Nuwe lede van ANC-NWK bekend

ANC-se-vlag-deur-ANA

Die ANC se vlag. Foto: ANA.

Die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) het Saterdag die name van die 20 addisionele lede van die party se nasionale werkskomitee (NWK) bekend gemaak.

Vroue word veral goed verteenwoordig op dié komitee.

Ace Magashule, die ANC se sekretaris-generaal, het in ʼn verklaring ná die NUK se vergadering op 18 en 19 Januarie in Irene in Pretoria – die eerste vergadering ná dié party se 54ste konferensie – gesê dat dié lede bykomend tot die ses top-beamptes gekies is: Nkosazana Dlamini-Zuma; Lindiwe Sisulu; Naledi Pandor; Jeff Radebe; Angie Motshekga; Derek Hanekom; Edna Molewa; Thoko Didiza; Nomvula Mokonyane; Nathi Mthethwa; Ronald Lamola; Tina Joemat-Pettersson; Dakota Legoete; Senzo Mchunu; Zizi Kodwa; Tony Yengeni; Bathabile Dlamini; Nomaindia Mfeketo; Barbara Creecy en Thandi Modise.

Die presidente van elk van die drie ANC-ligas sal op die NWK dien in ʼn ex officio-hoedanigheid.

Die NUK hou op 20 en 21 Januarie sy tweejaarlikse lekogtla om sy program vir 2018 te bepaal.

“Die NUK het ooreengekom dat die ANC met mening moet optree om die vertrouensbande tussen die mense en die beweging te herbou, om die waardigheid van die beweging te herstel en die morele legitimiteit van ons beweging terug te neem.”

Die NUK het ook ooreengekom op verskeie organisatoriese kwessies, insluitend die skorsing van die uitvoerende komitees in KwaZulu-Natal en die Vrystaat.

“Die beamptes, onder leiding van Cyril Ramaphosa, sal aanhou met hul gesprekvoering met pres. Jacob Zuma om effektiewe koördinasie tussen die ANC en die regering te verseker,” het Magashule gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

SjN ·

Is daar nie van die name wat onder verdenking is en hofsake hangend nie.

Wonder maar ·

Sal nie snaak wees as almal onder verdenking is van iets nie. Nuwe klop om tevat wat oor is

Jan Britz ·

Agge nee! Ek sien heelwat ou vrot appels in die lys! Hoop nie hulle skaak die ou bietjie hoop wat ons gekry het en gaan voort met hulle plundertog en die vernietiging van ons mooi land nie. Ek kan nie dink hulle sal nou skielik ‘n nuwe begin maak nie. Dinge lyk nie goed vir Suid Afrika nie!.

Johan de Klerk ·

Hou duim vas dat dit maar net binne die party so sal bly, en dat die regte keuses gemaak sal word as by die samestelling van die parlement kom. Taktiek van CR om die party vir nou om hom te verenig ?

Piet Pille ·

Jan ek dink hulle is almal vrot appels. Stem saam daar is geen hoop. Sal maar net voortgaan waar die ander gestop het, dit is mos “skep terwyl jy kan”

Ouma ·

Niks gaan verander en ons geagte prez gaan ook net bly waar hy is. Vrot soul. Nou gaan die rand weer in sy kanon val.

Johan ·

Diselfde lokomotief met vrot wiele hahahahahaha hoe stupid dink hulle is ons.

snoefie ·

moet n mens n tronk rekord hê om tot die vinnekring toegelaat teword? kwalifiseer almal?

Bernard Hellberg ·

Die enigste misdaadbende wat sy lede se name openlik bekend maak?

Afrikaanse Knaap ·

Dit boesem geen vertroue in my in nie.
God help ons.

Daniël ·

Daar is darem ‘n paar wat in die Cyril kamp is… Naledi Pandor, Derek Hanekom vang die oog… Dis in elk geval ‘n beter groep as die afgelope 10 jaar, al is daar nog vrot appels!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.