Nuwe LP’s ingehuldig

Argieffoto

Ses nuwe LP’s van die ANC is Donderdagoggend ingehuldig. Dit volg op die bedanking van verskeie LP’s in die lig van pres. Jacob Zuma se onlangse kabinetskommeling en ander vakante poste wat beskikbaar was.

Die nuwe ANC-LP’s is Lerato Theko, Terence Mpaza, Simanga Mbuyana, Joseph Office, Rachel Adams en Theopilus Nkozo.

Voormalige ministers Dipuo Peters (vervoer), Tina Joemat-Pettersson (energie), Ngoako Ramatlhodi (staatsdiens en administrasie), Mcebisi Jonas (adjunk van finansies) en Rejoice Mabudafhasi (adjunk van kuns en kultuur) het in die afgelope paar weke as LP’s bedank nadat hulle tydens Zuma se kabinetskommeling uit hul poste verwyder is.

Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris generaal, het die LP’s wat bedank het skerp gekritiseer.

Mantashe het hulle daarvan beskuldig dat hul net bedank het om aan hul ministeriële pensioenvoordele vas te hou terwyl ander glo dat hulle bedank het om onmin in die party te vermy sou hulle teen pres. Zuma stem in die geskeduleerde mosie van wantroue.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johann ·

Mantashe maar jys darm grootbek namens jou mede ZUMAIKIES? Waaraan klou JY en jou TOPSIX vas? Of is dit n mags spel tussen die “top 6” in die ANC en Zuma en sy vergrype? Kwessie van wie weet wat van die ander een af? Maar jys BEKSTIL as dit kom by jou genote wat vergat is op werkersdag toe “the people” hulle uitgejou het? Lekkerrrrr man…lekerrrrrr!!!!!

LB S ·

So, laat ons nou die OUDERDOMME van hierdie nuwe LP’s hoor, siende dat die agbare President vir die wêreld gaan verkondig het, dat hy die skommeling gedoen het om JONGER mense in die Parlement te kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.