Nuwe Mej. SA pas gekroon

Ndavi Nokeri. (Foto: Verskaf)

Ndavi Nokeri is Saterdagaand in die SunBet Arena by Time Square in Pretoria as die nuwe Mej. Suid-Afrika gekroon.

Nokeri (23) kom van Tzaneen in Limpopo. Sy het ʼn BCom-graad in beleggingsbestuur aan die Universiteit van Pretoria behaal en werk tans vir ʼn batebestuursfirma in Kaapstad. Sy speel al sedert die ouderdom van ses netbal en het Limpopo vir etlike jare in die nasionale wedstryde verteenwoordig.

Ayanda Thabethe (22) van Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, is as die naaswenner aangewys nadat Lebogang Mahlangu, Luvé Meyer en Tamsyn Jack uitgeval het. Vanjaar se wenner van Mej. SA sal aan al die internasionale skoonheidskompetisies soos Mej. Heelal, Mej. Wêreld, Mej. Supranasionaal en Mej. Aarde, kan deelneem.

Nokeri ontvang ʼn pryspakket en borgskappe ten bedrae van meer R3 miljoen. Sy sal ook in ʼn luukse dakwoonstel in Midrand ter waarde van R10,5 miljoen by die gesogte Ellipse Waterfall-ontwikkeling in die hartjie van Waterfall City tuisgaan.

Die nuwe Mej SA vir 2022 word gekroon. (Foto: Maroela Media)

In vanjaar se Mej. Suid-Afrika skoonheidskompetisie was daar slegs ‘n wenner en naaswenner aangewys. Die top-2 finaliste is: Ndavi Nokeri en Ayanda Thabethe. (Foto: @Official_MissSA/Twitter)

Die top-3 finaliste in vanjaar se Mej SA kompetisie is: Ayanda Thabethe, Lebogang Mahlangu en Ndavi Nokeri. (Foto: @Official_MissSA/Twitter)

Die top-5 in vanjaar se Mej. SA kompetisie was: Ndavi Nokeri, Ayanda Thabethe, Luvé Meyer, Lebogang Mahlangu en Tamsyn Jack. (Foto: @Official_MissSA/Twitter)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Mel84 ·

Absoluut! Sy is pragtig en sy haar baie goed van haar taak gekwyt met die vraag en antwoord afdeling.

Harley Davidson ·

Ek wonder of daar nog ‘n plek in vandag se tye is om vroue bloot te stel aan sulke kompetisies met toenemende regte dit lyk vir my altyd soos ‘n veiling van beeste waar die beeste vertoon word en ons bie vir die beste .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.