Nuwe gekose lede van die Nasionale Vergadering asook die afgevaardigdes na die Nasionale Raad van Provinsies word Woensdag en Donderdag amptelik ingehuldig.
Moloto Mothapo, woordvoerder van die parlement, het Sondag gesê 400 gekose lede van die Nasionale Vergadering sal van Maandag begin registreer nadat die parlement op 15 Mei naamlyste van lede van hoofregter Mogoeng Mogoeng ontvang het.
ʼn Inoefening van die verrigtinge van die eerste sitting van dié Nasionale Vergadering sal dan volg waarna lede ingelig sal word oor reëlings rakende hul inhuldiging en verwante aktiwiteite, het Mothapo gesê.
Die inhuldiging sal Woensdag in die Nasionale Vergadering plaasvind onder voorsitterskap van die hoofregter. Die speaker en adjunkspeaker sal ook tydens die oggendsessie verkies word. Die verkiesing van die president sal in die namiddag plaasvind.
Daar word van permanente afgevaardigdes van die Nasionale Raad van Provinsies verwag om Dinsdagoggend te registreer. Hulle sal dan Woensdag ʼn inligtingsessie oor die verrigtinge van die eerste vergadering van die Nasionale Raad van Provinsies bywoon.
Nuwe lede van dié raad sal Donderdag deur die hoofregter ingesweer word. Die voorsitter, ondervoorsitter, hoofsweep en huisvoorsitters sal ook tydens dié vergadering verkies word.
Lede wat terugkeer na die Nasionale Vergadering sal weer dieselfde huise bewoon in die parlementêre buurte waar hulle voorheen gewoon het.
ʼn Oriënteringsprogram sal ook deur die loop van die week plaasvind waarin ʼn verskeidenheid kwessies wat verband hou met LP’s se grondwetlike verantwoordelikhede bespreek word.
“Die parlement het verseker dat alles gereed is vir die sesde demokratiese parlement,” het Mothapo bygevoeg.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
7 Kommentare
Hoe opwindend klink dit nie alles daar in die Kaap se groot tent van die paarlement nie!?
Nou is die hoofregter darem ook weer vir ‘n verandering in die kollig.
Ja die meerderheid van hierdie lot is daar vir n vakansie. Ander lot gaan kyk weer vir n gaping om te plunder
Die ander le en slaap vir agt ure.
Dis die begin vsn die uittog van die belastingbetaler se geld!!!!