Nuwe KZN-premier pos 4 LUR’e

Willies Mchunu

Willies Mchunu

Willies Mchunu, KwaZulu-Natal se nuwe premier, het Maandag ʼn kabinetskommeling aangekondig met vier LUR’e wat die trekpas gekry het.

Mike Mabuyakhulu, LUR vir ekonomiese ontwikkeling, word vervang deur Sihle Zikalala, die ANC se KwaZulu-Natalse voorsitter, terwyl Peggy Nkonyeni, LUR vir onderwys, deur Mthandeni Dlungwane vervang word.

Cyril Xaba, LUR vir landbou en landelike ontwikkeling, is met Themba Mthembu, die provinsiale sekretaris van die SAKP, vervang. Bongi Sithole-Moloi vervang Ntombikayise Sibhidla-Saphetha as LUR vir sport.

Mxolisi Kaunda is intussen aangestel as LUR vir vervoer en gemeenskapsveiligheid, ʼn portefeulje wat voorheen deur Mchunu beklee is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.