Nuwe Mandela-borsbeeld deur polisievoertuig beskadig

Die foto is deur @andiMakinana op Twitter gelaai

Die foto is deur @andiMakinana op Twitter gelaai

Skaars 48 uur nadat ʼn borsbeeld van oudpresident Nelson Mandela by die parlement in Kaapstad onthul is, moes dit verwyder word vir herstelwerk nadat ʼn polisievoertuig daarin vasgery het.

Die parlement het Woensdag in ʼn verklaring die voorval as ʼn “fratsongeluk” beskryf. Die ongeluk het omstreeks 07:00 plaasgevind. “Die regterskouer van die beeld is effens geduik en gekrap,” lui die verklaring.

Die beeld is Woensdagmiddag verwyder om herstel te word. Die staanplek is tydelik met rooi toue afgesper. Die beeld sal na verwagting Donderdag weer op sy plek wees.

Die standbeeld is by Stalplein, naby die trappe wat na die Nasionale Vergadering lei, op ʼn meterlange graniet voetstuk opgerig. Volgens die parlement is die standbeeld op ʼn veilige plek, waar geen gewone voertuie toegang het nie. “Planne sal beraam word om die risiko vir moontlike toekomstige skade te verminder.”

Die polisievoertuig, vermoedelik ʼn minibus van die polisie, het glo agteruit teen die borsstuk vasgery.

Maroela Media het Maandag oor die onthulling berig. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Henrietta Klaasing ·

Stem saam met Ria. “Hulle” sien mos gereeld “tekens” oor sogenaamde “ancestors” wat angry is, waarom kan hulle nie hierdie teken sien nie?

Peter Says ·

So draai die wiel, soms stadig, soms vinnig, maar draai, draai hy.

Daantjie Maartens ·

Grassie….wat my na dese laat wonder.
Hoe of na wat “demote” jy n taxi-konstabel in die SAPD ?

Paul ·

Die ouens is darem blitsig om instandhouding op sulke nuttelose goed te doen terwyl die kragstasies eerder gesaboteer word en die paaie toegelaat word om vol slaggate te word. Die ouens het nie ‘n idee van korrekte prioriteite nie, geen wonder die land is in sy kanon in nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.