Nuwe minimum loon vir huiswerkers

geld ekonomie suid-afrika

Argieffoto

Die departement van arbeid het aangekondig dat die minimum loon vir huiswerkers vanaf 1 Desember 2016 aangepas sal word.

Mokgadi Pela, waarnemende woordvoerder van die departement, het in ʼn verklaring gesê die aanpassing is in ooreenstemming met die Wet op Basiese Diensvoorwaardes wat deur die sektorale bepaling gereguleer word. Huiswerkers sluit onder meer huishulpe, tuiniers, kinderoppassers en huishoudelike bestuurders in.

Huiswerkers wat meer as 27 gewone uur per week werk, moet soos volg betaal word:

Huiswerkers in area A (groot metropolitaanse gebiede) sal minimum R12,42 per uur verdien, R559,09 per week en R2 422,54 per maand. Huiswerkers in area B (alle gebiede wat nie in area A val nie) sal minimum R11,31 per uur verdien, R508,93 per week en R2 205,17 per maand.

Huiswerkers wat 27 uur per week of minder werk, moet soos volg betaal word:

Huiswerkers in area A moet minimum R14,54 per uur verdien, R392,58 per week en R1 701,06 per maand. Huiswerkers in area B moet minimum R13,53 per uur verdien, R360,53 per week en R1562,21 per maand.

Area A sluit die volgende munisipaliteite in:

Bergrivier Plaaslike Munisipaliteit, Breederivier Plaaslike Munisipaliteit, Buffalo City Plaaslike Munisipaliteit, Cape Agulhas Plaaslike Munisipaliteit, Cederberg Plaaslike Munisipaliteit, Kaapstad Metro, Johannesburg Metro, Tshwane Metro, Drakenstein Plaaslike Munisipaliteit, Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit, Emalahleni Plaaslike Munisipaliteit, Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, Ethekwini Metropolitaanse Munisipaliteit, Gamagara Plaaslike Munisipaliteit, George Plaaslike Munisipaliteit, Hibiscus Coast Plaaslike Munisipaliteit, Karoo Hoogland Plaaslike Munisipaliteit, Kgatelopele Plaaslike Munisipaliteit, Khara Hais Plaaslike Munisipaliteit, Knysna Plaaslike Munisipaliteit, Kungwini Plaaslike Munisipaliteit, Kouga Plaaslike Munisipaliteit, Langeberg Plaaslike Munisipaliteit, Lesedi Plaaslike Munisipaliteit, Makana Plaaslike Munisipaliteit, Mangaung Plaaslike Munisipaliteit, Matzikama Plaaslike Munisipaliteit, Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit, Middelburg Plaaslike Munisipaliteit, Midvaal Plaaslike Munisipaliteit, Mngeni Plaaslike Munisipaliteit, Mogale Plaaslike Munisipaliteit, Mosselbaai Plaaslike Munisipaliteit, Msunduzi Plaaslike Munisipaliteit, Mtubatu Plaaslike Munisipaliteit, Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit, Nelson Mandela Metro, Nokeng tsa Taemane Plaaslike Munisipaliteit, Oudtshoorn Plaaslike Munisipaliteit, Overstrand Plaaslike Munisipaliteit, Plettenbergbaai Plaaslike Munisipaliteit, Potchefstroom Plaaslike Munisipaliteit, Randfontein Plaaslike Munisipaliteit, Richtersveld Plaaslike Munisipaliteit, Saldanhabaai Plaaslike Munisipaliteit, Sol Plaatjie Plaaslike Munisipaliteit, Stellenbosch Plaaslike Munisipaliteit, Swartland Plaaslike Munisipaliteit, Swellendam Plaaslike Munisipaliteit, Theewaterskloof Plaaslike Munisipaliteit, Umdoni Plaaslike Munisipaliteit, uMhlathuze Plaaslike Munisipaliteit en Witzenberg Plaaslike Munisipaliteit.

Al die munisipaliteite wat nie onder area A gelys is nie, val vanselfsprekend onder area B.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

Uvonka ·

Ag nee wat, ek doen al my huiswerk eerder self want vir hulle “demands” en tjol sien ek tog nie kans nie. Ek werk voltyds en doen wat ek kan na werk en op naweke die res. Moet ook se, gelukkig help my man my baie.

Matilda ·

Stem saam. As dit nie gedoen word nie het ek nie nodig om iemand te betaal vir halwe en slordige werk nie. As gewone salaristrekker en enkel verdiener kan ek dit buitendien nie bekostig om so luuks te lewe en ‘n huiswerker te betaal

Chrisjan ·

Ja nee al die jare het swart mense vir ‘n appel en ‘n ei gewerk maar dit is nie hoe dit werk in die wereld daar buit nie. Tyd geword dat blanke Suid-Afrikaners wakker skrik! Meeste mense in Europe moet hulle eie huise skoon maak en stryk en wasgoed was. Dit het al te lekker gegaan en nou besef julle eers ‘n mens moet betaal vir arbeid. R2 400 is nogsteeds te min vir ‘n voltydse huishulp.

A ·

Ek kan dit ook nie meer bekostig nie. Ek het ‘n inbly bediende die afgelope 34 jaar al by ons. Sy werk slegs 3 dae per week by my, maar ek dink ek gaan maar ook self moet inspring. My salaris gaan nie op nie. Ons kry nie eens 4% verhoging nie en geen bonus. Ek wonder of die regering besef dat daar nou nog iemand gaan wees wat UIF eis en dan op hulle nekke gaan lê.

vytjie ·

U het rede om sulke woorde kwyt te raak. U was vir baie GOED wat dit absoluut nie waardeur het nie. Weet U ek werk vir die Wonderlikste mense. Eintlik twee huise, want die vorige laat my elke Saterdag inkom om net daar te wees, ten betaling. Die Huidige is EERLIK met my deur te se ons kan jou nie oortyd betaal nie toe laat ek self hoor die aftyd sal beter wees. Nie alle Witmense het besighede nie baaaaaaie werk ook maar vir salaris, maar weet U die LIEFDE wat ek daar kry KAN NIE in geld omgesit word nie. En ek verrig ook nie TJOL werk soos U verwys nie. Ek maak die toilet so skoon asof JESUS dit nou sal gebruik, ek doen my BES vir DAAI mense

Rudi ·

Vytjie: Dankie vir u eerlike en harde werk. Ek dink mense maak te haastig ekstreme uitsprake. R15/uur is billik gegewe hoeveel dit deesdae kos om te lewe. Ongelukkig is dit wel so dat nie almal dit kan bekostig nie (veral bv. pensionarisse), en dit lei dalk tot hoër werkloosheid as huishulpe ontslaan moet word omdat dit dan onwettig is om minder te betaal, al sou die huishulp eerder vir minder werk as om nie werk te hê nie. Daar is ongelukkig nie ‘n volmaakte antwoord op hierdie probleme nie.

Jojo ·

Ons is net so lief vir di vrou wat by ons werk. Sys my regterhand . Ek is wel n tuismamma maar met twee woelwaters wat ni skool toe gaan nie is sy twee dae n week vir my n engel. Ons trek ongelukkig en sy kan ni saam. En oor ons slegs een salaris het en di stad duurder is sal ek moontlik ni weer iemand kan bekostig maar die Here sal voorsien.

Marius Liebenberg ·

My huishulp werk 16 uur per week. Sy maak haar eie brekfis by ons. Ek maak genoeg (en lekker) kos sodat sy ‘n groot bord kookkos kan huistoe vat. Sy kry R1200 per maand. Dit is R17,30/uur. Bowenal kry sy R1,200 vir krismis plus ‘n persent. Sy kry ook ‘n verjaardagpersent. Ons betaal haar taxigeld. Sy maak nie wonderlik skoon nie, maar sy is betroubaar, steel niks en is dierbaar. Sy het ‘n kind. Ons gee af en toe ‘n geldjie vir sakgeld. Einde van die jaar koop ons skoolklere en ‘n krismispersent. Die tuinman word dieselfde behandel. Haar naam is Emilly.
Ek is besig om ‘n groter rassis te word by die dag agv hoe witmense behandel word deur swartmense. Zuma/Malema/moordenaars – lees die nuus.
En hier kom Vytjie en sy staan op en sê MY MENSE IS GOEIE MENSE EN EK IS LIEF VIR HULLE
Dankie Vytjie. Ek wil egter vir jou vra: Praat met jou mense om op te hou. Anders gaan die goeie witmense al hoe minder word.

Annemarie ·

Vytjie, jy is ‘n engel. En ek is elke dag dankbaar vir my Lina wat ‘n engel soos jy is. Sonder haar sal my huishouding nie so glad verloop nie. En ek sou uitmis op no ‘n “ma” as sy nie daar was nie.

Jaco ·

Vytjie….ek eer jou vir die mens wat jy is en ek bid opreg dat die Here jou sal seën. Ek bid ook dat die mense vir wie jy werk, mooi na jou sal kyk en jou sal oppas en waardeer.
Ek verstaan dat almal swaar kry, maar om lelike uitsprake te maak is onnodig daaroor. Wys my hoeveel mense sal 8 ure ‘n dag werk, 21 dae ‘n maand vir R2 422,54. Ek glo as ons eerlik is, en ek praat nou as ‘n eienaar van ‘n besigheid wat dit daagliks sien, is daar min van ons wat dit sal doen, ons sal eerder sleg lê by die huis as om dit te doen. Ons moet ons nie verhewe bo mense nie, veral nie as ons nie omstandighede ken en verstaan nie. Gee vir ‘n huis gesin van 4 mense kos, verblyf en klere vir R2422.54 per maand, of probeer dit selfs een keer, dan en slegs dan probeer weer kla oor dit.

MEISIE ·

Ek het ook ‘n bediende wat vir my werk. Ek betaal haar nie ‘n groot salaris nie omdat ek dit nie kan bekostig nie. Sy bly in en betaal nie vir haar kamer nie, ook nie vir haar elektrieseteit nie. Dan het sy haar dogter se kind van geboorte af (haar dogter was in matriek) aangeneem en on sorg al 8 jaar vir hom ook. Hulle kry AL hulle etes en kos uit die huis uit. Dan koop ek ook elke week vir hulle vrugte van so R35.00. Dan gee ons altyd ‘n geldjie op die kind se skool lyste. Sy werk nie naweke nie. Sy kry elke Desember ‘n bonus wat ek nie eers kry nie want ek werk vir ‘n NGO (NPO) instansie. Ons kry ook nie verhogings. Ons help ook met medikasies waar nodig. Sy kry ook gereeld af om kliniek toe te gaan omdat sy ‘n diabeet is. So as sy ontevrede is moet sy maar ander werk gaan soek.

Naomi ·

Vytjie, dit is so wonderlik om jo boodskap te lees. Nie alle wit mense is sleg soos wat daar sommige keer deur mense “adverteer” word ni. Jy word juis deur Jesus geseen omdat jy met Sy positiewe gesindheid en guns werk.

carel ·

Amazing Vytjie. Ek weet ook van baie wat soos jy voel, maar mense you mos nie van die waatheid nie. Wil net die lelike sien en hoor. Ek wonder of mense weet wat dit werd is om in te bly? As Jy n eenslaapkamer vertrek gaan huur in n wit woonbuurt kos dit jou R5000, wonder krag. Vytjie ek respekteer jou en duisende ander soos Jy!!!!!

Gerda ·

Gelukkig ek nie lui om my eie huiswerk te doen nie. Ek vetrou niemand in my huis nie en geen inligting kan uitlek van my nie.

gerrie ·

Ek hou van jou antwoord. Ons woon in NZ en moet dit ook maar self doen. Sterkte daar in SA. Ons dink baie aan julle.

mosselbos ·

Ek skaam my! Ons witmense kan so ingat wees! Betaal die mense wat by jou werk ordentlik en behandel hul met respek. My huishulp kry veel meer as die min loon (wat in elk geval maar karig is). Sy werk al jare vir my en ons het wedersydse respek vir mekaar. Spandeer minder geld op bedorwe brokkies en skaf n huishulp aan. N Vrou wat voltyds werk kan haar nie nog afsloof in die huis nie. Ten minste kan jy darem n ander persoon n inkomste gee.

Neewat ·

Niks met ingat te doen nie. Die mense trek al swaarder en baie gesinne het nog net een salaris waarop hulle nie meer ‘n huiswerker kan bekostig nie. Jy kan nie vir ander mense voorskryf hoeveel geld hulle op hulle kinders (en hulle toekoms) moet spandeer en hoeveel op ‘n huishulp nie. Dalk kan hulle die kinders sommer van vroeg af leer om in die huis te werk na skool, dan is hulle nie sulke “bedorwe brokkies” soos waarna jy verwys nie.

gatiep ·

Mooi man se ek ook mosselbos.
Vytjie jy klink na iemand met n goeie hart.

mosselbos ·

Nee wat ek praat van mense wat huishulpe.het en dan vir hulle n skamele R100 per dag en selfs minder betaal. As jy nie n huishulp.kan bekostig by all means dit is jou volle reg. Ek werk oortyd per maand om die luukse te kan bekostig. Dit is vir n eer om aan n ander persoon werk te verskaf. Ek vertrou haar en ten minste weet ek daar is nie nog iemand wat op straat staan en bedel. En sy maak nie bedorwe brokkies groot haar EEN kind is met die minimum tevrede…

Cynthia ·

ek werk liewer self, niks word gesteel of gebreek nie. Hulle raak te duur want my ondervinding is salaris, plus taxi geld en 2 etes op n dag, ek kry nie sulke voorregte by my werk nie. (etes en vervoer geld nie)

Martin ·

Enige iemand wat hulle huiswerker so min geld betaal verdien nie ‘n huiswerker nie.

Jo-anli ·

pas asseblief ontvangsfanes/pa/assistent om steke been armbreuke Dr koffie tee kos aandra Leërs reg0ak paiënte help tekeminge wehstuur rn vele meer gee ook medikasie
werk van 8 AM TOT 10 OF 11 in aand skamele R3000 as hy in goeie bui is omce in ń moon R4000
FIAND. SY woorde ons is ondergesķiķtes hys beter as ond. EK WERK.NIR MEER VIR DAAI KWAĶ

Stephanie ·

Wat ek graag wil weet is waar kan ek sien hoeveel ek moet betaal vir 1 Saterdag per maand. Werk tyd is 07h00 tot maksimum 12h00, maar gewoonlik korter ure. Slegs een persoon in “bachelors flat”. Val onder area A. Sy doen glad nie was of stryk werk nie. Sy werk ander dae, behalwe Sondae, permanent by n ander gesin.
Voordat iemand my beskuldig van lui of sleg wees… ek is n pensioenaris en het hulp nodig om een dag per maand “ordentlik” skoon te maak en vensters te was. My ou lyf wil nie meer al dag saam werk nie.

charmaine ·

Sal hierdie vir my man gee sodat hy kan sien hoeveel betalings is hy agter op my lone!!(hahah)
Ons werk ook maar self, niks raak weg, of opgeeet nie en ek kan werk wanneer ek wil.

Jean-Pierre du Preez ·

Goeie dag, ek is n’ jong proffesionelle man. Self nou net begin werk en kan nie verstaan hoekom dit so opspraakwekend is nie. Mense spandeer n’ minimum van R50 net om by die werk te kom en terug. Staan tenminste 5:30 in rye om by jou huis jou gemors skoon te maak. Dit is waansinnig om te dink hierdie word as ruglyn tot n’ salaris aanskou. Om te dink enige iemand kan die moeite doen vir n’ werk wat geen geleenthede tot groei of vooruitgaan verskaf nie. Dan is daar opspraak om n’ skamele R150 te betaal wat indirek R100 per dag is na vervoer.

Dit is n’ luuksheid. Bitter min kan in die res van die wereld die dienste bekostig.

Petro ·

Hi, ek is n kleurling vrou woon in di buiteland, ek wil net meedeel, hier word als self gedoen j pak jo eie kossakke in n winkel, gooi jo eie petrol, maak jo eie huis en tuin skoon. Mense wt wel di dienste verskaf sal lag oor di skamele geldtjies wt swart Suid- Afrikaners voor wrk. Ek wrk een dag 8 ure in n huis dan verdien x di hele maand se salaris wt hierbo in n A gebied aangedui word. Waardeer di mense se opoffering vir dai salaris want hulle moet al di toutjies in hul eie huishouding trek mt dt en nog boonop na hul heeldag in n ander se kombuis gestaan ht dt gan voortsit by hul plek. Dink net vir n oomblik hoe j as vrou dt sou kon doen as j jo in jo werker se skoene plaas. Danki aan di mt begrip dt mk ons land n beter plek.

Lux ·

En binnekort sit hulle ook sonder werk of verminder die mense hulle werksure. Ons betaal in elk geval lankal bo die minimumloon, maar wonder ook nou self of dit nog die moeite werd is. Dis tans ‘n luxury, dalk moet ons die luxury ook maar laat gaan.

Annemarie ·

Ek stem saam met jou Lux. Maart ’16 toe ek myne ‘n 7% verhooging gee (selfde wat ek gekry het) het sy die vermetelheid gehad om dit in my gesig terug te gooi en gese wat moet sy met dit doen. Ek dink baie sterk daaraan om haar nou te laat gaan. Minder goed sal by hul self breek in my huis.

Positive ·

Ek betaal my huishulp n mooi salary,meer as wat die arbeidswet se. Sy is eerlyk, lieflyk, goeie hart, nie coumplaints nie, werk baie mooi, sing die heel dag, sy slaap in en haar kamer is spotless clean, sy doen hikkelwerk vir die ‘arm’ kinders. Ek betaal met plesier haar salary stiptelyk elke maand en betaal elke vrydag haar transport vir huistoe te gaan om met haar ma en sister te gesels, sy is n plesier in my huis. Ek is haar baie dankbaar en se dit elke aand vir haar.

vytjie ·

Ek sal ook graag iets op die been wil bring soos huiswerkers met integriteitL: Daar buite loop huiswerkers met die gedagte ” Hulle het te veel ek vat sommer vir my ok.” of Koop mev `n groot sak suiker dan voel die huiswerker ek Vat sonder om te vra. Ek het `n obsessie met eerlikheid. dit BEHOORT nie aan my nie. Mev of mnr U het die VOLSTE REG om te praat want U het nie U goed gekry nie. die VOLK in die boonste gestoeltes weet nie van die goed nie dan kom hulle nog met GROOT salarisse en bybenodighede. Ek kan hierdie dinge se want my VERLOSSER leef. Dan is daar ook huiswerkers wat dink die werkgewers skuld hulle. dis dinge wat bespreek moet word. Ek hoop so gou moontlik om so iets op die been te bring

Leeutjie ·

Vytjie ek wens almal het geredeneer soos jy! 10 uit 10 vir jou!! Jy is die sout van die aarde!!

jantjie85 ·

Vytjie, jy klink vir my na net so ‘n engel soos ons huishulp wat ons een keer ‘n week kry. Ek wens ek kon haar vir meer as een dag per week kry maar finansies is maar ‘n probleem en ek wil vir niemand indoen as gevolg daarvan nie. Ons betaal haar R200 per dag, sy kry haar ontbyt en middagete. Ons ry ook 30km om haar weer by haar huis te gaan aflaai. Maar ons doen dit met ‘n glimlag. Sy’s dierbaar, eerlik, netjies en ons kan haar regtig met ons lewe vertrou. Dis ‘n voorreg wat almal ongelukkig nie het om so ‘n staatmaker in diens te he nie. Liewe Jesus sien raak wat jy doen en sal jou seen!

Annakapat ·

Ek het ‘n inbly huishulp wat twee dae ‘n week vir ons werk – sy het voorheen net een dag gewerk maar na sy haar werk by ander mense verloor het, het ons gesin besluit om haar vir twee dae te vat. Sy werk al meer as 20 jaar vir ons en bestuur ons huishouding asof dit haar eie is, veral as ek en pa bietjie gaan vakansie hou en die seuns is alleen by die huis – en baie belangrik, sy versorg ons honde soos ons kinders. Sy steel absoluut niks – en glo my, sy steel regtig niks. Sy koop haar eie toiletware, tee, suiker, mieliemeel ens. Sy was elke aand ons skottelgoed en kry ‘n bord behoorlike kos, selfs naweke gee ek vir haar kos. Om die waarheid te sê kon ek al by haar ‘n koppie of twee mieliemeel leen. Ek deel van my hartsgeheime oor kinders, ouers en vriende met haar! ‘n Vriendin gehad wat altyd gesê het sy is nou ‘n huishulp met ‘n persoonlikheid. Ons het groot waardering vir haar en betaal haar meer as wat die wet nou bepaal. Sy respekteer ons net soveel soos wat ons haar respekteer en as die bordjies omgekeer was, weet ek sy sou dieselfde vir ons doen.

Kayla ·

Nee wat ek kan dit nie bekostig nie ek doen maar eerder my huiswerk self

grotman77 ·

die bybel se die arbeider is sy loon werd…. die vraag wat ons onsself moet afvra is of ons die selfde werk sal doen vir die bedrag wat ons ons arbeiders betaal. as die antwoord nee is kyk weer in jou beursie

natasha ·

Hi sluit dit hulle vervoer kostes in of sonder vervoer kostes…….ek betaal my dame 2300 plus sy kry elke dag 15 taxi geld..

jennefer ·

Ek doen ook maar self die huiswerk, die laaste jaar voel ek veiliger sonder iemand wat my presiese doen en late weet. Op n plaas red dit dalk net jou lewe! Daar is egter wonderlike vroue wat meer as minimum loon verdien.

Tania ·

En dis hoekom al hoe meer mense sonder werk sit. Iemand wat net n salaris verdien kan nie n hele salaris uit hulle salaris betaal nie. Mense kan nie bekostig meer om huishulp aan te stel nie. Ek het altyd iemand gehad wat my gehelp het op saterdae maar ons het kameras in die huis en haar elke saterdag sien steel. Sy het baie half gewerkook. Maak al n paar maande my eie huis skoon. Verkies dit so. Geen informante

MerriMoon ·

Ek maak nog altyd my eie huis skoon. Dis veiliger en my geld is my eie

Magda ·

Ek werk voltyds en is n enkelma, het ook n huishulp gehad tot ek geskei is. Ek eht haar nie afbetaal nie, ek het maar oë toegeknyp en haar getrou elke maand betaal. Toe dinge te rof raak, het ek eers vir haar ander werk gekry voor ek met haar n gesprek gehad het om te sê ek kan haar nie meer bekostig nie. Ek het ook my oë toe geknyp vir al die plekke waar sy nie afgestof of skoon gemaak het nie, want ek het geredeneer anders moet ek dit self doen. So het sy halwer begin werk, maar ek het haar jammer gekry. Sy het kinders. Elke keer as die brandstof opgaan, gaan taxigelde op en het sy ” increase” kom vra. As sy instap soggens bak sy 3-5 eiers en middagete eet sy n vol maaltyd. Maar ek kon dit eenvoudig nie meer bekostig, my werkgewer voorsie nie etes, betaal nie my vervoer ens nie. So nou werk ek self, en as ek half werk dan kan ek niemand daarvoor blameer nie. Die geld wat ek per maand spaar , gebruik ek om dinge in en om die huis reg te maak. Jammer om te hoor, maar niemand kry my jammer nie…

Retha Homann ·

Vytjie jy is ‘n ster, ek wens daar was nog mense soos jy. Jy verdien net die beste!

neelsie ·

Raak fiks ,verloor gewig , dan sal jy energie he om jou eie huis/tuinwerk te kan doen.
Raak ontslae van onnodige goed en doen deeglike beplanning.

vytjie ·

MARIUS LIEBENBERG: EK PRAAT VAN MY WITMENSE IS GOEIE MENSE. MAAK TYD EN LEES DIT MET BEGRIP EN GOEIE GESINDHEID.

Francois le Cochon ·

My groot probleem is dat huishulpe se salaris nie belasting aftrekbaar is nie. Indien ek R20,000.00 per maand verdien, betaal ek belasting op R20,000.00 (teoreties). Indien ek my huishulp R3000,00 per maand betaal, behoort ek net belasting op R17,000.00 inkomste te betaal. Ek is mos dan ‘n werkgewer.

Yvonne ·

vytjie, kan jy nie vir my ook kom werk nie want dit is vir seker – jou kaliber is DUN gesaai in vandag se lewe!!!!!!!!!!!!

LS ·

Nee wat, ek kan ook nie ‘n huishulp bekostig nie, doen alles myself, maar gelukkig het ek ‘n man wat my baie help.
Ons het ook slegte ondervinding gehad en besluit ons doen dit eerder self. Nie almal van ons is gelukkig om ‘n Vytjie te hê nie.
Vytjie, wens daar was meer bediendes soos jy. Well done !!!

Ans ·

Nou wonder ek wat doen die pensionarisse wat huishulpe het.
Hul word minder betaal deur die staat as wat die minimum lone nou is !!

Sukkelaar ·

My dame kom 2 keer n week in. Wat moet ek haar betaal? Sy werk van 10h00 tot 16h00 of soms 17h00.

Ons betaal taxigeld van r 100 per week. Elke jaar kry sy n dubbele tjek vir kersfees + nog presente. Huisinglig kry sy 1200 per maand sonder taxi geld. Haar dogter het n babtjie gehad – ons voorsien ook die babtjie van kleertjies. Soms tit ek skeltjie vir haar n pakkie vleis om huistoe te vat. ( my man wil atlyd weet wat is in die vrieskas en ken die vrieskas uit sy kop uit?_As ek takeways koop, koop ek vir haar ook (lunchtye)

Liz ·

My mapstieks ek gaan myne moet minder betaal! @R25 is ek, lyk my, heeltemal te vrygewig!

E.K. ·

Ek het jare lank self gewerk en kan nie meer weens ‘n probleem met my een arm. Maar ek betaal my bediende klaar meer as dit. Sy werk net 5 dae per week, kry elke jaar dubbtjek (kersbonus) en as sy tyd meot afneem as haar kind siek is doen ek dit. Want ek het vir ‘n baas gewerk (oujonkêrel) wat die piep wou kry as jou kind regtig siek is en jy geen ander keuse het om te moet tuisbly nie. Dit terwyl ek baie oortyd (gratis) gewerk het ens, so ek het besluit ek gaan ‘n beter baas wees. Sy neem nie kanse want sy is gelukkig by my. Sy is eerlik en netjies en vriendelik en doen dus ook baie goed uit haar eie juis omdat sy goed behandel word. Sy kry ook uniforms sowel as ‘n kospak (vleis) elke maand. Met haar verjaarsdag kry sy koek en geskenke en die kinders ook. Ons behandel haar goed en menswaardig en sy respekteer ons en doen haar bes.

Wynvanre ·

Bo en behalwe die betaling moet die skade van diefstal ook bygereken word. Het al vanaf 1990 geen huishulp nie en ek bespaar duisende + per maand. Die wet maak ook meer werklose arbeid. Nee wat ek sal nooit weer n huishulp in my wooning toe laat. Kry gemiddeld 6 per dag wat kom vra maar nee dankie…….ie boer stel nie belang nie. Hulle moet maar by hul eie stinkryk mense gaan steel.

Johann ·

Ons huishulp werk al 26 jaar by ons en word al soos n lid van die familie beskou. Agv die feit dat ons albei nou met pensioen is kan ons haar net 2 dae per week bekostig. Haar verhoging is jaarliks die selfde as ons pensioens verhogings. Beide van ons het in die staatsdiens gewerk en voel dit is net regverdig dat dit haar ook toekom wat ons kry. Dan het ons die gebruik om een maal per maand vir haar n verskeidenheid groente, n 2kg pak gemengde hoenderstukke en n 5kg pak mieliemeel te koop. As teken van dankbaarheid het sy nog nien dag in die 26 jr afwesig gewees of net weggebly soder om eers met ons in gesprek te tree en nodige reëlings te tref nie. Dankie Anna jy is ons juweel.

se net ·

Dit is als goed en wel hulle verdien voorwaar meer geld maar besef julle dat seker mense wat by klein supermarkte of informele plekke werk minder as R10 n uur ontvang en omdat werk skaars is werk die meeste maar vir dit. Dan het die meeste nog kinders ook en hoe moet so n persoon n ander persoon n groter salaris betaal as waarvoor hulle werk.

Meraai ·

En as ek na Vytjie – hier bo – se goeie Afrikaanse skryfstyl en spelling kyk (behalwe vir die ‘waardeur’) klink dit asof sy dalk meer as net ‘n matrieksertifikaat in die sak het. Of speel Vytjie dalk duiwelsadvokaat??

Opinie ·

My eerlike opinie, Vytjie is ‘n wit persoon wat nou al hierdie ander wittes paai.. lmga

Nekita ·

Ek het ‘n Engel in my huis, sy is nie ‘n “bediende” nie, sy is Maria.
Sy werk al meer as 20 jaar by my, 2 keer per week. Ek kan haar nie meer as dit inkry nie omdat ek dit nie kan bekostig nie, want ek betaal haar ‘n better salaries. Sy is meer werd as die salaris wat my “baas” kry vir waarvoor hy nie eers werk nie! Ek sukkel om finansiël by te hou, maar het nie die hart om haar minder in the kry nie. Ek verdien nie genoeg om haar te betaal vir wat sy vir my werd is nie. Om gesondheidsredes kan ek haar nie los nie, maar ek hou haar omdat sy vir my so geweldig baie beteken, as mens en omdat sy net so lief is vir my honde as ek self.

Neilia ·

Die kere wat ek n werker gehad het ,het ek hulle altyd meer as wat die wet vereis betaal. Uit my huis geeet, gaan af en oplaai elke dag, verjaarsdag koeke en geskenke, kersfees bonusse. Maar om hemelsnaam, teelepels weg, eet gerei gone, glase chip, borde breek , toaster brand uit, non stick word geskuur. En strykysters hou wonderbaarlik nooit.. nou werk ek self alles hou niks raak weg en strykyster al 7 jaar. Met my 2500 elke maand in my sak bederf ek my kinders , spaar vir onbeplande onkostes en koop gereeld n mooi dingetjie. Treat 4 mense waar ek net een kon bekostig.

Petro ·

Nie almal wt by jou deur kom aanklop vir n werkie is onopgevoed nie, soos ek in my vorige kommentaar gese het, ek’s n kleurling vrou maar woon in die buiteland. Ek is afkomstig uit die platteland in SA, maar om tot die punt te kom, almal is nie so bevoreg om na matriek te gan verder studeer ni. Ek ht vanaf di ouderdom van 21 jaar as n gekwalifiseerde tuisversorger oral oor di weskaap gewerk en almal was goeie witmense en die ondervinding dra x gereeld op social media oor. As j n persoon se menswaardigheid respek is dit wat jy trug kry en nie almal kom om te steel nie. Netsoos n mens nie al die witmense onder een kam moet skeer nie. Apartheid het letsels gelaat op almal, maar ons kyk vorentoe. Ek het twee jaar nadat x tuisversorging opgegee het en vurkhyster in my tuisdorp gaan ry het, n wonderlike man ontmoet. Blank en van die buiteland op die dat x my hier bevind en ons is een ouderdom 34. Ek is baie lief vir my land en al sy mense. En kan di blankes wavoor ek gewerk het nie genoeg bedank vir di leiding en liefde vanaf hulle ni. Dit het my op baie maniere gebrei tot die grootmens wat x vandag is.

Ina ·

Petro ek hoor jou hart en as ons regtig mooi na ons medemens kyk, sal ons “iets” goeds in elkeen raaksien en ja daar is die uitsonderings onder wit, swart, bruin, groen, geel en pers maar ons moenie dat iemand anders se foute of verkeerde dade ons van ons geluk beroof nie.

Ek wil net vir jou se dat ek gun jou al die geluk wat jy kan kry saam met jou huweliksmaat al is hy blank want liefde vra nie watter kleur jy is nie ons almal se bloed is rooi – wees lief vir hom en ek glo hy sal jou soos n vrou en prinses laat voel. Wens julle allr geluk en voordpoed toe op jul pad vorentoe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.