Nuwe landelike veiligheidsplan vandeesweek bekend

(Argieffoto: Heritage Protection Group)

Die minister van polisie, Bheki Cele, en die nasionale polisiehoof, genl. Khehla Sitole, stel Vrydag die hersiene nasionale landelike veiligheidstrategie in Makhado (Louis Trichardt) in Limpopo bekend.

Die plan is onder meer daarop gemik om ʼn plaasveiligheidsplan daar te stel wat ʼn vinnige en gesamentlike reaksie op voorvalle moet verseker en ʼn veilige landelike omgewing moet help skep.

Die organisasie TLU SA sê hy steun dié plan en het op nasionale vlak met die polisie saamgewerk om die strategie te ontwikkel. “TLU SA is reeds sedert die laat negentigs in landelike gebiede bedrywig met plaaswagstrukture. Samewerking met bestaande gemeenskapspolisiëringstrukture asook die private veiligheidsbedryf bevestig dat konstruktiewe deelname die enigste oplossing is,” het Drickus Botha, TLU SA-Noord se streeksbestuurder, Woensdag gesê.

“Gevolglik word wetsgehoorsame burgers en belangstellendes aangemoedig om by plaaswag- of gemeenskapsveiligheidstrukture betrokke te raak.”

Die organisasie sê die strukture wat hy die afgelope jare gevestig het, is ook in ooreenstemming met die polisie se struktuur en strategie gedoen.

“Ons doen ’n beroep op politieke partye om die bestaande strategie en deelnemende organisasies en strukture te steun. Die betrokkenheid van onafhanklike mense, soms met eerbare bedoelings, verwar andersins net bevel en beheer tussen deelnemers,” het Botha gesê.

“TLU SA versoek verder enige ander organisasies wat op die terrein van landelike veiligheid beweeg, om saam te werk. Die oor-en weer-gestryery doen landelike veiligheid niks goed nie. Dit is ook belangrik dat organisasies hulle moet bepaal by hulle kernbesigheid en die polisie nie voortdurend kritiseer oor hulle werksaamhede nie.

“Ons sien daarna uit dat begrippe soos ‘gemeenskap in blou’, ‘landbouvriendelike reservistestelsel’ en ‘landbouveiligheid’ in die breë sin van die woord, al hoe meer gebruik sal word,” het Botha gesê.

TLU SA sê hy is verbind tot die landelike veiligheidstrategie en is oortuig dat dit landelike veiligheid gaan bevorder as alle rolspelers saamwerk om boere en plaasbewoners volhoubaar en veilig op plase te hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Andre Naude/Louis Trichardt ·

Dit is amptelik Louis Trichardt en nie Makhado nie.Dit het 15 jaar geneem om die hofsake teen die naamsverandering te wen.

pieter ·

Klink goed maar mense moet julle nie blind staar nie dit is dingaan se ou planne, verder weet die ingeligdes wat gebeur het.

Regs! ·

Ons polisie se reaksie is van die beste ter wêreld! 99,9% van die tyd is hulle alreeds op die toneel terwyl die misdaad nog gepleeg word!

aj ·

Whaaa … haaa …. haaa …!

” … beste polisie ter wêreld …!” … hoe lekker lag ek nou!

Al ·

Ek wonder, kry die sekuriteits en landelike beveiligingsorganisasies darem belastingkorting vir hul maatskapye, aangesien hul in ondersteunende hoedanigheid die polisie help?

At ·

Stem, hulle kan gemaklik aanvalle beplan uit ‘n amptelike posisie, dit kan moontlik negatief vir ons uitwerk, en dis geen pesimisme, net realiteit.

Jantru ·

TLU julle sal alleen verbind wees tot die veiligheidstategie!! Die polisie sal julle weer en weer en weer in die steek laat!! Vergeet van samewerking van enige van die staats departemente, hulle is nie gebore instaat om enige verskil of bydrae te lewer nie!! Wys asb net een staats departement wat korrek funksieneer!! Moeinie u met die semels meng nie!! Die varke gaan u vreet!!

aj ·

As TLU betrokke raak by die plan is daar ten minste ‘n mate van TOESIG oor die polisie …. wie se salarisse uit ons belasting betaal word!

Riekie ·

Interessant dat dit ook in Limpopo is waar die afgevaardiges van Israel so 3 weke terug 1ste na gegaan is om ondersoek in te stel oor onder andere die boere wat so uitgemoor is. Dalk nie Minister Cele se idees gewees nie

KO ·

Planne en nogmaals planne, vir die afgelope jare maar geen uitvoering.

George in Bloem. ·

Die ou kommando stelsel sou al hierdie nonsens tjop tjop uitgesort het. Maar nou ja,dis mos nie meer “polities korrek” nie. Belaglik skandalig terwyl onskuldige mense daagliks op die wreedste maniere denkbaar sterf. Hierdie ANC regering se hande drup van my mense se bloed……….

lhs ·

So die plan is om mooi saam te werk om die kriminele vinnig te probeer vang na die misdaad gepleeg is. Dit is nie landelike beveiliging nie. Geen dooie stel meer belang in hoe vinnig wie ookal opgetree het na die tyd nie.

Sarel ·

Die berig moes eintlik lees dat landbou organisasies die geleendheid gebruik het om by te dra tot die hersiene plan. Maar nou ja daar is mos maar altyd die oppertunis. Waarom die nationale uitrol in Limpopo, dit is die president se Provinsie van herkoms en wil hy die uitrol self bywoon.

Leon ·

So gaan hulle die kommando stelsel terugbring. Andersins mors hulle, hulle tyd.

John ·

Gaan Cele nou sy eie kommando-stelsel op die been bring: Eerstehandse inligting vir misdadige-elemente insamel? Stede kan nie eens die polisie vertrou nie. Die weermag is in die Wes-Kaap ontplooi en die moorde duur voort.

Rerig ·

Het Afriforem nie so week of twee terug met plaas beveiliging begin nie?
Is die nou weer n mosterd na die maal reaksie?

Jerry ·

Dit is regtig tragies om te verneem dat ons mense so desperaat geraak het dat hulle wragtigwaar gaan staan en vir wolf die skaapwagter maak. Daar is talle voorbeelde en feite wat hierdie stelling van my staaf. Ongelukkig is dit om watter rede ookal nie geplaas nie. Die mense wat landelike beveiliging hanteer is so uit hulle diepte uit, maar hulle moet nou maar net so voort doen, want hoor is min en ek moet se dat dit is lankal nie meer snaaks nie. Soos Steve se, dis nou maar hoe dit is. Boere is veronderstel om te boer en sangers is veronderstel om te sing, maar helaas toe nou nie!

Corrien ·

Die besoek van Israël moes ons die volgende geleer het. Die vyande is almal en alles wat nie soos jou lyk nie. Hulle word voor die voet gevang of geskiet, of naar hulle steeds kleiner tuis lande gestuur. Ook hulle huisje word eenvoudig met die grond gelyk gemaak. Net daarom bestaan Israël nog. Ook het elke jood tenminste 1 volautomatiese wapen wat hy nooit in ‘n kluis toesluit nie.

Alex ·

Ons kan ongelukkig net leer as jy jou eie land het, kan jy jou eie wette maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.