Nuwe minimum loon vasgestel; dán van krag

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

Die nasionale minimum loon van R20 per uur sal op 1 Mei 2018 geïmplementeer word.

Adj.pres. Cyril Ramaphosa het gesê die minimum loon is nie ʼn leefbare loon nie, maar ʼn stap in die rigting van inkomstegelykheid in Suid-Afrika. “Die ooreenkomste is die uitkoms van nagenoeg twee jaar se onderhandelinge.”

Ramaphosa het gesê die minimum loon van R20 per uur kom neer op ʼn maandelikse salaris van R3 500 vir diegene wat 40 uur per week werk en R3 900 vir diegene wat 45 uur per week werk.

Ramaphosa het gesê die ooreenkoms, wat deur Nedlac en ander rolspelers onderteken is, is ʼn balanseertoertjie. “Ons het die loon van 6,6 miljoen werkers [wat minder as R3 500 per maand verdien] probeer opstoot en dit kon maklik R20 000 of R10 000 gewees het maar dit sou en negatiewe impak gehad het aangesien talle mense dan hul werk sou verloor.”

Volgens Ramaphosa sal die werkgewers van plaaswerkers en huishulpe ʼn periode van twee jaar kry om die werkers se salarisse in lyn te bring met die styging na R20 per uur. Hy het gesê sakeondernemings wat nié die minimum loon kan bekostig nie sal die kans gegee word om hul saak te bepleit.

Ramaphosa het gesê ʼn kommissie sal op die been gebring word om die minimum loon jaarliks te hersien.

Wetgewing rakende die nasionale minimum loon sal van nou tot 1 Mei 2018 opgestel en aanvaar word en nodige hersiening aan relevante arbeidswetgewing sal ook in dié tydperk gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

78 Kommentare

Bye ·

Totsiens aan my werker, Ek is baie jammer Ek moet jou laat gaan maar anders as wat die geoeupel dink oorleef ek net net, Ek is nie die white monolopy capital nie. My besigheidjie is baie Klein en sukkellend en Ek gaan slaap self soms honger. Ek kon jou darm help met n groot gesukkel maar die arbeidswette maak dit onmoontlik al wou ek. Vaarwel

WitBlits ·

Wat van minimum produktiwiteit as vereiste om te kwalifiseer vir ‘n minimumloon? Hou dop dat werkloosheid na oor 30% gaan opskiet wanneer dit implementeer word, maar die agbare politici sal nog steeds hulle miljoene verdien terwyl die massas kripeer!

Auret ·

Wanneer is die nasionale verkiesing nou weer? Is dit nie in April 2019 nie? En hierdie nuwe minimum loon kom in Mei 2018. Dink die regering regtig mense is so dom dat hulle nie kan sien dat hierdie net ‘n foefie is om stemme te werf nie? En dit ten koste van werkgewers en die land se ekonomie. As hulle so aanhou gaan hulle binnekort nie ‘n land he om te regeer nie.

Positive ·

Ej dink die werkgewer kan dit bepaal hoeveel die domestic werker kan verdien, ek het a baie oulike, happy, eerlike, hard werkende bediende, sy help my om die huis ordentelik te ondergou, ek betaal lank al baie meer as die minimum salaris, mense wat hard werk, eerlik is, en loyal kry, as jy in a goeie huis werk, baie meer as die minimum salaris, myne kry 4500, transport vergoeding wat 1200 a maand is, moderne huisie, lekker kos , bonus, present vir verjaardag, kersfees, groot turkey vir die family by die huis, wat ek terug kry is, a skoon huis, niks raak weg, happy all the time, sy sing heeldag, net baie lekker om haar in my huis te he.

Riaan ·

Jou kommentaar is ‘n seer op die oog. Die taalgebruik laat veel te wense oor.

Annatjie ·

Ek is baie dat jy dit kan bekostig. Ons almal is ongelukkig nie in die posisie om dit te doen nie. My huiswerker werk ook definitief nie die 8 uur per dag wat sy veronderstel is om te doen nie. Omdat ek self werk kan ek dit ook nie reguleer nie. Sal maar haar ure verminder na 4 ure per dag en ek gaan in elk geval dieselfde resultate kry

Petro ·

Ek kry minder pensioen van my man se werk (transnet) vir sy 37 jr se harde werk as wat jou werker kry

Kwagga ·

Sjoe , R20 per uur is darem bitter min. Hier in Noord Ierland is dit £7-20 per uur

Ouvrou ·

Dit is wonderlik vir armes maar ek glo ongelukkig ook dat mense hul werk sal verloor.

sonett ·

Ongelukke gaan ek een van daai wees wat my huis hulp gaan moet af dank. ek sal versekering nie R3500 vir haar kan betaal nie. Hartseer! Baie mense gaan hul werk verloor. Daar gaan nog meer mense sonder werk sit.

jaco ·

Jy behoort jou eerder te skaam dat jy jou huishulp so min per maand betaal.

Inge ·

Jaco. Hoeveel betaal jy jou huishulp? Is dit nodig vir sulke kommentaar? Skaam jy jouself man!

Willem ·

ek lees Groot Schalk Burger betaal tuusen 6-10 Rand per dag op sy plaas.

Fred Malan ·

Ek kan julle verseker ou groot Schalk se werkers kry gratis veblyf, gratis kos, gratis vervoer, gratis verbruik van water en elektrisiteit, gratis klere en nog vele meer byvoordele wat ons geagte kommentators gerieflikheidshalwe nie noem nie. Die geld wat hulle verdien (as dit wel waar is, is letterlik hulle sakgeld. Wat meer wil hulle dan nog hê? Hulle is immers nie werkloos of haweloos nie.

J ·

Willem lees jy dit van Schalk Burger of weet jy dit. Ek lees daagliks blankes is rassiste. Maar ek weet anders

Gerhard Swanepoel ·

Daar gaan derduisende mense wees wat hulle werke gaan verloor. Dit het hulle nie in ag geneem nie.

Sue ·

Minimun lone word ook gebaseer op lewenskoste..dus kan dit oor n jaar en drie maande se tyd behaalbaar wees…
Maar productivity….eish… daardie groot handels winkel…daar is 6 kasiere oop…n lang ry wat wag om te betaal…die ry is so lank soos die winkel self…maar daar is 6 opgedressde geel hempie dames wat voor in die ry staan en kekkel..en so dan en wan skree een…teller 4!!! En hulle verdien 7000 per maand.. !!???

Blesbok ·

Willem..Waar lees jy dit? Kan nie dink jy glo dit nie. Seker ‘n media berig.

Chris ·

Ek dink die loon is regverdig. Min mense kan op dit leef. Ongelukkig gaan my huishulp maar moet gaan. Sy is dit nie werd nie. Ek het al lankal gedink sy verdien nie haar geld nie maar het nig altyd haar jammer gekry. Om skoonmaakdienste te huur werk mens ver onder n R1000 per maand uit en dan kom hulle 1 maal n week en maak alles skoon. Baie meer as wat nou in 5 dae n week gedoen word.

jaco ·

As jy haar afdank, gaan kla sy jou by die CCMA aan vir onregmatige afdanking en by die Menseregtekommissie vir rassisme.

Christa ·

Jaco, Dan moet die CCMA haar lone betaal as hulle dit kan bekostig!!!

Chris moenie skrik nie ·

Jy kan haar AFDANK, gee haar ‘n billike AFLEGGINSPAKKET en steek haar in die pad. Een week vir elke jaar wat sy vir jou gewerk het en neem in ag as sy ‘n STUKWERKER Is het sy in elk geval nie R3500 ‘n maand gekry nie . so CCMA of te not JY HET OOK REGTE, moenie dat die WITTES jou DREIG nie. AS jy haar ‘n afleggingspakket gee kan GEEN CCMA jou NIKS doen nie .. moenie bang wees nie … LAAT HAAR GAAN as jy haar nie meer kan bekostig nie . CHEERIO nog ‘n huishouding SONDER KOS!!

Yvonne ·

Moet asseblief nie afdank en aflegging in dieselfde asem gebruik nie. ‘n Persoon word afgedank as hy wangedrag pleeg en daar ‘n behoorlike proses gevolg word. Aflegging is ‘n” no fault termination” waar ‘n persoon se diens beeindig word as gevolg van ‘n ander rede(operasionele redes). Werkgewers sal wel die afleggings proses kan volg indien daar finansiele redes daarvoor is. Ek stem saam , nie almal kan hierdie minimum loon bekostig nie. Hou ook ingedagte dat daar verskeie sektorale vasstellings is , elk met sy eie minimum loon. Huisbediendes en tuinwerkers het reeds hul eie minimum loon. Die wetgewer sal dus baie spesifiek moet wees oor die toepassing van hierde nuwe loon.

Anne ·

My wereld Jaco stel jy haar dan aan as jy so voorstaander vir hulle regte is.

Rêrig? ·

Ek verdien R7500 per maand, ek het meer as 2 jaar laas ‘n verhoging gekry. My werkgewer kan dit net nie bekostig. Ek werk ‘n gemiddeld van 50 ure per week. My bediende kom 3 maal per week in en sy kry R160 per dag. Werk meeste maande so R1900 uit. Ai, Paulina ek gaan jou mis. Maar ek kan jou nie meer as die helfde van my salaris betaal.

** ·

Ek is ook een van die mense wat my hulp sal moet laat gaan, en self die werk moet doen. Baie gaan hul werk verloor. Van hulle is nie die voorgestelde minimum werd nie, want hul lewer nie kwaliteit werk nie. Ek sien swarigheid vir beide partye. Almal het n werk nodig om te kan oorleef en nou gaan werkloosheid die hoogte inskied.

hannes marais ·

Niemand wen met die minimum loon nie…dis n verloorstryd vir albei partye

Anoniem ·

Aan almal wat se hulle gaan nou maar hulle huishulp moet laat gaan: R20 per uur is bitter min!!! Hoe moet enigiemand met so mn geld regkom!
Daar is ander maniere om geld te spaar bv geen Dstv, slegs genoeg internet vir emails en nuus ens. Daardie items is luukses!! Om heeltemal weg te doen met huishulp is nie ‘n slegte idee nie, maar dink aan die ander persoon wat slegter as jy daaraan af is!

Nog meer Anoniem ·

Ek stem saam R20 per uur is min, maar wel baie as jou huis,water en krag verniet is. Ongelukkig gaan ek die helfde van my personeel afdank.

Christa ·

Word gratis behuising, gratis water en ligte, gratis voedsel in berekening gebring of gaan dit die einde van die maand van hulle salarisse afgetrek word? Dis nou die salarisse van R200 per dag? DAN sal hulle sien wat dit ons REGTIG kos!!!

Auret ·

Ek stem 100% met jou saam Dup, maar jy praat van goed (vraag en aanbod) wat die regering nie van weet nie. Hulle ken net van vra vir aalmoese, omkoopgeld, belasting, buitelandse hulp, ens. Van die “onsigbare hand” van Adam Smith weet hulle niks. Hulle dink die “onsigbare hand” is daardie een wat onder die lessenaar gehou word om die omkoopgeld te ontvang.

jaco ·

Dis vreemd dat die ANC wat so gedurig wit mense van rassisme beskuldig, so n patetiese minimumloon vir hulle mede-swartes, vir hulle rasgenote, uitgewerk het.

pieter ·

Ek wil net onder almal se aandag bring! In suid-afrika is meeste blankes te gemaklik alles moet vir ons gedoen word soos huishulpe, tuinwerkers ens! gelukkig vir ons om oorsee te bly, is daar geen luukshede nie! Nou vra ek wat is dit om huis skoon te maak,wasgoed was ens en tuinwerk. om saam as n gesin te werk leer jou kinders so baie en die tyd wat jy saam met jo kinders en vrou spandeer is kosbaar!!!

Omstandighedr ·

Hi Pieter,
Dis waar dat Suid-Afrikaners hierdie luuksheid het wat bykans onbiskikbaar is in ander lande. Ek het self daar gewoon.
Ek wil net graag hê jy moet jou omstandighede vergelyk.
In SA is ons huise MASSIEF teenoor klein Europese huisies (in ons land sou hul “huis” as ‘n woonstel kwalifiseer).
Die tuine hier is nog groter as die huis. Ek mis my klein plekkie skielik BAIE!
Verder, in SA moet ons deesdae (normaalweg) baie harder en LANGER werk as die 8 tot 5 om ‘n leefbare salaris te kry. Inteendeel ek bring baie van my werk huis toe sodat ek tussen my mense kan wees.
Laastens, Suid-Afrikaanse mans voel dat wasgoedwas, skottelgoedwas, uitvee & mop, bed opmaak, kinders voer en kids bad meestal n VROU se werk is.
Jy weet dit is anders in ander lande.
Nou vra ek, wanneer moet ek huis skoonmaak? Ek staan op 6:00, kom 18:00 by huis, kosmaak, kinders voer, kinders bad en in bed sit. Dis tussen 8 en 9 wat almal eers rustig en aan’t slaap is. Dan pak ek kos weg en pak skottelgoedwasser. Intussen gooi ek wasgoed in wat oor 40min weer opgehang moet word. Nou is dit al 10uur. Ek haal my rekenaar uit en begin weer met werk. Nou is dir 3uur.
Ek’s uiteindelik klaar.
Wanneer moes ek skoonmaak?

Anne ·

Stem beslis saam met jou pieter, so bietjie self doen kan enige iemand net goed doen.

Elize ·

Die van julle wat so huil oor die huiswerkers en hulle jammer kry, pasop vir wolf in skaaps klere. Dis juis hulle wat huise en elektrisiteit verniet kry en dan later gesoek word vir moord op werkgewers. Op die einde van die dag is dit elke nasie vir homself, maak nie saak hoe goed jy jou werker ingestop het nie. Met die lewenskoste en mediese uitgawes wat al hoe duurder word, kan jy baie beter daaraan toe wees om self jou huiswerkies te doen.

Jaco ·

Elke keer as daar n insetsel is oor die minimum loon is daar mense wat hier te lank daar te kort stories het. Hou op om mense uit the buit. Watter bond kan n mens bekostig vir behuising op R3900? Die wat se hulle gaan hul huishulp moet laat gaan, kry haar drie maal n week in plaas van 5.

Ruby ·

Jaco, hulle hoef nie ‘n bond te kry nie, die hop huise is mahala. Om jou bediende van 5 dae na 3 dae per week te verander, gaan sy NOG minder uitkry alhoewel met ‘n hoër tarief.

My bediende kry klaar meer as R20/huur en ons altwee is gelukkig, sy is dit werd. Ek het hulpe gehad wat slegter as sleg was en agterbaks.

sue 2 ·

Ek doen lankal my huiswerk en tuinwerk self. Dit gaan nie altyd maklik maklik met ń rug probleem saam nie,maar waar ń wil is,is ń weg. Ń mens leer om alles te so aan te pas dat jou werk so maklik en moeiteloos as moontlik gedoen kan word. Boonop bly ons veilig. Geen foto’s of inligting van ons kom en gaan word versprei nie. Hoop net ek kan enduit volhou

Johann Marx ·

Gaan daar dan ook ‘n “minimum produktiwiteitsvlak” voorgeskryf word? Ek betaal wat ek kan bekostig, en wat die sogenaamde “werker” vir my werd is. Ek is in ‘n bedryf waar die gewone man op straat sy inkomste aan my moet spandeer vir die diens wat ek lewer……Skielik moet almal wat iemand in diens het, MEER betaal vir dieselfde produktiwiteit…en kan hulle nie meer my kwotasies bekostig nie. As ek nie ‘n inkomste het nie, kry my werkers ook niks….so eenvoudig soos dit. Dus…..ek beter binne ‘n jaar ‘n alternatiewe plan in plek hê om ‘n inkomste te genereer wat NIE van “arbeid” afhanklik is nie!!

Bob ·

Ekt so bietjie gaan snuffel op google en uitgevra. Hier is ‘n rowwe afbreuk van my tuiswerker se finansies:
Salaris: R2100 (R100 per dag)
Older Persons Grant: R1510 (Haar Ouma bly saam met haar)
Child support grant: 2x R350 (Twee kinders)
Dis rofweg R4310 per maand se inkomste vir ouma, sy en twee kinders. Let wel op die volgende: Behuising is verniet, krag subsidie(+-R65), swaar gesubsidieerde mediese sorg(kliniek en hospitaal) en swaar gesubsidieerde onderwys. Dis nou nie genoeg om in weelde te leef nie maar glo my hulle kripeer verseker nie. Raai wie betaal vir al daardie voordele?

pensionaris ·

Net so. My pensioen is minder as 10 000. Nog 2 afhanklikes. Betaal vir krag en verblyf. Geen child support grant of ander inkomste. Medies ongeskik vir werk weens rugbesering. Ons huishulp wat 2 x n week kom kos vervoer ens kry sal moet gaan. Kan ni bekostig ni

m ·

Onthou net hierdie mense moet ook kos op die tafel sit. Daar is mense wat hulle uitbuit en belaglike salarisse (as jy dit ooit salaris kan noem) betaal en verwag dat hulle moet leef met sulke belaglike geld. Nou kla almal oor die minimum loon. Wat is R3500 p/m om van te leef. My uitgawes is baie meer as dit in n maand. Ek sal nooit met dit kan uitkom nie. So moenie moan nie, maak dan jou eie huis skoon en werk dan in jou tuin as jy jou mense nie n ordentlike geldtjie gun nie. Die lewe is duur en almal wil graag oorleef, jou huis en tuinwerker ook en wie ook al.

Cheerio ·

Jip dis hoekom hulle nou met R0 gaan sit om vir hulle gesinne te sorg. Niemand verwag hulle moet vir minder as R3500 werk nie .. dit is die AANNAME van die ANC dat die wittes hulle minder betaal, ons huiswerkers werk minder dae, dus hoekom hulle minder geld kry . hulle is STUKWERKERS. So ja .. as jy ‘n verniet huis en elektrisiteit en water het .. en gesubsidieerde transport is dit jou keuse vir watter salaris jy wil werk, VERAL as jy nie geskoold is nie. ONS gun hulle absoluut ‘n ordentlike geldjie BY JOU HUIS~!!

Inge ·

M, waar bly hulle en waar bly jy? Natuurlik sal jy nie met R3500 p/m kan uitkom nie! Jy het ‘n huis om te betaal, elektrisiteit, seker skoolfonds, jy betaal seker ‘n kar af… Hulle bly verniet en elektrisiteit is seker ook verniet. Jy kan nie appels met ‘n pampoen vergelyk nie. Ons wittes lewe te lekker en as ons dit kan bekostig, hoekom nie? As jy dit nie kan bekostig nie, doen jou eie tuin ens. Maar iemand wat R9000/ maand kry kan verseker nie ‘n huishulp bekostig nie, dis belaglik. Dan doen jy dit self.

Manie ·

Hierdie rassistiese ANC wat al die agterlike lande van die wêreld aanhang kan gerus gaan kyk hoeveel van hulle vriende het minimum lone. Jy kan nie lande soos China, Zimbabwe, Kuba aanhang en ondersteun waar feitlik geen mense regte is maar in jou eie land wil jy die luukse hê van n minimum loon. Is dit nie baie soos n twee gesig

Jannie ·

Ek lees nou weer hier dat sekere mense dit kan bekostig en sekere nie. Ek kan verseker nie dit doen nie want ek trek ook maar my salaris maandliks. Minimum loon moet bepaal word op kennis vb, het die persoon st10 , het die persoon enige verdere opleiding en werks ondervinding al die goed moet in aggeneem word. Ek ken nie een persoon in ons arbeid wat nie allpay trek nie, meeste bly verniet, krag verniet, skool verniet, vervoer verniet, begrafnis polis verniet, Dr besoeke verniet.opleiding verniet ek kan aangaan en aangaan Maak jou som dan en kyk of dit dan wel net R20.00 n uur is wat die persoon verdien.Ek as blanke moet vir alles betaal, van tv , medies , skool geld , Dr besoeke jy noem dit op. Dan is my salaris ook maar R2000.00 n maand wat ek moet kos koop, pertol ingooi en en en. So ja ek is jammer maar ek kan dit nie bekostig verder nie. Werkloosheid is die enigeste pad voorentoe.

John ·

Baie huiswerkers werk op twee of drie plekke per week. Sommige huiswerkers van werkende egpare kul met hul werksure en werk eers by een woonhuis en daag dan eers so teen 12 uur vir ‘n volgende skof by ‘n tweede plek op. Indien hul uitgevang word, is daar altyd ‘n mediese rede gereed. Sommiges doen sulke rondtes by verskillende werkgewers deur die week. Hul salarisse en kontrakte vervloei en indien probleme ontstaan word dit ‘n katnes van ‘n deurmekaarspul.

Pietman ·

Skuif die minimum loon op na R6000 per maand. SA was bederf met goedkoop arbeid. Middelklas huishouding wat bediendes en tuinwerkers het, belaglik. Meganiseer , pas aan en werk self.

Hie haaaaaaa ·

EK STEM SAAM. Dan gaan al die ongeskoolde werkers GEEN werk he nie, want niemand gaan ‘n ongeskoolde werker R6000 betaal nie. Geen huiswerkers, geen tuinwerkers .. ons doen ons werk self en nog 4 MILJOEN sit sonder werk.

jaco ·

As net 1 werker oor die minimumloon afgedank word, is dit klagtes van onregmatige afdanking by die CCMA en klagtes van rassisme by die CCMA. So julle wat julle so klaarmaak om julle werkers af te dank, moet maar GOED dink voordat julle dit regtig doen. Julle weet wit mense in SA word FYN dopgehou.

Jannie ·

Jaco as daar nie geld is nie is daar nie, jou kennis gewing moet wettig wees en soo ook jou verlof uitbetaling en natuurlik aantal jare se werk se betalings wat betaal moet word moet jy bereken. Seker maak sy of hy is gerigestreer op UIF. Moet ook nie val van Mnr ek sal vir selfde geld werk nie nee my mens daar is nie n kort pad nie. Maak seker jy bly aan die wet se kant. Ek kry regtig die mense jammer en sal regtig hulle R100 n uur gee as hulle dit verdien maar baie dinge is nie moonlik nie. CCMA neem baie dinge in ag , nie nodig om vir dreigemente of self vir hulle teskrik nie. In baie gevalle gaan jy maar gaan na die ccma maar dit sal daar na alles gekyk word. Moenei in n blik gedruk word omdat jy aangegee is by ccma nie en bang raak en nou maar jou self en jou gesin laat swaar kry omdat jy nie kaans sien vir dit nie.

Ruby ·

Jaco, probeer jy mense bang praat of wat? Onregmatige afdanking en rassisme is 2 heeltemal verskillende elemente ou perd.

Kom ek vertel jou gou, al staan die regering op sy kop en fluit…. jy weet, as die werkgewer dit nie kan bekostig nie KAN HULLE NIE.

Regtig!

Sanna ·

NIEMAND KAN JOU DWING om jou huiswerker aan te hou nie, jy gee haar ‘n AFLEGGINGS pakket en GONE Is sy .. Van die 15 000 afdankings sedert SEPTEMBER laasjaar het ek nog nie van baie CCMA sake gehoor nie. Wittes verloor hulle werk en SaNNA moet maar pak. Dit is NIE onregmatig om jou werker af te betaal as jy haar nie meer nodig het of haar nie meer kan bekostig nie . jy gee haar een week betaling vir elke jaar wat sy gewerk het en WHALLA . daar gaat SANNA .. binne een week is die geld klaar . dan sit sy en haar gesin sonder kos en geld.

Anne ·

Ruby , dit gaan jou niks help om met jaco te probeer redeneer nie

Christa ·

Dis reg Auret maar die ANC moet onthou HULLE het die populasie die enigste 2 woorde geleer wat hulle deesdae ken: We Want, We Want!!!

Sharon ·

R20 per uur is nie so baie nie, maar gelukkig het ek my bediende al paar maande terug laat gaan en raai wat, my skoonmaak middels verdwyn nie, my man se whiskey verdwyn nie, ons maak maar self skoon ek glo nie ek soek ooit weer ‘n bediende nie, myne was so disrespekvol in my eie huis omgeskik, asof sy nie daar wil werk nie maar net geld kom kollek, jammer vir die huishulpe wat wel goed is vir families alhoewel hulle seker dun gesaai is.

Chef ·

Ek as gekwalifiseerde chef het n inkomste van sowat R6000 gekry per maand voor tax. Het so 420 ure per maand gewerk wat uurliks uit werk op R14.29. Dit was slawery maar teminste het ek n werk gehad. Met die minimum loon wat so hoog is gaan tale mense hul werk verloor, ek is amper seker hul sal eerder iets verdien as afgedank te word. Indien die loon so drasties op gestoot word gaan lewens middels ens ook drasties duurder word. Wat almal out of pocket gaan los.

Pierre ·

Ook n dierbare bediende gehad. Leef nou 10 jaar oor see. As almal in spring en help het niemand n bediende nodig nie. Was of is ons dal net bederf. Vra net.

WAKKER WORD ASB ·

EK wens die ONINGELIGTES en LIBERALES wil eerstens EEN ding besef. ONS betaal ons huiswerkers en tuinwerkers al LANKAL Meer as hierdie minimumloon wat eers in 2018 van krag sal wees. En julle is so dom dat julle dink dit is NET op HUISWERKERS van toepassing en begin altyd wittes uitvreet omdat hulle so LUI is en nie hulle eie huiswerk doen nie. Nou ja . Laasjaar het 15 000 HUISWERKERS reeds hulle werk verloor – so witmense doen nou hulle eie werk. Daar is baie fabrieke wat deur ANDERSKLEURIGES besit word en besighede soos SHEBEENS waar die mense MINDER AS DIE MINIMUMLOON kry .. so asb hou op ONNOSEL wees, dit is NIE NET HUISWERKERS nie . die Minister wil maak asof BLANKES hulleself skuldig maak .. Huiswerkers werk laaaaaaaaaaaaaankal nie meer vir die minimumloon nie!!

janee ·

Ons Christina werk al 20 jaar vir ons -ek het saam met haar gesit en gese ons kan nie die minimum loon bekostig nie. Sy het uit haar eie gevra om asb te bly,want sy is n jaar voor aftrede .Ek betaal ook haar begrafnis polis. Sy eet uit ons huis en ek koop klere vir die kleinkinders -gee kos ens . R3500 is te min maar ek gee alles wat ek het en sy kan sien dat ons soms ook nie kos in die huis het nie. Ek en sy sal saam dit maak werk.

janee ·

Ons Christina werk al 20 jaar vir ons -ek het saam met haar gesit en gese ons kan nie die minimum loon bekostig nie. Sy het uit haar eie gevra om asb te bly,want sy is n jaar voor aftrede .Ek betaal ook haar begrafnis polis. Sy eet uit ons huis en ek koop klere vir die kleinkinders -gee kos ens . R3500 is te min maar ek gee alles wat ek het en sy kan sien dat ons soms ook nie kos in die huis het nie. Ek en sy sal saam dit maak werk. Hoop nie die politesie beinvloed haar te veel nie

Andries ·

Ek en my vrou kort regtig hulp by ons huis, maar kan nie eens huidige minimum loon betaal nie. Nou skuif die mylpaal alweer. Baie mense sê dit is min geld, wel as jy dan so baie verdien dat dit min is help ander mense wat hulp kort dan om dit te betaal. Besighede betaal soveel aan belasting, CCMA sake (veral skikkings vir mense wat regverdig afgedank was) bedingingsrade en soveel ander instansies wat geld soek. Klein besighede het ‘n berg om te klim om net te probeer bestaan in RSA

Johann ·

Wat ou grote nie weet nie is, ons ou nasie is gewoond aan swaarkry lank voor sy geboorte nog

amanda jonker ·

Aai mede komentators! verseker kan ons hulle meer betaal as ons meer verdien – Ek werk nou al vir die afgelope vyf jaar met dieselfde salaris – My huishulp se salaris gaan elke jaar op en ek moet iets prysgee daarvoor – maar aai nou kan ons nie meer nie ……. ek stem volkome saam hulle moet ook meer vir al hul daaglikse uitgawes betaal – Maar liewer ‘n halwe eier as ‘n lee dop ! Ons werk se duidelik as jy nie tevrede is nie soek vir jou ander werk wat jou meer sal betaal – nou is die werk so skaars so wat moet jy doen liewer ‘n pennie in die hand as niks en sonder enige inkomste by huis. Sterkte aan almal ons sal maar moet leer om ons werk self te doen – oplossing vir moorde en diefstal….. net so terloops my huishulp het al my kosbaarste juwele gesteel ek kon dit nie bewys en het van haar ontslae geraak – die waarde van die juwele in sentiment sal niemand ooit kan vervang nie.

Vra net ·

Nou wil ek graag weet, ons word betaal vir ‘n 40 of 45 uur week en ons beter daai volle ure werk anders word geld afgetrek.
Maar nou sit madam hier buite onder die afdag want volgens haar het sy klaar skoongemaak, maar ek moes self my eie kantoor skoon maak want as mens haar vra om dit te doen dan blaas sy haar mond 10bar op. Vra haar om ander goed te doen wat skoonmaak behels soos haar job description sê, dan verdwyn sy. Van die 8 ure ‘n dag wat sy moet werk, maak sy slegs ‘n uur, miskien 2 ure skoon en die res van die tyd sit sy onder die afdak. Betaal ons haar nou vir 2 ure of nogsteeds die volle 8ure, want sy is wel by die werk. . . .

Se net ·

Ek dink mens kan nie veel doen met R3500 nie. Dis ook waar dat alles behalwe kos en vervoer verniet is vir die werkers. Dit is ook waar dat die kinders seker staatsgeld kry elke maand. Maar op die einde can dag moet ons aanpassings maak wat ons sak pas. Ek sal baie graag my helper R5000 wil betaal as ek dit gehad het, maar dit is nie moontlik nie. So nou sal ek haar moet laat gaan op grond van onbekostigbaarheid. Maar wees gerus mense, want daar is well mense op hierdie forum en elders wat well hierdie tiepe lone kan bekostig. Ek se vir julle fantasties. Ek is bly julle is so geseen. On het ongelukkig nie dieselfde bank balans nie en moet doen wat die beste vir ons gesin is. Dit is mos tyd dat die kids hulle deel bring. :)

Marie ·

Ek doen nog al my lewe my eie huiswerk en tuinwerk,hou my aktief. Sal net graag wil weet of hulle ook ‘n bietjie gaan kyk na staats pensioentrekkers se pensioen wat maar ‘n skamele R1500.00 per maand is en om in n’ aftree oord opgeneem te word moet hulle R 7000.00 per maand betaal

John ·

Miskien moet ‘n arbeidskenner duidelike inligting oordra aan werkgewers veral tov huishulpe en tuinwerkers en die nuwe wet. Dit kan ‘n probleem word as die kleinskrif te klein word om te lees. Onderlinge ooreenkomste met werkers wat glo bang is om hul werk te verloor gaan net die werkgewer sleg raak. Die regshulpkantore sit glo daagliks vol goedige anties wat nou skielik ‘n heel ander deuntjie sing… Onthou, dis die makste hond wat die seerste byt…

Annelize ·

Al hoe meer mense gaan sonder werk sit. Die werkgewer sal dit bloot nie meer kan bekostig nie…

Gaan ly tot al hoe meer diefstal. Want as niemand meer werk het nie waar gaan hulle kos vandaan kry.

Piet ·

Ek moet lag… so baie van julle praat van selfbeskikking, maar julle is te lui om self julle huise skoon te maak. Ja, julle werk blykbaar baie. In Europa werk die mense net so veel, en kry dit reg om alles elf te doen, hoekom kan julle nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.