Nuwe lokvalle vir motoriste op N4

Argieffoto (Foto: memyselfaneye, Pixabay)

Fidelity ADT waarsku motoriste om bedag te wees op bakstene of groot klippe wat van brûe oor die N4-hoofweg gehang word of selfs na verbygaande motoriste geslinger word.

Volgens die veiligheidsmaatskappy hang boosdoeners die swaar voorwerpe van die brûe om motoriste op die pad onder die brug te dwing om stil te hou wanneer dit hul voertuie tref en hulle noodgedwonge stilhou.

“Die motoriste word dan van waardevolle besittings beroof,” sê Leon Muller, distriksbestuurder van Fidelity ADT.

Hy het die N4 as ʼn plek uitgesonder wat nou geteiken word.

Talle waarskuwings is die afgelope ruk uitgereik oor veral ysterpenne wat strategies op paaie geplaas word om motoriste in ʼn hinderlaag te lei en só tot stilstand te dwing.

Muller gee die volgende veiligheidswenke:

  • Wees veral snags paraat omdat oortreders gewoonlik dan toeslaan.
  • Installeer ’n voertuigopsporingstoestel en ʼn paniekknoppie in jou motor.
  • Ry effens minder as die spoedgrens, veral snags en op donker paaie. Dit sal jou meer tyd gee om te reageer.
  • Stel vriende of familie altyd in kennis van jou presiese roete en hoe lank jou reis gaan duur.
  • Moenie stilhou as jy in ʼn lokval beland nie. Ry eerder stadig na die naaste veilige plek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Ovelia ·

Ag nee. Ek dink daar moet iets azn hulle gedoen word. Ek weet verkeersmanne werk nie sommer weer buite nie, verskoning daar is nie brandstof ni. Asb man mt die hoed help. Ek dink tot di kubane sal n plan kan maak

lodewyk ·

Nou raak dit erger??,nou raak dit die norm,waarsku mense en gee raad en moenie in die aande of vroe oggend ure ry nie??-Regtig is dit nou die oplossing?-waar is ons Cele se Saps en Trac,daar word baie geld betaal aan tolgelde en ons Tax om die Saps se selarisse te betaal,hoekom word ons nie beskerm nie?,hoeveel mense moet nog beroof of vermoor word en wie betaal ook vir die skade aan die voertuie??-ons land is n hemel vir misdaad en die wets gehoorsame burgers moet maar tweede staan,tyd dat Cele en die res van ons siek regering waai……

Elinette ·

Liewe Lodewyk, in watter eeu (of land) leef (of woon) jy? Hierdie is die NUWE Suid-Afrika. Dit is so nuut dat niks nuut is onder die son nie, veral waar “vernuwende” denke om meer misdaad te pleeg deur die misdadigers uitgedink word en al minder gedoen word, deur die SAPD en Mnr. De Hoed, veral as dit misdaad is wat teen die blanke minderheid gerig is. Mnr. De Hoed is in elk geval (op voorkoms getakseer) SELF ‘n groot misdadiger – so paar jaar gelede is hy “ondersoek” vir sekere beweringe van korrupsie toe hy nog Nasionale Polisie Kommissaris was – wat het gebeur? Hy is bloot net …e… her-ontplooi.

Pieter ·

Hulle weet waar dit plaasvind, maar geen veiligheidspatrollies kan ingestel word om die booswigte in hegtenis te neem en aan die pen te laat ry nie???

Surfer ·

Nee, want dit sal hul kommunistiese oorlog teen ons kelder.

Jana ·

Presies my gedagtes Pieter! As hulle weet waar dit gebeur hoekom doen hulle nie iets daaraan nie?

Nie Verbaas ·

Ons liewe regering het die stryd teen wetteloosheid totaal en al verloor. Hoed, gaan besoek eerder strande as om aandag aan die totale verval van polisiëring te gee. Geld word geneem vanaf sigbare polisiëring en vir BBP ingestop.

Belinda ·

Nou stuur die polisie uit in die aande, dog dis curfue en almal moet tuis wees.
As die polisie hul werk doen sal hulle die boggers vang.

Nozi ·

Ek verstaan nie. Hul weet wat die probleem is en waar dit is, nou hoekom sit hul nie verkeersbeamptes daar om sulke gebiede te monitor nie. Pleks hul kry hul onder die bome uit waar verkeer rustig is en sit hul op sulke gevaarlike plekke. Maar nee, die motoriste moet hulself beskerm op die paaie en mag dan ook nie meer eers ‘n vuurwapen besit nie.

JohanR ·

Hier in Kaapstad word die N2 al lankal goed patrolleer, maar elke nou en dan word daar maar nog ‘n klip deur ‘n voertuig se venster geslinger. Jy kan niks aan 15 persenter se brein doen nie, en jy kan nie elke gaaitjie stop nie.

Martie Smartie ·

Ja voer kubaanse poliesmanne in, dalk is hulle iets werd. Hoeveel van hierdie misdadigers is al gevang deur die SAP ? Waar is Misdaadintelligensie? Weet die SAP ooit hiervan? Tsk tsk

Adam Adriaan ·

Dit is tyd dat daar ‘n paar jakkalsoperasies daar uitgevooer word. Die probleem sal net daar en dan in die kiem gesmoor word.

Anoniem ·

Iemand wat enige langpad aandurf, bedags of snags, en nie vuurwapen byderhand het, moet eerder tuis bly. Scatter gun werk die beste

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.