Nuwe minimum loon nié teen Mei ingestel

geld-groei-finansies-01

Foto: Biosci/Commons.wikimedia.org

Die vakbondfederasie Cosatu het Dinsdag gesê hy is teleurgesteld dat die parlement en die regering nie gereed sal wees om die nuwe nasionale minimum loon teen 1 Mei 2018 in te stel nie.

Mildred Oliphant, minister van arbeid, het Maandag gesê haar departement sal nie in staat wees om die Wetsontwerp op die Nasionale Minimum Loon op die vasgestelde datum in te stel nie omdat die parlementêre prosesse nog nie teen dié datum voltooi sal wees nie.

Daar word reeds sedert 2014 gewerk om die nasionale minimum loon te verbeter.

Oliphant het gesê die langsame proses, wat skriftelike en verbale bydraes ingesluit het, is nou in die parlement se hande.

Cosatu het gesê die federasie het herhaaldelik kommer geopper dat die vertraging in die onderhandelinge by die nasionale raad vir ekonomiese ontwikkeling en arbeid (Nedlac) en die parlement die instellingsdatum van 1 Mei in gedrang plaas.

“Ons het tydens die parlementêre openbare verhore verskeie kritieke wysigings wat aan die Wetsontwerp op die Nasionale Minimum Loon gemaak moet word, versoek,” het Cosatu gesê.

“Die wysigings was om te verseker dat daar geen skuiwergate is vir besighede waarmee hulle dit kan vermy om werkers die minimum loon te betaal nie, om te verseker dat plaas- en huiswerkers jaarliks meer as inflasieverhogings ontvang, om bedryfsbepalings te beskerm en om groter boetes vir besighede wat die wet ignoreer te verseker,” het Cosatu gesê.

Die Wetsontwerp op die Nasionale Minimum Loon saam met die Wysigingswetsontwerp op Arbeidsverhoudinge en die Wysigingswetsontwerp op Basiese Diensvoorwaardes is deur die kabinet na die parlement verwys in November 2017 en word tans deur die parlement se portefeuljekomitee oor arbeid oorweeg.

Volgens Cosatu het hy nog altyd gevoel daar is nie genoeg tyd aan die parlement gebied om hierdie drie noodsaaklike wette goed te keur nie. Hy het dus versoek dat die parlement die prosesse nog ʼn paar weke ekstra gee om “geregtigheid aan die prosesse te laat geskied”.

“Dit sal help verseker dat ons wysigings ingesluit word in die wette en dat die prosesse beskerm word teen moontlike regstappe deur dié wat werkers nie die minimum loon wil betaal nie.”

Die nasionale minimum loon beoog dat plaaswerkers R18 per uur betaal word en huishulpe R15 per uur, asook dat dié bedrag binne twee jaar na R20 per uur verhoog word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Vra maar net ·

O so. Hulle wil die verhoging in die minimum lone jaarliks verhoog met meer as die inflasie koers, maar wat van die staats toelaes. Die arme oumense en andere wat afhanklik is van die staats hulpfonds

Daan ·

Diskriminasie soos ek lanklaas gesien het die minimum loon vir n huishulp behoort R8000.00 te wees.

Duitser ·

Hoe leef n mens in vandag se tye met so min geld ek dink tien duisend rand per maand is redelik.

Wollie ·

Ek dink dit is darem baie onregverdig, ek dink eerder R20 000 is billik vir iemand wat glad nie skool toe gegaan het nie met geen kwalifikasies nie .. PERFEK .. dan kan ek ook ‘n huishulp gaan word, net jammer ek het kwalifikasies en matriek .. is ek dan oorgekwalifiseer of moet ek dan MEER kry?

Salie ·

Ek stem saam alles is duur kos,skool,behuising betaal die mense minimum tien duisend rand of doen jou werk self.

Goeie idee ·

Goeie idee, dan bly daar R2000 vir my oor. Dalk moet ek vir die huishulp gaan werk.

Emma ·

Ek sien nog meer werkloosheid wat gaan toeneem met die nuwe minimum loon. Die boere en van die besighede sal dit nie kan bybring nie, soos die kontrakteurs wat ook n lewe moet maak wat moet hulle nou vra. Met die uitgawes en kostes wat betaal moet word om net jou besigheid te laat aangaan.

Nicholas ·

Nee ek dink huishulpe behoort R22 534,78 per maand te kry plus vervoertoelae plus gevaartoelae plus kleretoelae. Mense moet bietjie dink hoor. Dit gaan nie oor hoe duur alles is nie, natuurlik is alles duur. Dit gaan oor kundigheid, die kompleksiteiet vd werk, opleiding en die fisiese uitdagings van die werk. Wil jy vir my se ‘n huishulp wat 2 of 3 dae n week werk waar een of twee persone woon moet dieselfde verdien as een waar 4 of 5 mense woon en sy kom elke dag in? Nee, dink bietjie. My huishulp kry in elk geval net oor die R14 per uur, dis wat die wet voorskryf, so hierdie minimum loon gaan vir haar niks beteken nie. Mens moet net alles absorbeer en jou mond hou. BTW verhoog en Eskom wil al weer 30% meer he vir krag. Nee die hen se goue eiers is vinnig besig om op te raak

Insanus es cunnus ·

Verwys na my antwoord bo ook. As jy R22534.78 + wat, wat en wat en wat. Watter tipe salaris moet jy nie verdien om daardie tipe uitgawes te dek nie?
Spoiled Brat as jy my vra.

GM ·

Wow, julle wat dink alle huishulpe moet R10 000 kry, rol seker in die geld. Hoeveel eet nie uit hul werkgewers se kaste uit nie? Dan praat ek nie eers van als wat ‘verdwyn’ nie. Elkeen kan mos vir hulself besluit vir hoeveel hul bereid is om voor te werk. Die minimumloon-gedoentes gaan net maak dat ‘n klomp hul werk verloor. Daar behoort ‘n minimumloon vir huisvroue ook te wees… :-)

Cheers Siena ·

Ek dink ook my huishulp moet R8000 ‘n maand kry dan kan sy seker ordentlik leef volgens al die ryk mense hierbo se mening. Dit beteken dat ek en sy dan dieselfde kry, die verskil is net SY Betaal nie belasting nie en ek doen. SY betaal nie vir ‘n huis nie en ek doen, SY betaal nie vir krag nie en ek doen, SY betaal nie vir water nie maar ek doen .so ou SIENA .. dit was lekker om jou te geken het.

Sarel swartbrand ·

Ek wil saamstem met die tien duisend rand dit is net die regte ding om te doen , in Australia gaan ons of betaal of self werk hoekom nou die huishulp en tuin spesialis indoen??

jaco ·

ek kan verstaan as hierdie die nuwe minimum loon vir wit mense gaan wees. dis seker maar net nog n manier om ons vir apartheid terug te kry.
Maar wat ek nie verstaan nie, is hoe swart amptenare in die dept van arbeid hierdie lone vir hulle swart rasgenote kan opstel en hoe die swart minister dit sowaar kan goedkeur. weet hulle nie wat kos melk, brood, petrol, vleis ens ens nie? Hoekom sorg hulle dan so sleg vir hulle eie mense???

Pieter ·

Selfs al gee iemand my n huishulp verniet EN R10,000 sal ek nog steeds eerder my eie huiswerk doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.