Nuwe leierskap vir weermag

Pres. Cyril Ramaphosa kondig Woensdagaand nuwe aanstellings vir die weermag aan. (Foto: Siya Duda/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdagaand die belangrikste bevelsverandering in die Suid-Afrikaanse Weermag (SANW) in die afgelope paar jaar aangekondig.

Lt.genl. Rudzani Maphwanya sal genl. Solly Zacharia Shoke as hoof van die weermag vervang nadat Shoke einde Mei aftree. Die aanstelling tree op 1 Junie in werking.

Maphwanya se militêre loopbaan het in 1978 in Umkhonto we Sizwe afgeskop waarna hy sedert 1994 verskeie poste in die SANW beklee het.

Hy is in 2006 as bevelvoerder van die Suid-Afrikaanse Spesiale Magte aangestel waarna hy in 2016 sy pos as bevelvoerder van die Infanterieformasie ingeneem het.

Maphwanya is later in 2019 as hoof van gesamentlike operasies aangestel. Maphwanya word met sy jongste aanstelling van luitenant-generaal tot generaal bevorder en sal vir vyf jaar die pos beklee.

Ramaphosa het ook aangekondig dat genl.maj. Wiseman Simo Mbambo as hoof van die Suid-Afrikaanse lugmag aangestel word. Mbambo is tans adjunkstafhoof van die SANW.

Pres. Cyril Ramaphosa kondig Woensdagaand nuwe aanstellings vir die weermag aan. (Foto: Siya Duda/GCIS)

Genl.maj. Siphiwe Sangweni dien vanaf 1 Junie as hoof van gesamentlike operasies. Dié afdeling is verantwoordelik vir interne en eksterne operasies wat deur die SANW gedoen word en vir die indiensneming van gesamentlike magte.

Genl.maj. Ntshavheni Maphaha is intussen aangestel as geneesheer-generaal. Dié aanstelling tree egter eers in November in werking.

Genl.maj. Thalita Mxakato sal op haar beurt vanaf 1 Junie as hoof van militêre intelligensie dien. Mxakato word met dié aanstelling die eerste vrouebevelvoerder in die SANW.

“Dit is ’n belangrike – en lank agterstallige – ontwikkeling in die voortdurende poging om die posisie van vroue in ons weermag te bevorder,” het Ramaphosa gesê.

Mbambo, Sangweni en Mxakato word al drie tot luitenant-generaal bevorder.

Ramaphosa het gesê hy is vol vertroue dat die SANW onder leiding van hierdie mans en vroue sal voortgaan om sy grondwetlike verantwoordelikheid na te kom om die Republiek, sy territoriale integriteit en sy mense te verdedig en te beskerm.

Die aanstellings volg op die uittrede van verskeie diens- en afdelingshoofde verlede jaar en vanjaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Boer ·

Skokend al 3 teroriste nou is hulle die hoof van ons weermag.

Kokerboom ·

Gaan dit die disfunksionele struktuur enigsins verbeter? Tyd sal leer

Wakkerslaper ·

MM, kan julle asb die feite gee – maphwanya se loopbaan van TERREUR het in 1978 in umkhonto we sizwe afgeskop.

Hennie J ·

Nog 3 aanstellings sonder die toepaslike kwalifikasies, maar wie gee om. Hulle is tog net terroriste en kan net slegter vaar. Weermag is nou regtig n dumping ground for redundant terrorists

Jack ·

Maak dit saak ? Feitlik alles onder die ANC se beheer word bestuur deur onbevoegdes. Maak nie meer saak nie.Die weermag sal nie eers 2 dronk ISIS soldate kan stop nie.

Genis ·

Ou Ramapadapot jy is so onbekwaam om van die ANC kaders onslae te raak, stel hulle eerder aan. Jy is erger as JZ dink ek…. New dawn of corruption is al wat mens dink….

Werner ·

Ons eens trotse weermag is nou n terroriste bende.Ongelukkig gaan fiktiewe titels en range nie n oorlog wen nie.Dit is hoekom anargie ons voorland is en trouens is ons al in anargie.Wag maar tot moslem ekstrimiste wat al hier is begin met hulle nonsens dan sal ons Sien ou Cyril

Misky ·

So ons het nou amptelik ‘n terroris aangestel om die sinkende skip vinniger te laat sink

Anoniem ·

Korrek, meer opvalend is dat geen voormalige TBVC state of oud SAW se militêre personeel enige senior poste beklee nie, dus almal “post 94 ” aanstellings.

Nie Verbaas ·

“Om die Republiek, sy territoriale integriteit en sy mense te verdedig en te beskerm.” Asseblief, die huidige weermag met verouderde toerusting ons verdedig? Wat n grap.

Adam Adriaan ·

Onbevoegde, onopgeleide terroriste wat nie met die spul terroriste onder hulle bevel ‘n leë hoenderhok kan beskerm nie.

Wielspore ·

Die aanstelling van leiers binne die weermag word gemaak om die huidige ANC leiers te ondersteun. Die vraag egter is dit pro CR lede of pro Zuma lede en uit ‘n logiese oogpunt het CR leiers aangestel om hom te beskerm. Tydsberekining is ook belangrik, veral nou met die geskille binne die ANC top 6.
Gaan CR die huidige aanval van binne die ANC oorlee?

Stephanus ·

Stem saam. Weet nie of hy dit gaan oorleef nie maar die tekens begin toon dat hy hom begin posissioneer om nie te gaan lê nie. Hoop egter dat hierdie aanstellings nie n teken van n verwagte fisiese konfrontasie is nie.

Deon ·

Ek hoop nie so nie, Zuma moet terug kom sodat ons uit hierdie lockdown kan uitkom. Hy luister vir die mense as hulle vra vir hulp. En hy help… Die foonlyn na die president se kantoor wat hy implimenteer het, waar is dit nou?

Nie Verbaas ·

Sal graag geskrewe ANC definisie van integriteit wil sien.

Chris ·

Is dit nou ‘n feit. Wie stel eintlik belang, ek stel regtig nie. Is dit die manne wat nou in bevel is wat AK oor die skouer gegooi het en in die weghol die vinger op die sneller gehou het. Die manne wat die bomme/myne geplant het en dan gewag het totdat dit ontplof. O wee ons het/is nie ‘n bedreiging van enige land nie, net van onsself. Die enigste staatshoof van ‘n Afrika land wat daad by woord gevoeg het om SA binne te val was Samora Machel.

Pieter ·

Ja en so hou die ANC sirkus aan julle is van om op te gooi.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.