens dinge wat kon gebly het. Die staat wil dit wat die Here so mooi gemaak het nou lelik maak. Dankie tog ek het nie meer kinders in die skool nie. Sterkte aan al die ouers julle sal moet saam staan om dit te keer

Elmarie ·

Ongelukkig is learns orientering een van daai vakke wat it moet slaag anders pluk jy

Ansie ·

Waar gaan die land heen.Bybel onderig word weg gevat maar daar kan seks onderrig wees.Dit is siek.Dit voorspel net moeilikheid.Nou gaan jong kinders se hormone op loop gaan en verkragtings meer word in die skole.SIEK

Ilsé ·

Dit is absoluut verregaande!!
Daardie deel van opvoeding berus by die Ouers. Ek verstaan ook dat die kinders deur tegnologie aan n klomp goed bloot gestel word. Dit is in kinders se natuur om ondersoekend te wees. Jare gelede toe ons kinders was, was dit die Scope.
Maar deur ons kinders op so vroeë ouderdom ryp te druk met hiersie inligting, bereik niks.
Dit veminder nie die voorkoms van minderjarige swangerskappe nie. Dit verminder nie die toename in HIV en geslag siektes nie. Dit verminder nie die tendens van seksuele tweistering en misbruik nie, inteendeel is daar n toename binne skole hiervan en waar die kinders ly onder die hand van Onderwysers se misbruik en verkragtings.
Waar is die skoolrade, hulle behoort op te staan en dit te verbied binne die skool. As mense kan Toye Toy oor dienslewering, salarisse, politieke kandidate, buitelanders en weet wat nog, kom ons veg vir ons kinders se gesonde opvoeding en Toy Toy in massas (swart, wit, bruin) teen hierdie besluit. Die rwg van besluit en magtiging lê steeda by die Ouers!!

Johan ·

Die Gesins-en-geslagsvoorligting program het destyds in die stof gebyt. Party leerders se nuuskierigheid het die oorhand gekry met negatiewe gevolge. (dink maar self oor die gevolge) Hierdie program se aanbieding is hopeloos té eksplisiet en daarom tienerswangerskappe toeneem…

Kato ·

Mense dit is tyd om privaatskole in elke dorp op die been te kry. Daar is geen uitweg nie. Sodra Afrikaans uit die skole verwyder is sal standaarde daal na nul. Ook wat die matriekvraestelle merkery aanbetref is dit chaos. Nasieners wat nie Afrikaans magtig is nie merk Afrikaanse vraestelle. Om aan tedring op hermerk – kan jy dink watter stryd gaan dit afgee en watter versekering het jy dat dit dan reg gaan geskied? Wanneer gaan jy dan terugvoering kry? ‘n algehele riller, daar is geen uitweg meer. Die regering wil ons kinders ook aftrek na hul sedelose morele waardes, dit is so duidelik as daglik.

Lollie ·

In die goeie ou dae was daar nie sulke snert nie! Daar was ook nie tienerswangerskappe, verkragting ens nie! Waarom moet dit nou vir hulle geleer word?! Leer in die klas en gaan oefen of leer dit daarna! Sommer net buite die klas!
Net mense met ń lae IK wat niks het om te doen nie wat sit en gemors uitdink!
En juffrou, indien ons nie mooi verstaan nie kan jy ons sommer gou wys en mooi demonstreer!!!

Annette ·

Daar was nie tienerswangerskappe nie? Waar het jy grootgeword?

Bloudrom ·

Nou moet hulle nog net n pedofiel kry om die vak aan te bied.

Ferdi ·

Siek wêreld… En as ons nie opstaan en dit stop nie, gaan dit net erger raak!

Rona ·

As een persoon enige sulke inligting in n skool verband of erens anders aan my klein kinders oordra of leer laat sluit ek hul toe vir pornografie, seks misbruik of wat ookal. Die goed is siek in hulle koppe

P ·

Nee, nee,nee…. wat de ongeluk. Die mense raak heeltemal mal. Dank die Vader my kinders klaar met skool…en hulle wil ook nie kinders in die wêreld inbring nie. Genade nee duiwelse dissipels.

Michelle ·

Word wakker mense! Hoekom dink julle kinders raak links en regs swanger? Pappa en mamma het nie meer met hul kinders by die huise die gesprek oor waar babas vandaan kom nie. Iemand moet dit doen, kan netsowel die skool wees… Ongelukkig in die wêreld waarin ons leef moet jy jou kind inlig van kleintyd af, anders gaan hy/sy dit by maatjies optel en heeltemal ‘n wanpersepsie aanleer.

CA vd Merwe ·

Dit is die ongelukkige waarheid, dat al minder ouers betrokke raak om dit te doen, as daar ouers is. Maniere leer? Die skool. Respek? Die skool. Daar is oorgrote kultuur dat opleiding eerder deur die gemeenskap of staat gedoen moet word. Daarom moet n ouer hul kind se skoolwerk ordentlik deurgaan en reghelp waar moet. Dan moet die ouer ook leiding gee hoe om die nuwe kennis reg te gebruik.

So. Eerder dit teen te staan, hoe kan ons dit verander dat die nuwe opleiding reg gedoen word, sonder pornografie, deur die regte mense, op die regte tyd?

Danie ·

Dankie tog ek immigreer en hooplik is die Australiese kirrikilum anderste

Annette ·

LOL, jy gaan n verassing kry! Die res van die wereld glo kinders moet ingelig word – op die regte ouderdom en vlak…Sterkte met so eng uitkyk op die lewe in Australie!

Valerie ·

Wat nog erger is, is dat die perverse gedrag as “normaal” voorgehou en aangebied word. Daar is ‘n rede hoekom SA die nommer een in Aids is. Regtig, dis sotlikheid.

Bennie ·

Siek is nie die word nie, ek ken ‘n hele paër ander woorde vir die regering wat ek eerder vir my self sal hou, maar ons bly by siek, ek is net bly sex vooligting is nie deel van my kultuur nie, met al die swanger skappe op die skoolbanke op die oomblik help sex voorligting op skoole dit aan, want dit prikkel mos nou die hormoon wat alles laat regop staan daar kan mos nie voorligting gegee word sonder die prakties nie, maar dit bly net siek, met ‘n hele klomp ander woorde.

Ria ·

Dis tyd dat hierdie kommuniste in die bek geruk word!!! Dit hoort nie in ñ ordentlike samelewing nie. Waar is hul waardes???

Griet ·

Baie onderwysers kan dan nie eers vakke reg aanbied waarvoor hulle ‘kwalifiseer’ het nie. Watse gemors gaan hulle nie maak van hierdie seksvoorligting ( met appels, uie, beet en wortels as behandeling van VIGS) so hoog op die waardestelsel is nie.

Amanda ·

Die pedofiele hoed nie meer ons kinders gereed te maak nie… die skool doen dit sommer vir hulle!
As pedifiele hierdie goed vir kinders wys noem ons dit gereedmaking en is teen die wet, maar is ok as dit in die klas gedoen word!
My kinders sal nie hierdie klasse bywoon nie, hulle kan dit maar druip!

Jannie ·

Ons het die geleentheid gehad om dit te voorkom maar ongelukkig het die oorgrote meerderheid nie die visie gehad om te sien wat die ANC ons en ons kinders aan gaan blootstel nie.

Jannie ·

Ons het die geleentheid gehad om dit te voorkom maar ongelukkig het die oorgrote meerderheid nie die visie gehad om te sien wat die ANC ons en ons kinders aan gaan blootstel nie.

Patrys ·

Lewensoriëntering tel vir baie grade nie op die APS telling nie. Die vak word ook nie ingereken in jou gemiddeld om toelating te kry vir sekere grade nie. En soos ander ouers gesê het, jy kan nie die jaar druip vir een van nie.

R ·

Wieookal dit wil implementeer kan gaan doppies blaas!!!!! Ek sal elke LO handboek persoonlik verbrand!!!!!!

Pierre ·

Dan gaan hulle seker nie so tekere gaan as jy in matriek die juffrou date nie!

Anni ·

Daar’s hy Pierre, dit gaan alreeds so met die vroeg ryp vrot kinders. Hierdie sal nou ideal wees, voeg daad by woord. Hoe de hel kan daar verwag word, dat als nou ten toon gestel word. Jou privaatheid het niks met niemand, nie eers Angie te doen nie. Waar gaan Ons kinder opvoeding heen, daar’s nie meer onderskeid tussen Reg en verkeerd nie. Hoop die ouers staan op teenoor hierdie belaglik vak.

Kotie Forbes ·

Al wat ek se is ….. My kind sal uit die klas verwyder word … Dankie baie …. so fies ek wili eers my regte gedagtes post nie want dit kan na groot moeilikheid maak

RH ·

Daarsy. My kinders sal nie volgende jaar skool loop nie. Ek SAL n curriculum kies wat ek mee saam stem om my kinders te leer! EK is hulle ouer! Dis daai dom goed nie.

Foxi ·

DIT SAL DIE DAG WEES!!!!HULLE KAN DAARDIE GEMORS SO VINNIG AS WAT HULLE DIT UITGEDINK HET, MAAR IN DIE ASBLIK GAAN GOOI. Dink hulle nou vir een oomblik my kleinkind gaan haar/sy geslagsdele vir almal in die klas vertoon? Hier kom groot probleme!!! NEE HEL….WAT KOM NOG?

Kiskar ·

En dan vra mense my nogsteeds hoekom ek my kinders tuisonderrig. Ek sal my kinders NOOIT deur die staat laat “opvoed” nie!!

Wielspore ·

Wees eerste met jou kind se seks opvoeding dan het die skool se kling klong nie ‘n slegte impak op jou kind. Ons het ‘n goeie boek gekoop oor seks opvoeding toe ons eersgebore reg was vir seks opvoeding en ma en dogter het dit behandel, 7 jaar later was dit by beurt, pa en seun.
Wees lief vir jou kinders, hulle is kosbaar.

gatiep ·

Mense dink dis hulle kinders.
Hy of sy is staads eiendom die oomblik as hy gebore word.Jy moet net betaal vir sy kos en klere,en jy het geen keuse as om te betaal dat hulle dit vir jou kind kan leer.
Siek wereld waarin ons ons bevind met dictators wat alles in jou lewe wil reel .

Doempie ·

Daarshy, hoop dit sluit sommer praktiese toepassing ook in. In for a penny, in for a pound. Hulle druk hierdie plonk in ons kinders se kele af. Daar sit 21 jariges saam ons dogters in klasse. Go figure

Swanna ·

Pornografie is pornografie. Of dit sag grof wild op of af is dit bly pornografie. Dit is dieselfde as lieg of sal ons se ‘n leun vertel. Baie mense se mos dit is ‘n wit leuntjie, Wat is die verskil dit bly lieg daar is niks wit omtrent dit nie maaaar die “MENS” verdoesel sy swak heid en sonde deur dit wit of sag te noem sodat dit nie so HARD op die oor val nie. Ons gaan nog duur betaal vir hierdie SONDE wat ond pleeg en ons laat dit toe.

Dawid ·

In my Std 8 (Graad 10) Biologie handboek in 1972 was daar ʼn hoofstuk met sketse van die manlike en vroulike geslagsorgane – nogal redelike detail. (Toe was ek 15 jr oud) Maar dit was sketse. Ek wil glo die Tvl Onderwys Dept wou dit inbou om die kennis wat “Pa en Ma” toe reeds met hulle kinders bespreek het, op ʼn akademiese vlak te konsolideer.
Die keersy is die van ʼn gesin wat in een kamer woon, niks bly ʼn geheim nie. En die behoefte van die benedebuik laat hom mos nie gesê nie. So seksonderig op skole is nodig op ʼn verantwoordelike ouderdom.
In tradisionele Afrikanerskap het dit as volg verloop: “Vra jou Ma, sy sal beter kan verduidelik” of “Vra jou Pa hy sal beter kan verduidelik”. En Biologie het die konsep saamgevat.
MAAR OF DIT INTEGRAAL DEEL MOET WEES VAN N SKOOL KURRIKULUM, daaroor het ek gemengde gevoelens. Veral as die klem op Seks geplaas word in plaas van die begrip oor die GANG VAN DIE NATUUR.
Morele waardesisteme is nodig as die grondslag van hierdie tipe van onderrig – EN DIE MEES BELANGRIKE IS OOR HOE DIT OORGEDRA WORD.

Pikkewyn ·

Ongeag wat die kinders moet leer uit n handboek is ouerbetrokkenheid baie belangrik as jy oop kaarte met jou kind speel en die goed laat verstaan dis nie n speletjie en dit kan jou toekoms beinvloed kan dit moontlik wees dat hy of sy hul liggaam en andersin respekteer. En die belangrikste ons as ouers moet op ons kniee bly en bid vir ons kinders.

wilma ·

Ek sien al hoe die kommunistiese govt binnekort kinderverkragting en kinderpornografie as normaal gaan beskou en geen oortreder sal tronkstraf kry. Moet asb nie vra hoekom is die droogte so erg

Onnie ·

Ek as onderwyser weier volstrek om dit vir kinders moet leer. Ek sal ook nie my gr 4 kind sulke snert laat blootstel nie. Ons ouers moet besef dat ons die hef in die hand het en ons moet dit baie duidelik aan die departement stel sodat hulle dit verstaan. El sal weier dat my kind lewensorientering klasse bywoon en as die departement hulle bekke wil oopmaak daaroor haal ek my kind eenvoudig uit die skool uit en doen tuisonderrig in die middar of aande. Ons kan nie dat satan se gesante ons kinders se koppe vol gemors prop nie!

Onnie ·

Jammer vir die spelfoute maar ek is nou hoogs die wetter in!

HEVW ·

Volgens kommunisme is jou kind nou die staat s,n. Standaarde morelewaardes is vir hiedie regering geensins van waarde nie, en hul respekteer geensins die morele waardes van die ouerkorps nie. Al uitweg is jy sal op een ander wyse hierdie orgie moet ontvlug, Hoop die ouerkorps tesame met die tersaaklike onderwysliggame gaan eenparig saamstaan met n heftige verset. Maar soos ek ook al dikwels teengekom het is daar van ons eie ouers, mense, wat geensins ag gee op die kurrikulim in die onderwys nie. Laat maar godswater oor godsakker loop.

Anelize Terblanché ·

Hebr. 10:31. “Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God.”
Ek sê “sterkte” vir die mense wat aanhou om n Heilige God op soveel maniere uit te daag.
Daar gaan n dag kom wat die God van” liefde ” (dit is mos al wat verkondig word) geregtigheid en oordeel gaan wees.
Dit is beter dat daar n meulsteen om jou nek gehang word en jy in die diepte van die see gewerp word as dat jy een van hierdie kleintjies (kindertjies) laat struikel.

Monya ·

Amen! Wens net die mense wil begin verstaan met watter boosheid hulle besig is.
Ons kinders is kosbaar en ons moet hulle oppas.

humor ·

Ons wag natuurlik ook angstig wat die kerke se reaksie gaan wees. Dit bly maar kommerwekkend in die lig van wat kort gelede op n algemene sinodalevergadering besluit was.

Wielspore ·

Geen kerk, geen skool gaan jou kind se toekoms bepaal. ‘n Kind se toekoms is in sy ouers se hande.

Lindie Lourens ·

Alles wat in die ouerhuis geleer behoort te word, word nou in die skole afgedwing omdat party ouers te sleg is om dit te doen. Jare gelede, toe skole die “100 boeke” ontvang het, was 2 van die boeke wat ons plaaslike laerskool ontvang het al so vol pornografie, dat ons dit verbrand het. Die Juffrou sal seker nog demonstrasies moet lewer ook. Wat ‘n sirkus!!! Plaas daarvan dat die kunsstudent die Onderwysdepartement as narre voorstel, toe doen hy dit met die Christelike godsdiens.

Skerpioen ·

Ek sal nie my dogtertjie hieraan blootstel nie. Ek sal alles in my vermoê doen om haar te beskerm…. selfs al home school ek haar. Wag tot haar pa hierdie artikel lees.

Franco Scheffer ·

New World order BS to break down one of their last and toughest obstacles, The Family. Note the breaking down of social borders, race and gender. The other strong obstacle, the clan system was broken down many years ago. That is why the people look so lost.

Lizelle ·

My kids sal maar die ‘vak’ dop!! Alles het sy tyd en plek. So word die verkragters se siek sirkel Groot. Ek stem! Vroeg ryp , vroeg vrot!

Theo Geldenhuys ·

ons as ouers moet bymekaar kom en die ding stop sit voor dit geimplimenteer word. Daar moet n manier wees hoe ons die regs stelsel kan gebruik om die te stuit.

Afriform of enige ander groep ACDP whoever or whatever we need to form a strong alliance and take this to court.

Kwagga ·

En so word ‘n hele gerasie uitgewis. Skole word vernietegers, eerder as opvoeders. En as iets in onderwys stepsel verkeerdloop, word ouers gevra om meer betrokke te wees. Hoe de hel as julle die kinders alreeds strooi geleer het?
Tuisonderrig is beste. Die gaan so groei dat “skole” binnekort sport ens gaan inbring. Alles wat kinders het om sosiaal te ontwikkel.

LD ·

Ek het 2 dogtertjies waarvan die oudste volgende jaar Gr.4 toe gaan! Dis belaglik dat hulle die kinders die snert wil leer op daai jong ouderdom! My jongste word 2 en ek sidder om te dink wat sy dan als gaan moet leer op daai ouderdom! Of nog erger teen die tyd wat sy skool toe moet gaan, gaan hulle seker die klasse al in Gr.1 aanbied! In hierdie land is enige iets moontlik! Pleks hulle bring intensiewe Godsdiens en Bybel studie terug dan sal ons land en kinders ñ beter lewe en toekoms hê, dan sal hierdie vieslike vak nie nodig wees nie want ons kinders sal morele waardes hê! Ek sal weier dat enige 1 van my kinders die twak klasse bywoon!!

Hendrik ·

Kom ons noem nou maar die ding by die naam – dit gaan nie oor seksonderrig nie – dit gaan oor die normalisering van die LGBTQ agenda en gelagsneutraliteit. Meeste ouers in SA vandag versaak hulle plig om hulle kinders seksonderrig te gee. Ek kan sien hoe daar plek in die skool kan wees vir dinge soos voorkoming van seksuele misbruik van kinders en waar kom babas vandaan. Maar dis waar dit behoort te stop. Na regte is dit die ouers se plig, maar meeste doen dit nie. Die groot gevaar nou is dat wanneer jy nie jou kind toelaat om al hierdie snert in die skool te hoor nie, hy oningelig is teenoor sy maats, wat selfs ‘n groter gevaar is.

Valerie ·

Hendrik, presies hoe ek oor voel. Natuurlik is daar ‘n abnormale agenda agter hierdie besluit.

Monique ·

Is julle heeltemal van julle sinne beroof. Hier kom meer verkragtings en molesteerings. Seks raak soos sigarette rook. Almal doen dit, want seks word wakker gemaak in kinders van kleins af. Julle groot mense…..nee ek weet nie, ek dink seks is op julle breins.

Doris ·

Ek wonder hoeveel gaan nou buite egtelike kindertjies hê leer hulle liewers van die Here en los daardie gemors wat hulle nou mee besig is dit wil my voorkom hulle het nie werk nie dan sit hulle en dink sulke snert uit.Hierdie onderwys is besig om die ouers siek te maak. Plaas dat hierdie die kinders vakke gee wat hulle eendag kan gebruik in die lewe om iets te word.

Dora ·

Ek dink dis belaglik om dit sagte poenografie te noem. Nog belagliker om dit by die skool aan te bied, my kinders het ek self op die ouderdom wat ek gedink het gepas was, in gelig oor seks. As hulle my onkant betrap het met n vraag. Het ek diep asem gehaal en gese mamma gaan jou nou antwoord. Laat ek net gou hier klaar maak. Dan as ek klaar is het ek my gedagtes agter mekaar om te verduidelik en agterna het ek dankie gese dat jy na my toe gekom het vir n antwoord en nie na maats toe is nie. Gevra of hy/sy verstaan het wat ek gese het en my antwoord wat ek gekry het was altyd ja dankie mamma. So seks opvoeding moet by die huis gedoen word

Pa van drie ·

Fantasties! Dit is hoog tyd dat so iets geïmplimenteer word. Ek is bly my 3 kinders in die laerskool gaan hierdie vak meemaak. Word wakker mense!! Daar is baie duister dinge rondom julle aan die gang en dan wil julle weer die bybel en godsdiens hierby betrek. Eish!! Geen wonder julle kinders haak uit die dag as hulle losgelaat word nie!!! Laat vsl bietjie daai oogklappe wat die kerk vir julle opsit!!

#sêmarnet ·

So jys okay daarmee dat jou kind sien dis okay om anale seks te hê as dit eintlik die mees abnornaalste ding onder die son is?? Jy klink bietjie siek.. arme kinders.

Valerie ·

Pa van drie, maar is dit nie snaaks dat geen duistere dinge in my huis of menigte ander se huise gebeur het nie;? Ek behoort nie aan ‘n kerk maar ek is ‘n gelowige. Vra jouself, wat is volgende? Ja, dis nie die skool se plig om jou kinders van God te vertel nie; dis ouers se plig. Maar hierdie gemors is nie seksvoorligting nie; dit is ‘n duidelike opening vir opportuniste.

Monya ·

En as jou kind die dag huis toe kom met rooi gehuilde oë en vir jou sê, sy moes vandag vir die hele klas haar geslagsdele wys???? Gaan jy dan nog bly wees??? Ek dink jy is simpel!

Ek is bly! ·

Fantasties! Dit is hoog tyd dat so iets geïmplimenteer word. Ek is bly my 3 kinders in die laerskool gaan hierdie vak meemaak. Word wakker mense!! Daar is baie duister dinge rondom julle aan die gang en dan wil julle weer die bybel en godsdiens hierby betrek. Eish!! Geen wonder julle kinders haak uit die dag as hulle losgelaat word nie!!! Laat vsl bietjie daai oogklappe wat die kerk vir julle opsit!!

Reinhardt ·

Stem saam Ek is bly. Ekt dit al so baie gesien, kinders wat beskerm word teen die wereld, die oomblik as drank hul lippe raak op universiteit haak hulle uit en dop al hul vakke.

Aan Dries – Ons noem nie ons name nie want ons weet hoe werk die internet. Jy moet dit dalk oorweeg.

Veerpyltjie ·

Ek is al 62 jaar oud en het in 1975 gematrikuleer. My Ouers was streng en Christelik en het ons met liefde en gesonde waardes opgevoed – seksopvoeding ingesluit. In Biologie op skool het ons die tegniese aspek (met prentjies) van voortplanting geleer, maar dit het mens nie voorberei op die rol wat hormone veral in tieners kan speel nie. Selfs daardie jare was seks en pornografie al vrylik beskikbaar aan die wat sou belangstel om daarmee te eksperimenteer en ja, daar was ook tienerswangerskappe wat deeglik weggesteek was deur die ouers van die arme dogter met wie dit sou gebeur. Ek voel dat seksonderrig op skool kan help om tieners voor te berei op wat se rol emosies ook speel. Om die kind van die feite in te lig bemagtig jy hulle met kennis. Kennis is van belang sodat jy weet dat seks nie vieslik en vuil is nie, maar dat daar ‘n regte tyd en regte persoon daarvoor is. Goeie seksonderrig bemagtig ‘n kind om bewus te wees van groepsdruk om deel van die “in” kinders te wees wat seksueel aktief is voordat hulle gereed is van die emosionele aspek daarvan. En om NEE te kan sê … Die ouers wat dink dat hulle hul kinders teen pornografie en seks kan beskerm deur hulle uit die seksonderrig by die skool te verwyder moet wakker word! Jul kinders weet lankal goed waarvan jy nie bewus is nie en wat nie jou goedkeuring sal wegdra nie!! Dit is ‘n Feit

Woedend ·

Dis die nuwe Suid Afrika. Dankie tog my kinders emigreer uit hierdie vrot land uit.

Wiehan ·

Wie de hel gee ‘n ander persoon die reg om jou kind sy/haar seks denke te leer. Elke ouer maak sy/haar kind op hul manier groot volgende hul geloof, kultuur en die manier hoe jy wil hê jou kinders moet groot word. Dis total verkeerd en hoort nie in sole nie. Seks opvoeding hoort in die huis gedoen te word, net soos seks tussen paartjies. Nie op enige plek nie. Dis hoekom dit met die wêreld so sleg gaan. Alles is geoorloof en die”opvoeder” en leiers se sien ins is al wat “reg” is en bast die res. Die wêreld is SIEK

Werner ·

Hier is n paar siek mense op hierdie forum ook wat kommentaar aanbetref.

Chris van Heerden ·

Ek is stom geslaan. Ek kan nie glo wat die ANC regering aanvang nie.

Mari ·

Dan word daar van my, as onnie verwag om hierdie leerinhoud aan orige graad 9’s te onderrig! Ek skaam my dóód, morsdood! Watter waardigheid bly daar van onderwysers oor, nie eers te praat van respek nie. Watter siek Onderwysstelsel het ons???
Het ek ‘n keuse as onderwyser om NIE dit te onderrig NIE ? Gaan seker geskors word…

Meraai ·

Mari, ek stem volhartig met jou saam, seks en seksvoorligting hoort by die ouers en om dit van die onderwysers te verwag is regtig verregaande, mens se eie waarde sisteem bepaal hoe jy oor seks dink en voel en vir my is dit ‘n persoonlike ding en nie iets wat jy metgemak met ander mense wil bespreek nie.

Krewel ·

Skrap maar Vrouedag en alle protesoptogte teen geslagsgeweld. Dit kan nie aangeblaas word deur nuuskierigheid te prikkel (die effek op elke leerder is onvoorspelbaar – wat vir een goed gaan wees, gaan vir ‘n ander en/of sy medemens tot nadeel strek) en dan te verwag ons verkragtingsyfer moet daal nie. Maar dit wys jou nou net wat die intelligensie -vlak van die sg. opvoeders is wat hierdie ‘leerplanne’ opdis. Ons verkragtingsyfer en geweldsmidsdaad-syfer sal ‘sky-rocket’. Sterkte vir almal met kinders op skool.

Michelle leR ·

Lyk my hulle probeer nou iets regmaak op die verkeerde plek en verkeerde manier. Dit sal nie skoolswangerskappe stop as daar nie morele waardes is nie.
Natuurlik moet daar voorligting wees, maar goeiste bied dit respekvol aan. Hulle sit die pot heeltemal mis as as hulle dink die gaan help. Die bevestig maar net weer tye as goddeloos/sonder respek.
Dit is nou nodiger as ooit dat ons meer kultuur eie skole ondersteun/skep.
Die alternatiewe vraag: wat sal gebeur as skole net eenvoudig weier om dit aan te bied? Het hulle genoeg ruggraat? Het ons ouers se ondersteuning om die skole hierin te steun?

Merie Perd ·

Plant Voort, Ek hoop jy se wat jy se met jou tong in die kies. Ongelukkig behoort jongmense eers seks te he wanneer hulle getroud is. Na 51 jaar van getroude lewe is ons seks nog net so goed as wat dut was toe ons getrou het. Gesonde verhoudings en respek vir mekaar is die beste ding wat daar is. Nie voorhuwelikse saambly en seks nie.

Merie Perd ·

Het die ouers en die kinders n se?
Dis n gruwelike en blatante skending van mense regte. My kind moet nou n ander kind se geslagsdele identifiseer. Hoe durf hulle my kind so verneder? Dis twak man, bring liewer respek vir ander mense, en menswaardigheid terug na die skole. Niks anders a varkagtigheid nie. Dis ouers se plig om hulle kinders in die verband op te voed. Die skool moet kinders moet liewer opgevoed word teen die gevare van dwelms en tiener seks sonder om explesiet te wees. SKANDE VULGER, SIES

Hesri Pieterse ·

Dit is beslis NIE die staat se verantwoordelikheid en plek om aan leerlinge morele-, godsdienstige- en sekonderrrig te verskaf nie. Dít is die ouer se plig.

Dis slegs die staat se verantwoordelikheid om AKADEMIE aan leerlinge te onderrig.

Hierdie hele seks onderrig-ding is deel van ‘n VÉÉL groter-, en BAIE duister agenda!!!

Christene moet BID, én hierdie bose agenda teëstaan. Om sodoende hul eie, maar ook ander weerlose kinders, so lank as moontlik te beskerm teen hierdie TOTALE aanslag.

Hertzog ·

As mense dink die is stukkend dan weet hulle duidelik nie hoe vandag se kinders is en wat hulle alles doen nie.

Andreas ·

En hoekom is kinders so van die pad af? Kyk die gemiddelde films, musiek videos, tydskrifte, gaan lees net W24 en sien watse snert hulle verkondig. Nou die gemors ook.

Oop Oge ·

Die sondeval was as gevolg van “seksvoorligting” wat satan vir Eva aangebied het…

Die uiteindelike vernietiging van die aarde sal asgevolg van dieselfde “voorligting” geskied.

Met seks het alles begin en met seks sal alles eindig… Sodom en Gemora was n voorbeeld…losbandigheid.

Seks onder die Mantel van God is eerbaar en heilig (huwelik) , andersins is dit satanies.

Quintin Douglas ·

Loutere snert! Ons as ouers moet teen dit opstaan. Elke onderwyser wat ruggraat het moet ook daarteen skop. Die huidige inhoud van my graad 5 kind se lewendorientering is reeds uit verband uit.
Seksuele bedrywighede onder 16 is teen die wet. Waarom hul op so jong ouderdom daaraan bloot stel?? Die polisie hou optogte om bewustheid te skep oor dade teen vrouens en kinders……… maar dis die vrug van die saad wat in skole geplant word. Vroeg ryp vroeg vrot is n ware gesegde wat oor honderde jare bewys is.
Die feit dat al die dinge as normaal en aanvaarbaar in ons kinders se koppe in gedruk word is net nog n tukkie vernietiging wat teen ons normes en waardes beplan word. Word wakker mense! Ons kinders ! Ons verantwoordelikheid! Ons besluit!

Drikus Kotze ·

Of jy nou kinders het of nie, dit is jou Christelike plig om ouers wat wel skoolgaande kinders het te help veg teen die gruwel. Het jy gedink kinders van God is op ‘n passasier skip, nee my mede Christen vriend elkeen wat waarlik kind van God is, is aktief op ‘n oorlog skip.

Ook n ma ·

Ek leer my dogterjie van 11 dat haar liggaam privaat is en dat niemand die reg het om aan haar te vat nie. Nou wil hulle dat my kind in klas verband haar privaatheid ontbloot en ondersoek…gaan nie gebeur nie…sy kan daai klas maar dop…

Ray ·

Elke land in Europa het seksvoorligting vir kinders op skool ….. Kom tog met die tye. Julle is erger as Voortrekkers.

Nika ·

@ Ray, ja en kyk hoe het die lande verval, hulle het geen skaamte nie! So jy dink dit is reg dat Gr4 leerders wat tussen die ouderdom van 9 en 10 is leer van seks opvoeding? Jy wil n kind van 9 en 10 wat onskuldige denke nog moet hê leer van homoseksualiteit? Dit gaan kinders wat nog onskuldig moet wees nuuskurig maak en promisku maak, so inplaas daarvan dat ons 16-19 jariges het wat alklaar swanger word op hoërskool nou 9-15 jariges wat eksperimenteer en swanger raak. Pleks leer hulle die kinders dat jou lyf jou eie is en niemand mag daaraan raak nie en wat om te doen indien jy verkrag, gemolesteer word of selfverdediging in sulke situasies.

Ouch! ·

Ek het nie so groot probleem met die konsep van voorligting nie, dit is nou maar waar dat baie ouers weens die agtergrond waaruit ons kom, nie met kinders oor sulke dinge praat nie. Baie van ons is maar baie eng grootgemaak, dis ons erfenis en ek kritiseer dit nie. Wat my wel bekommer is WIE die voorligting gaan aanbied. Hulle kan ons kinders nie wiskunde en tale leer nie want hulle kry skaars 25 persent in die eksamens so hoe gaan hulle hierdie kennis suksesvol en sinvol oordra? Dit verg mense met spesifieke kwalifikasies wat waar vandaan gaan kom? Ek het ernstige bedenkinge en voel dit raak tyd dat die goedbedoelende Angie ouers by haar besluitnemings betrek. Ons betaal en ons is geregtig op ons menings

Marissa ·

LO as vak kan gelos word en eerder vervang word met Bybelkunde waar kinders geleer word van die verskillende gelowe in plaas van verskillende maniere van seksualiteit

RP ·

Stem saam, maar gaan hulle van mitologie en ander staaltjies ook geleer word?

Louise van Deventer ·

Kom ons wees nou maar reguit. Net sekeres het hierdie nodig. Maar solank as die anc kinders betaal om kinders te kry gaan selfs n boek op skool hulle origheid nie stop nie. Nou word al die kinders oor dieselfde vrot kam geskeer.

Heksie ·

AG liewe Vader, help ons!
My kleinkind moet nog skool toe oor bietjie meer as ‘n jaar …

Prok ·

Julle kan met ‘n geruste hart en met die wete dat jul jul doopbelofte nakom jul kinders in enige CVO skool laat onderrig met die wete dat hulle Christelike lewensoriëntering sal leer wat hulle nader aan God sal bring in stede daarvan om wêrelds wys te word.

Prok ·

CVO skole het Bybelonderrig as verpligte vak wat geslaag moet word tot in graad 12.

Chris ·

My vriendin se seun het glat nie belang gestel in seks nie, todat hulle die video en bespreeking gehad het by die skool, nou is dit al waaroor hy praat, hy is in Graad 7

Tina ·

Dis erger oorsee. My skoonsus is in Australie en hulle leer van “transgender” en gebruik gesamentlike badkamers. Ons word soos Sodom – al wat Abraham kon doen was wegtrek van Sodom, maar waar gaan ons dan heen? Dalk moet ons Afrikaanse Model C-skole privatiseer en aanbied om hulle eie handboeke te skryf, te finansier en te gebruik. Ek weet die regering is geld sensitief – enigeiets wat hulle geld spaar sal aanvaar word.

JohanL ·

Ouch – dankie ek dink jy som dit korrek op.

Reg – vergewis jou dalk eers van die werklike INHOUD van wat gedoen wil word. Dalk sal jy dan saamstem dat die inhoud nie pas vir die betrokke teikengroep leerlinge nie.

Net nog ‘n bewys dat die regering dinge nie goed deurdink nie. Die idee is goed maar dan……… ai geen verdere denke nie.

Helena ·

Is daar enige petisies wat al opgestel is wat onderteken kan word? Die seksvoorligting wil hulle al volgende jaar inbring. Dus is daar minder as n kwartaal oor om hieraan aandag te gee. Daar moet dringend iets gedoen word. Ongelukkig het nie alle ouers die finansi”ele vermo”e om hulle kinders in CVO-skole te sit of tuisonderrig te gee nie. Die ouers moet tog teen dit kan opstaan.

Vir die persoon wat genoem het van al die swangerskappe by n skool in Jhb. Ek glo opvoeding begin by die huis. Die hippie-tyd moes skrikwekkend vir die ouers van die kinders van daardie era gewees het. Die ouers het magteloos toegekyk hoe hulle kinders aangegaan het.

Toe my man in 1988 in gr. 11 was, was daar daardie jaar 9 swangerskappe by die skool waar hy was. Dus was en sal vrye seks ongelukkig altyd deel van die samelewing wees, maar dat losbandigheid toeneem en alles al meer aanvaarbaar word, is beslis so en ek dink nie seksvoorligting by die skool gaan dit enigsins verminder nie. Dit gaan die kinders net nuuskieriger maak – iets wat beslis nie nodig is nie. Navorsing het bewys dat n kind net 1 keer aan pornografie blootgestel moet word vir hom/haar om skade op te doen – al is dit net 1 foto/prent.

Weet iemand dus of daar al enige petisies teen die seksvoorligting opgetrek is wat ons kan onderteken?

@ek is bly & annette ·

Nie moeilik om te skat waar julle vandaan kom nie. Dit is waar dat daar vroeer jare bitter min tiener swangerskappe in ons gemeenskap was. Hierdie simpelgeid wil nou in opgevoede kinders afgedwing word ter wille van die onopgevoedes wat geen selfbeheersing het nie, omdat hulle nie die leiding by die huis ontvang nie. Of dalk juis?

galore ·

ek sou se gee eerder die bybel in voorligting klasse.
Nie my kind op die ouderdom van 11 begin leer van al daai goed nie.
2021 gaan die graad 1’s seker ook daarvan begin leer?
nee nee nee nee en nog nee

Rika ·

Ek voel dat dit n ouer se plig is om hul kinders die noodsaaklike dinge te leer. Soos ons ouers vir ons oor die blommetjies en bytjies vertel het. Ek dink dit is belaglik dat kinders al van die ouderdom van Gr4 af oor sulke snert moet leer. Op daai ouderdom moet hulle nog karretjies en pop speel. Nou wil hulle al op skool begin leer om kinders op n nog vroeer ouderdom bewus te maak dat daai goed nie net gemaak is om deur te pieps nie. Hulle behoort die ouers se toestemming te kry voor so iets aan leerders oorgedra word. n Ouer moet consent gee, want nie almal wil hulle kinders al op so n vroee ouderdom blootstel aan sulke dinge nie. Ja, hulle moet die basiese weet, maar dit wat nou geleer wil word is belaglik en heeltemal onnodig.

Schalla ·

Stem saam met van die kommentators dat ons kinders tog deur vriende aan goed blootgestel word waarvoor hulle nie reg is nie. (Komaan manne wees eerlik, wie van ons het nie al ouboet se SCOPE onder hande gehad lank voordat ons dit self mog koop nie???)

So in ‘n mate stem ek saam met van die kommentators dat dit dan seker veiliger is as dit in ‘n veilige skoolverband gedoen word. Die probleem is egter, ek dink ons meet die boodskap wat in ‘n veilige skoolverband aan kinders geleer word aan die boodskap wat toentertyd toe ons nog op skool was aan kinders geleer is, en daai jare was dit gebasseer op wetenskaplike feite en Christen-gelowige beginsels. Dit het nooit die abnormale probeer normaliseer nie en dit het bowenal altyd die boodskap oorgedra dat volgens die Christen geloof voorhuwelikse seks of homoseksuel seks sonde is. Daai boodskap gaan nou heeltemal verlore en ek is uiters geskok oor veral hule beskrywing van geslag hierbo waar hulle allerhande gemors praat van wat mense dink en hoe hulle voel. Twak! Wat doen ‘n dokter as hy die baba gevang het? Hy dop die kind onderstebo, slaat sy boudjies dat hy huil (om eerste asem te skep) en dan kyk hy tussen die kind se bene en gee die baba aan die Ma en gebasseer op wat hy tussen die kind se bene gesien het sê hy een van TWEE dinge: Geluk met jou seun/dogter… So eenvoudig soos dit!

Poppie ·

Ek verkies om eerder SELF hierdie inligting aan my kinders oor te dra, as wat hulle dit ontvang op skool deur ‘n skool vak. Nee dankie, baie hormone op skool gaan geprikkel wees …. en hormone gaan wakker word!
Waarheen gaan ons skole tog?

Adri ·

My opinie Lewensoriëntering is ‘n nuttelose vak. Nog niks wat my kinders in die vak gekry het om te leer het hulle toegerus vir die regte lewe nie. Ons moes nou ‘n taak doen en ‘n nuwe hopscotch speletjie ontwikkel, en ‘n taak oor waar kom sokker vandaan en dit was vir graad 10. Toe my kinders in graad 4 was en hulle met die seksvrae by die huis gekom het vir huiswerk het ek hulle teruggestuur skool toe en gesê die juffrou moet maar help want dit is nie wat ek vir my kinders op 10 jarige ouderdom wil leer nie so ons het nie die huiswerk gedoen nie.

Aster ·

Man, ‘n mens het nie ‘n vak op skool nodig om hierdie goed te leer nie. Dis tyd mors. Ons ouers en voorouers het ons en hulle kinders self geleer van die blommetjies en bytjies en dit was dit. Hierdie is net ‘n opstook van nuwe probleme vir die toekoms…asof ons nie al klaar genoeg het nie!

Jannie ·

Skande. Ek hoop en vertrou iemand soos Gerrie Nel (prokureur) sal hierdie kwessie aanvat aangesien ‘n sekere politieke party, wat veronderstel is om dit te doen, hul eie interne roem-jag uitsorteer.
Blatante openbare ontbloting. Druis in teen alle (ordentlike) menslike waardes en sedes. Die minister sal seker in haar volgende “Loslyf” handboek die gebruik van hulpmiddels ook insluit.
WALGLIK!

Sulet ·

O weë… ek wonder hoeveel ouers gaan begin met tuisonderrig

Casper Labuschagne ·

Die beginsel van vroeg ryp, vroeg vrot het nog nooit verander nie. En oor die volgende dekades sal die resultaat hiervan duidelik wees.

Die probleem is dat die stabiele Christelike huisgesin die vyand van die linkse ideologie is. Daarom word alles moontlik gedoen om daardie stabiele bousteen van die westerse samelewing af te breek en is dit die reg van die staat om kinders te onderrig, vanaf eksplisiete seksvoorligting op ‘n bloedjong ouderdom tot die verbod op ouers om lyfstraf toe te dien.

Vir my is die uitkoms hiervan vanselfsprekend ‘n reuse ramp, maar diegene wat diep uit daardie blou bottel linkse ideologie gesluk het sal hewig met my verskil.

Yolandi ·

Bring God terug in skole en Los die sex goed.dan vra hul hoekom rak kinders so vroeg ouers oor skole dit v hul moet leer.sies ek stem Vir selfverdeging klass en Godskap terug in ons skole nie Die gemors nie.Dit sit ons onderwysers ook in n moeilikheid posisie want watse respek gaan ñ Kind Vir ñ juffrou hê as sy dit aanbied….nee my kids sal dit nie leer in daai grade…

annette bam ·

kan n mens Solidareit kry om teen hierdie te baklei. Verkragtings gaan toeneem!!

Willem Dreyer ·

Bekende waarheid ” Give me a child untill he’s 10 and his mine” Dis die KRITIEKE vormingsjare van ‘n kind. In Japan word daar by kinders in hierdie ouderdomsgroep op skool ‘n “leer-kultuur” gekweek, hulle word geleer om te kommunikeer en, belangrikste, SELFRESPEK en RESPEK vir hulle minderes, gelykes en meerderes vorm ‘n integrale deel van hierdie opleiding. As hierdie waardes by ‘n kind ingeprent is, is dit nie nodig vir hierdie “sex grooming” nie (Ja dis al wat dit is!!)

Anna Sulliman ·

As a mother of daughters and one teenager in the making, I do not believe that they should continue with this type of curriculum.
It will make life a little harder for our girls and they might end up being victimized and getting hurt. As if being bullied is not enough for some of them.

I believe that the department of education has lost their morals and Angie should be removed from being the Minister as she clearly haven’t raised girls of her own. I think mass marches for this vile subject should be started in order to preserve our kids and what the department of education wants to expose them to. Angie’s incompetence and failure as a mother, sister aunt and grand mother is apparent in her acceptance of this.
Schools officially are the baddest place under the sun for our kids.

sune ·

Nee, ek stem glad nie saam dit nie. My seun gaan volgende jaar graad 4 toe en eks jammer maar dit gaan my nie aan nie. Daar is nie n manier dat ek sal toelaat dat hy in so klas moet sit nie. Ek voel net as ouer het ek hom nog al die jare beskerm, hoe minder hy weet hoe beter! Ek verstaan dat hulle al op die ouderdom meer weet as wat ons dink maar volgens my is hy nog baie baie dom wat dit betref. Ek en sy pa is nou al 6 jaar uit mekaar en hy wil by my weet hoekom is my vriend saam wie ek nou al 4 jaar saam is nie sy regte pa nie want ek bly dan nie meer saam sy eie pa nie. Ek gee nie om wie wat se nie maar dit is nie reg nie. Sodra hul begin vra vrae dan moet mens maar try verduidelik en mens doen dit op so manier dat hulle nie in detail moet weet nie. As ek wou gehad het hy moes groot wees voor sy tyd sou ek hom als vertel maar ongelukkig is hy nog kind en dis waar dit moet bly. Laat die kind nog kind wees.

Mari ·

Daar moet tog eers ‘n studie gedoen word, voordat nuwe leerplanne aan skole gegee word?
Ek dink skoolhoofde moet ‘n meningsopname onder onderwysers en ouers doen om te bepaal wat is gepas om aan leerders te leer. Dié menings moet skoolhoofde op ‘n vergadering met belanghebbendes (waar is die Beheerliggaam van skole betrokke?) bespreek.
Glo my, ek is nie verstok in my denke nie, ek werk met tieners, ek wéét waarmee sommiges hulle ophou. Maar wraggies, al die kinders is nie dieselfde nie.
Natuurlik moet kinders van kleins af geleer word oor hulle liggaampies, en wat privaat is en daar moet aan hulle vertel word dat alle mense nie vertrou kan word nie. Dit is die mamma en pappa se werk. En kinders moet weet om moeilike vragies aan ouers te vra. As jy nie die vragie kan beantwoord nie, kry ‘n boekie, daar is baie wat op verskillende ouderdomsgroepe gemik is. Boesem die vertroue in, sodat jou kind met vrymoedigheid na jou toe sal kom met ongemaklike vrae.
Sal maar sien of dit werklik geïmplementeer sal word.

Gerca ·

Jy kry hoofde wat ruggraatloos is. Glo my ek het onder een van hulle gewerk. Ek se NIE alle hoofde is ruggraatloos nie. Ek se net sommige van hulle is.

Natasja Greyling ·

Waar is die departement se morele waarde heen, Ek het volgende jaar n kind in gr4, ek sidder om te weet wat daar gaan uitbreek. Skool is veronderstel om n plek van veiligheid te wees vir ons kinders ,nou word hulle gedwing om van dinge te leer wat glad nie van pas is vir hulle ouderdom nie. Hoe gaan ons as ouers te werk kan gaan om die ding stop te sit. Wat het laerskool kinders inelkgeval met sex uit te waai hulle moet nog speel… Soos my pa altyd gese het ” vroeg ryp , vroeg vrot” dit is wat met ons kinders gebeur…
Die kurrikulum gaan teen al ons huislike en Christelike waardes….

Annemie ·

Onderwysers is glad nie op gelei om so ‘n kurrikulum aan te bied nie. Meeste gaan net se dat die kinders dit saam hul ouers by die huis moet deurlees.
Die feit dat sulke onwelvoeglike materiaal in jong kinders se handboeke verskyn spreek boekdele van diegene en die department se bevoegdheid wat dit geskryf het. Dis absurd!!!

Janet ·

OUERS WORD WAKKER !!!! en kyk dieper gaan op Errol Naidoo se site Watchman on the Wall (familypolicyinstitute) hy probeer al van 2014 ouers waarsku om op te tree teen die gemors daar is video clips en nog meer. Dit is siek verby en kinders moet teen die gemors beskerm word. TREE OP VOOR DIT TE LAAT IS

Sies Man! ·

Die Hoofde en Onnies in die Staatskole moet die streep trek! Weier net summier om dit aan te bied! Angie kan tog seker nie almal fire nie!

Adam ·

Ten minste een vak waar geen kind sal kan kla dat sy omstandighede sy prestasie negatief beinvloed nie.

CVO? ·

Asseblief! Hierdie CVO blasers kan maar ophou met hulle ‘sales pitch’. Mense (insluitend Christene) wat nie aan hulle kjerk-kliek behoort nie word weggewys. Ons het gelukkig daarna besluit om te emigreer en ons is nie een dag spyt nie.

Anti porno ·

Sag of hard, pornografie bly pornografie, en om dit in die skoolkinders se kele af te druk is siek, maar dit kom van n siek regering wat nie God se waarhede eerbiedig nie om dan die lewenswaarhede op kinders af te forseer wat later net gaan lei tot n siek gemeenskap van vroue mishandeling, miskenning en verkragting wat reeds hoogty vier in n deel van die land se bevolking.

Louise Verster ·

ek as ouer gaan weier dat my kind daardie periode in die klas wees en deel wees van die vulgêre “opvoeding” daar was nie aan ouers gevra hoe voel hulle oor die tipe blootstelling nie,, dis 10jariges wat dit gaan moet “leer”, ek weier volstrek my kind kan maar met die grootste graagte daardie vak druip…. bring eerder bybel klas terug en leer hulle van respek en waardes in die lewe,

Andrè ·

Na amper 40 jaar in die onderwys en te doen gekry met dieselfde van wat nou meer eksplisiet vir kinderlike kinders aangebied gaan word,moet ouers hul kinders uit die klasse verwyder. Dit is jul reg,my ouers het gevra om nie met seks inligting voort te gaan nie. Dis nie opvoeding nie, maar skrikwekkende inligting vir onskuldige bloedjies.

Biebie ·

NEE! My kinders sal dit NIE bywoon nie! Pornografie, selfde-geslag verhoudings en aborsie is teen my geloof! Dis SONDE! Ons regering en onderwysdepartement is siek verby man! Julle IS MAL, SIESA!!!

Sê ook ma net ·

En so kook die ou paddatjie… En die mense is siende blind. Die storie kom al ‘n rukkie. Eers die geloof storie wat verwyder moes word uit skole. Toe die ding met Afrikaans wat ook verwyder moet word uit skole. Die mense is lekker saggemaak. Hulle het geweet dat christelike skole so iets nie sal toelaat nie, en die Afrikaans sprekendes sal ook ‘n probleem hê. Bly maar tog net stil oor hoe dinge nog al hoe erger gaan raak, want praat jy die dieper dinge dan verbeel jy jou mos en sulke goed sal nooit gebeur in onse ou SA nie.

Monique ·

Ek gee nie n hel om wat die staat of enige iemand se nie. Dit pas my glad nie wat die bybel en Here is in my huis teenwoordig. Ek sal om gee omstandighede my kinders met sulke twak in skool laat bywoon nie. Plaas keer die onderwys terug na die Here en leer kinders om hulle beter aan die Here toe tewei as om met sulke dinge te deel. Ons wereld val uit mekaar en die Here raak weg. Ek sal my kids self deur sulke dinge sit en vertel as dit my pas en die tyd is reg. Nee dankie hulle kan vergeet dat my kids dit sal bywoon.
Gebed: Here ek dra al die kinders op in U Heilige Naam dat hulle wysheid sal he en weet dit is verkeerd. Here staan ook al die ouers by wat kinders wil reg opvoed. Ek pleit die Bloed van U oor hulle en spreuk geneesing uit oor hulle denke. In Jesus Naam Amen

AVS ·

En so kan ons onderwys departement nie verstaan hoekom ons skole se slaagsyfers so laag is nie. Kinders is nie dom nie, op een of ander manier sal hulle wel uitvind wat seks is, hoekom dit op skool as vak gee??? Soos ek dit sien gaan hulle geleer word dat seks net seks is en geen betekenis het tussen 2 mense nie. Dis om van te kots man.

Martie ·

Die duiwel is besig om orals in the wurm, met ons verkragting en geslagsmisdaad, waar Gaan daai syfers Dan heen. Ouers most saam staan sodat ons goeie waardes in skole kan seevier. Soos my ouma sou se, wyk satan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.