Nuwe laekoste-lugredery kry vlerke

flysafairʼn Nuwe laekoste-lugredery, FlySAfair, het sy lisensie bekom om plaaslike vlugte in Suid-Afrika te bedryf.

“Die boodskap is duidelik: FlySAfair is hier om te bly,” het Dave Andrew, die lugredery se uitvoerende hoof, aan The New Age-koerant gesê.

“Ons sien daarna uit om aan Suid-Afrikaners alternatiewe opsies vir laekoste-vlugte in die land te verskaf en is toegewyd om mededingende pryse vir vlugte tussen Johannesburg en Kaapstad aan te bied.”

Die datum vir die amptelike bekendstelling van die redery en die datum van wanneer kaartjies bespreek kan word, sal nog bekendgemaak word. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Peter Says ·

Hoera!!!! Hoog tyd, die vlug pryse is tans buitensporig hoog, hoop die nuwe redery begin gou sake doen.

Bokkie O`Connell ·

Kan iemand asseblief vir my se waarheen kan ek my dogter se C stuur om aan soek te doen vir lugwaardin sy het Februarie haar kursis geslaag en haar lisensie vir Lugwaardin gekry sal dit baie waardeer

Shantel ·

Yippee…. hopenlik sal ek by my familie in Jhb kan gaan kuier…. na 5 jaar

yolandy ·

Awesome!hoop jul gaan namibia toe vlieg.daar is vrrseker n lugdiens nodig wat ook reguit rundu toe vlieg!!!
Stuyr pryse asb!!

Marlene ·

Mense julle almal kla oor die lugrederye wat so duur is maar gaan kyk bietjie op jul kaartjie moet nie altyd die lugrederye blameer nie kyk wat betaal julle op airport tax dis ACSA. Die airport tax is meer as die kaartjie.

Almerie Jansen van Vuuren ·

Stuur asseblief prys lyste sodra beskikbaar is! Dankie

Elize ·

Jipeee!! Sal daar vlugte na Oos Kaap ook wees? Stuur asb pryse.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.