Nuwe minimum loon vir huiswerkers

geld ekonomie suid-afrika

Argieffoto

Die departement van arbeid het aangekondig dat die minimum loon vir huiswerkers vanaf 1 Desember 2016 aangepas sal word.

Mokgadi Pela, waarnemende woordvoerder van die departement, het in ʼn verklaring gesê die aanpassing is in ooreenstemming met die Wet op Basiese Diensvoorwaardes wat deur die sektorale bepaling gereguleer word. Huiswerkers sluit onder meer huishulpe, tuiniers, kinderoppassers en huishoudelike bestuurders in.

Huiswerkers wat meer as 27 gewone uur per week werk, moet soos volg betaal word:

Huiswerkers in area A (groot metropolitaanse gebiede) sal minimum R12,42 per uur verdien, R559,09 per week en R2 422,54 per maand. Huiswerkers in area B (alle gebiede wat nie in area A val nie) sal minimum R11,31 per uur verdien, R508,93 per week en R2 205,17 per maand.

Huiswerkers wat 27 uur per week of minder werk, moet soos volg betaal word:

Huiswerkers in area A moet minimum R14,54 per uur verdien, R392,58 per week en R1 701,06 per maand. Huiswerkers in area B moet minimum R13,53 per uur verdien, R360,53 per week en R1562,21 per maand.

Area A sluit die volgende munisipaliteite in:

Bergrivier Plaaslike Munisipaliteit, Breederivier Plaaslike Munisipaliteit, Buffalo City Plaaslike Munisipaliteit, Cape Agulhas Plaaslike Munisipaliteit, Cederberg Plaaslike Munisipaliteit, Kaapstad Metro, Johannesburg Metro, Tshwane Metro, Drakenstein Plaaslike Munisipaliteit, Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit, Emalahleni Plaaslike Munisipaliteit, Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, Ethekwini Metropolitaanse Munisipaliteit, Gamagara Plaaslike Munisipaliteit, George Plaaslike Munisipaliteit, Hibiscus Coast Plaaslike Munisipaliteit, Karoo Hoogland Plaaslike Munisipaliteit, Kgatelopele Plaaslike Munisipaliteit, Khara Hais Plaaslike Munisipaliteit, Knysna Plaaslike Munisipaliteit, Kungwini Plaaslike Munisipaliteit, Kouga Plaaslike Munisipaliteit, Langeberg Plaaslike Munisipaliteit, Lesedi Plaaslike Munisipaliteit, Makana Plaaslike Munisipaliteit, Mangaung Plaaslike Munisipaliteit, Matzikama Plaaslike Munisipaliteit, Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit, Middelburg Plaaslike Munisipaliteit, Midvaal Plaaslike Munisipaliteit, Mngeni Plaaslike Munisipaliteit, Mogale Plaaslike Munisipaliteit, Mosselbaai Plaaslike Munisipaliteit, Msunduzi Plaaslike Munisipaliteit, Mtubatu Plaaslike Munisipaliteit, Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit, Nelson Mandela Metro, Nokeng tsa Taemane Plaaslike Munisipaliteit, Oudtshoorn Plaaslike Munisipaliteit, Overstrand Plaaslike Munisipaliteit, Plettenbergbaai Plaaslike Munisipaliteit, Potchefstroom Plaaslike Munisipaliteit, Randfontein Plaaslike Munisipaliteit, Richtersveld Plaaslike Munisipaliteit, Saldanhabaai Plaaslike Munisipaliteit, Sol Plaatjie Plaaslike Munisipaliteit, Stellenbosch Plaaslike Munisipaliteit, Swartland Plaaslike Munisipaliteit, Swellendam Plaaslike Munisipaliteit, Theewaterskloof Plaaslike Munisipaliteit, Umdoni Plaaslike Munisipaliteit, uMhlathuze Plaaslike Munisipaliteit en Witzenberg Plaaslike Munisipaliteit.

Al die munisipaliteite wat nie onder area A gelys is nie, val vanselfsprekend onder area B.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

61 Kommentare

jongste oudste gewildste
Uvonka

Ag nee wat, ek doen al my huiswerk eerder self want vir hulle “demands” en tjol sien ek tog nie kans nie. Ek werk voltyds en doen wat ek kan na werk en op naweke die res. Moet ook se, gelukkig help my man my baie.

A

Ek kan dit ook nie meer bekostig nie. Ek het ‘n inbly bediende die afgelope 34 jaar al by ons. Sy werk slegs 3 dae per week by my, maar ek dink ek gaan maar ook self moet inspring. My salaris gaan nie op nie. Ons kry nie eens 4% verhoging nie en geen bonus. Ek wonder of die regering besef dat daar nou nog iemand gaan wees wat UIF eis en dan op hulle nekke gaan lê.

vytjie

U het rede om sulke woorde kwyt te raak. U was vir baie GOED wat dit absoluut nie waardeur het nie. Weet U ek werk vir die Wonderlikste mense. Eintlik twee huise, want die vorige laat my elke Saterdag inkom om net daar te wees, ten betaling. Die Huidige is EERLIK met my deur te se ons kan jou nie oortyd betaal nie toe laat ek self hoor die aftyd sal beter wees. Nie alle Witmense het besighede nie baaaaaaie werk ook maar vir salaris, maar weet U die LIEFDE wat ek daar kry KAN NIE in geld omgesit word… Lees meer »

Gerda

Gelukkig ek nie lui om my eie huiswerk te doen nie. Ek vetrou niemand in my huis nie en geen inligting kan uitlek van my nie.

gerrie

Ek hou van jou antwoord. Ons woon in NZ en moet dit ook maar self doen. Sterkte daar in SA. Ons dink baie aan julle.