Nuwe lugredery begin 1 September

Fly Blue Crane

Fly Blue Crane

ʼn Nuwe Suid-Afrikaanse lugredery, Fly Blue Crane, begin op 1 September met sy eerste vlugte.

Fly Blue Crane sal tussen OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg na Bloemfontein, Kimberley en Nelspruit, het die maatskappy Sondag gesê.

“Fly Blue Crane het bepaal wat klante wil hê en kan dit bied – die verhoogde gemak van gereelde vlugte met hoogs kompeterende tariewe,” het Siza Mzimela, uitvoerende hoof van Fly Blue Crane, in ʼn verklaring gesê.

Theunis Potgieter, die lugredery se bedryfshoof, het gesê die lugredery sal ʼn baanbreker in die lugvaartbedryf wees.

Volgens die lugredery reageer hy op die markbehoefte en word waardevolle insig van wêreldreisigers geïmplementeer.

Die aanvangskedule lyk soos volg:
– Vanaf OR Tambo na Bloemfontein: Vyf keer per dag gedurende die week; twee keer op Saterdae; en drie keer op Sondae
– Vanaf OR Tambo na Kimberley: Drie keer per dag gedurende die week; een keer op Saterdae; en twee keer op Sondae; en
– Vanaf OR Tambo na Nelspruit: Twee keer per dag gedurende die week; een keer op Saterdae; en een keer op Sondae.

Kaartjies is van Dinsdag, 25 Augustus om 19:00 beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Peet Schabort ·

Gelukkig kan en het PRASA nie ‘n aandeel in hierdie oefening . . .

Pendoring ·

Reg hier gaan ons. Hoeveel maande voor die eerste gerugte van wanbestuur, astronomiese salarisse, tekort aan instandhouding, bedrog, korrupsie, omkopery ens. ens. die rondte begin doen.
Ek skat tussen 6 en 8 maande.

Andre ·

Verkereerde website gekoppel aan berig .
Link van kaartjies moet verwys na “www.flybluecrane.com”

Sune van Heerden ·

Dagsê Andre

Die skakel is definitief http://www.flybluecrane.com? Ek het nou op hom geklik en gesien dit werk ook reg?
Laat weet gerus as hy nie aan jou kant reg deurklik nie. Hy behoort ‘n bladsy van Fly Blue Crane oop te maak waar hulle aftel tot die oomblik wat jy kan kaartjies koop.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

magriet ·

nie vlugte na Kaapstad nie, of het ek nou verkeerd gelees?
het die naweek met Skywise gevlieg, weet nou hoe voel sardientjies. Vet mense, vermy.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.