Pta-pa gevind ná nuwe leidraad

Tiaan Barnard. Foto: Facebook.

Die soektog na Tiaan Barnard (35), die vermiste man en pa van twee van The Reeds in Pretoria, het Donderdag tot ʼn gelukkige einde gekom.

Veronica Barnard, sy vrou wat al byna tien jaar met hom getroud is, het Donderdag aan Maroela Media gesê dat Barnard gevind is en in die Unitas-hospitaal in Centurion behandel word. “Hy is lewend en gesond,” lui ʼn boodskap van haar.

Veronica kon nie onmiddellik telefonies bereik word nie.

Maroela Media het vroeër berig Barnard het Maandag vermis geraak op pad na die ambassade van die Demokratiese Republiek van die Kongo om ʼn kwessie oor sy visum uit te sorteer.

Veronica het vroeër Donderdagoggend gesê dat die polisie ʼn leidraad opvolg en besig was om met helikopters na Barnard te soek in die Diepsloot- en Erasmia-omgewing.

Kapt. Agnes Huma, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat die polisie se ondersoek Donderdagoggend voortgeduur het en dat hulle Donderdagoggend na Barnard gesoek het met die hulp van die polisie se lugvleuel.

“Daar is verskeie eenhede ontplooi,” het Huma gesê.

Veronica het vroeër gesê dit was Barnard se plan om later Maandag ʼn vlug na die Kongo te haal. “Hy reis gereeld na ander lande vir sy werk. Hy is in die landboubedryf en help boere spesifiek met suikerrietstropers en opleiding rondom die gebruik daarvan,” het sy gesê.

Sy het gesê sy het Tiaan later die dag probeer bel aangesien hy gesê het hy sal haar by die werk kom groet voordat hy vertrek en hy nooit opgedaag het nie. Sy foon was af, maar sy het vermoed hy het dit dalk afgeskakel by die ambassade of dat die battery miskien uitgeloop het.

Teen die tyd dat sy om 17:00 by die werk gery het, het sy Tiaan se kantoor asook een van sy broers probeer bel, maar hulle het vir haar gesê dat hulle hom ook nie in die hande kon kry nie.

“Toe ek teen 18:00 by die huis kom het ek Monitor Net geskakel en hulle het gehelp en ons het ernstig begin navrae doen en begin rond bel. Ons het die polisie gevra om uit te kom om ʼn saak oop te maak. Toe hul teen 21:00 nog nie uitgekom het nie, is ek met my ma en kinders en almal om 21:30 in die kar na die Wierdabrug-polisiestasie en het toe die saak daar aanhangig gemaak,” het sy gesê.

ʼn Onbekende man het Veronica Dinsdag gebel en vertel dat hy Barnard se paspoort met haar naam en nommer daarin op die R511 tussen Erasmia en Diepsloot by ʼn vulstasie opgetel het.

Barnard se verlate motor, ʼn silwer Fiat 500x, is Dinsdagaand by die Wonderboom Junction-winkelsentrum opgespoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

belinda ·

hoe en deur wie is hy by unitas hospitaal gevind, iets nie lekka ni.

BB ·

Kan ons nie net dankbaar wees die jong man is lewend en gesond gevind nie?

Francois Joubert ·

Die berig se hy is gevind en word in die hospitaal behandel. So ek aanvaar hulle het hom nie in die hospitaal gevind nie maar wel soontoe geneem.

Diana Bezuidenhout ·

Hoe kan jy se iets klink nie vir jou lekker nie as jy nie self met die man of sy vrou of met die polisie gepraat het nie,kan ek nie dink jy kan komentaar lewer nie ?? Die man is veilig gevind die omstandighede maak nie saak nie . As jy ooit in so situasie was sal jy weet mens moet hospitale en lykshuise bel en hoor of hy daar is !

Sussie ·

iets nie lekker nie ek stem Belinda, hoekom was hy in die hospital en hoe het hul geweet hy is daar? blakend en gesond?

Santjie ·

Die berig se “lewend en gesond” – groot verskil tussen dit en “blakend en gesond”

Respek ·

Dit is nie altyd nodig om alles te weet nie, gun die gesin om deur die trauma te werk. Baie dankbaar dat hy lewendig is.

Anel ·

Bly is lewend gevind en nog ‘n statistiek nie. Jammer die hospitaal kon sy familie nie in kennis stel nie. Daarom is dit uiters noodsaaklik om by CrisisOnCall aan te sluit. Op sy bandjie sou hulle dadelik kon sien wie hy is en sy naas bestaandes kon ook in kennis gestel word. Dit is regtig die moeite werd.

yolanda ·

gee ons asb beter inligting,,,iets beslis nie pluis.. ons share en deel as iemand gesoek word,,,, ons verdien ware storie

Albaster ·

Jolize, want daar is mense wat help soek het en geregtig is op antwoorde. En ons moet almal leer uit wat gebeur, die land is aan die brand.

SW ·

Ek weet van ‘n gaval waar hulle ‘n man gekaap het, en hom iets maak drink het. Hy was so bedwelm dat hy amper niks kan onthou nie…. Dit was in Middelburg. Hy het wonder bo wonder ‘n skoot afgevuur, en hulle het gevlug. Hy het so bedwelm bestuur, maar weet tot vandag nog nie hoe hy homself terug in die beskawing gekry het nie.

SNEL ·

Wonderlike nuus, baie bly saam met julle dat hy veilig gevind is.

Linda ·

Dankie Here, ons het gevra
U het geluister
seen die gesin asb
(ons gee nie om wat die details is)

Boetie ·

Wat maak jy in die hospitaal as jy “blakend en gesond” is?

Gesiggie ·

Altyd sal daar nog meer vrae wees,, ek stem saam Respek.. dit is nie ons plek om altyd als te wil weet, gun die familie hul privaat lewe, solank die man net veilig is, en nie ernstig beseer is…n storie is n storie, maar ons hoef nie altyd als te weet.. solank goeie nuus, dan moet ons gelukkig wees

Unitas ·

Daar is nerens ‘n rot nie. Dit was agv die oplettendheid en flink reaksie van personeel van die Radiologie afdeling by Unitas Hospitaal dat die persoon geidentifeer is.

Maria ·

Lees berig van Pienk Ladies op facebook hy is deurmekaar en het geheuverlies so glad nie blakend gesond nie. Wag vir die feite man is sopas gevind se net dankie hy lewe

Lana ·

Vader, dankie dat U hom bewaar het! SO bly Tiaan is lewend gevind.

jessica ·

SRANGE HE NEVER ASK ANYONE TO CALL HIS WIFE OR FAMILY, OR DID HE FORGET HE WAS MARRIED.

Albaster ·

Nee dis nie so eenvoudig in die geval nie, ek vermoed hy was aangeval. Dink aan die inligting in die vorige artikel.

Mrs H ·

He could have had a stroke… Chill man! We don’t know and they’ve tried to get a hold of his wife… Wait and see what she has to say. This family must have been to hel and back. Surely you can understand and respect that?!

jessica ·

sTRANGE DID HE FORGET HE WAS MARRIED AND TO CALL HER HIMSELF AND SAY THIS IS WHAT HAPPENED DURING THE DAY AND I’VE BEEN ATMITTED IN THE HOSPITAL, OR IS HE SUFFERING FROM MEMORY LOSS AND FORGOT HIS MARRIED, I SMELL A RAT!!!!! SEEN HE WAS ATMITTED THE ADMISSION FORM HAS TO BE FILLED IN WITH INFORMATION FROM THE PATIENT, HOW HE DID NOT TELL THEM WHO IS THE NEXT OF KIN AND TO CALL THEM FOR HIM, VERY STRANGE THIS IS.

Jane ·

Ek kan my gruwelik vererg vir diegene wat altyd ‘n bobbejaan agter die berg gaan soek.
60 Jaar terug was my pa in ‘n motor-fiets ongeluk. Hy is in ‘n hospitaal opgeneem onder ‘n verkeerde naam. Na ‘n soektog van 5 dae is hy opgespoor. Geen rot – sies man. Die man is gevind!

Kobus ·

Ek is ‘n naby familie lid van Tiaan en het sy gesin,familie en vriende sedert Maandag deur ‘n baie moeilike tyd gegaan.Diegene wat positief reageer ,baie dankie. Die ongelowige Thomasse,glo my,hier is niks verdags nie.Die SAP blaker nie alles uit nie.Gun almal nou die geleentheid om tot bedaring te kom.Respekteer asb die situasie

Boertjie ·

Kobus, baie sterkte vir julle. Ek is dankbaar Tiaan is opgespoor, en dat daar nie ‘n tragedie by betrokke is nie. Aan die doemprofete, die rotruikers, die sensasiesoekers, bemoei julle met julle eie sake, en ruik eerder rotte waar julle is, in plaas daarvan om dit altyd op ander plekke te soek. Die man is ongeskonde gevind, soos dit klink, so wees eerder dankbaar daaroor. Net my 2 sent bydrae.

Blondie ·

Dankie Kobus. Ons is net dankbaar hy is lewendig gevind. Wat ookal die omstandighede. Alle eer aan ons Vader wat sy hand oor hom gehou het.

Ria ·

Asb mense die is my susterskind ek is sy pleegma. Die man is na n vermoedelike kaping van 4 dae homself in n verwarde toestand sonder identifikasie om hulp gaan soek by n hospitaal. Asb wees net saam ons bly hy lewe. Mag dit nooit met jou gebeur nie.

Sooo dankbaar ·

Ria, natuurlik is almal baie dankbaar, ek is oook sooo dankbaar vir julle. Dankie jy is die enigste een wat lig werp en ek glo almal sal nou afkalm, dit maak sin, dit was my vermoede. Ogelukkig vir julle het ‘n paar fed-up mans en vroue onlangs van hul huise weggeloop en dan word hul gevind en wil dan nie gepla word, nadat mense hul ontferm het en alles opsy gesit het om te help. Dan is ons menslike natuur ook nog daar om nuuskierig te wees. Jou boodskap maak soveel sin.

yolanda ·

jolize,,, want as hy skade aan gedoen is of te na gekom is kan daar ook hulp vir hom en sy familie wees,,,,, neskurigheid en vir mede mens omgee is 2 verskillende dinge,,, ek het presies so iets beleef met iemand wat na aan my was,,,, en deur die ware storie is hul gou aangekeer.

Jan publiek ·

Iets is nie reg nie. Sy paspoort op een plek sy kar op n ander sy foon is af en hy in die Hospitaal op heeltemal n ander plek. Ons is nie dom nie. Maar baie bly hy is veilig. Lewend en gesond maar in die hospitaal maak ook nie sin nie?

Natasha ·

Jan…….n kaping….hulle soek die kar nie jou nie……. Mens besoek n hospitaal oor jy hulp nodig het. Ons as sy familie en ouers weet wat gebeur het is all wat saak maak. Hoop nie so iets gebeur ooit met jou of jou mense nie.

Wenner ·

Ek is sooooo dankbaar hy is gevind! Sooo dankbaar! Mense, die omstandighede rondom sy verdwyning gaan ons nie aan nie! Gun asb die familie die reg op hul privaatheid rondom hierdie omstandighede!! Wees net dankbaar saam met hulle dat hy wel gevind is, en wend die tyd wat jul wil spekuleer hieroor aan om eerder die Naam van ons grote God te eer!!

Dankbaar ·

Baie dankie Here vir U hand van beskerming oor hierdie man en familie. Mag U hul met liefde omvou om saam deur hierdie trauma te werk. Hou asb. U hand van beskerming ook oor elkeen van ons wat tans in ‘n baie baie siek land woon.

Charlene ·

Dankie Ria dat jy teminste sê wat met Tiaan gebeur het nou verstaan almal hoe hy by die hospitaal aan gekom het. Dank die Heer dat Tiaan se famielie opgespoor is en hy nie erenstig beseer is nie.

GM ·

Ek wens mense wil dan nou maar eerder ophou om te help soek as hul agterna so ‘offended’ gaan voel as hul nie die hele storie hoor nie. Gun die mense hul privaatheid! Hulle het om hulp gevra, hulle het/sal dankie sê, en dit is genoeg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.