Nuwe minimumloon vir huiswerkers

geld 2Die minimumloon vir huiswerkers styg op 1 Desember, het Mildred Oliphant, minister van arbeid, se kantoor het Dinsdag aangekondig.

Die departement van arbeid klassifiseer huiswerkers as onder andere huishoudsters, tuiniers en kinderoppassers.

“Die nuwe sektorale vasstelling vir die minimumlone van huishulpe is vanaf 1 Desember 2014 tot 30 November 2015 van toepassing,” het Mokgadi Pela, woordvoerder, in ʼn verklaring gesê.

Die nuwe minimumloon vir huishulpe in stedelike gebiede wat meer as 27 gewone ure per week werk, is minstens R10.95 per uur. Dit kom, vir ’n 45-uur-week, neer op R476.68 per week of R2 065.47 per maand. Die bedrag vir huishulpe wat nie in stede werk nie is minstens R9.30 per uur, R418.32 per week, of R1 812.57 per maand.

Die nuwe minimumloon vir huishulpe wat in stede werk maar minder as 27 gewone ure per week werk, is minstens R12.40 per uur, R334.74 per week, of R1 450.33 per maand. Die bedrag vir werkers wat nie in stede werk nie is minstens R10.98 per uur, R296.35 per week of R1 284.09 per maand.

Hierdie verhoging is die laaste jaar in die huidige driejaar-sektorale siklus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Sanet ·

Ag asb. Wys my ‘n huishulp wat vir minder as R150.00 ‘n dag wil werk (Noordelike Voorstede Kaapstad)? Sommige is selfs so voorbarig as om R180.00 ‘n dag te wil hê. Dan kom hulle eers omtrent 09h00 by jou huis aan en dan eet hulle nog uit jou huis uit (bring nie eie kos “werk” toe nie) en dan wil hulle 15h30 (op die laatste) loop.

Doreen ·

Die loon kan R100 per uur word of R1 per uur…as jy dit nie kan bekostig nie gaan baie mense werk verloor. Die tannie wat so aan die lone per uur krap weet sekerlik nie dat dit is wat jy betaal in geld PLUS baie dikwels kos, ou klere, ou gordyne, ou meubels en derglike baie bruikbare goedere. Hoe meer mense nie werk het nie, hoe meer misdaad is daar. Daar is nie wenners in geld oorloë nie. Sad

Werklik? ·

@Sanet: Hoe sal jy dit geniet om vir R2000 n maand te werk?

Flash ·

Of liewer geen werk en geen inkomste nie @werklik? Ook geen Kos van werkgewer af nie. Waar sit jy dan?

rissiepit ·

Die probleem wat ek sien is eenvoudig. Die huishulp kry nie net haar salaris nie. Sy kry ook 3 etes en ek beloof jou sy neem altyd genoeg vir 3 mense (wat sy in sakke dan huis toe dra om aan haar familie uit te deel). Sy laai haar selfoon met my krag. Sy was al haar klere met my wasmasjien en met my krag (en my seeppoeier en water) boonop word daar “geneem”…daar ´n ui…daar ´n koppyn-pilletjie…daar ´n vleisie ens. ens. Boonop kry ek dan oprdragte van…ek moet kliniek toe geneem word ens. Waarom…want voorheen was dit dan so…waarom dit verander. Dus gaan dit nie net oor die loon nie. Alles wat by die loon kom maak dit werklik ´n duur storie. Kritiek kan die dame glad nie aanneem nie dan raak die dame erg aggressief.

CJ ·

Ek het lankal van haar ontslae geraak. Sy sou nie lank by my gewerk het nie. In elkgeval doen maar eerder jou eie huiswerk. Dit is maar ‘n omslomernis om moeg van die werk te kom en nog te staan en stryk en huis aan die kant te maak. Die groot skoonmaak is elke naweek. Plus jy spaar die geld wat jy die huishulp moes betaal. Elke een in die huis moet sy eie bydrae lewer. By my moet elkeen sy/haar bed self opmaak en hul kamers aan die kant maak en sorg dat dit skoon is.

Jou goed bly heel, niks word weggedra nie en jy spaar sommer geld ook.

stoffel ·

Ek is jammer maar mens moet nie jou menslikheid verloor nie as 150 n dag te veel is maak self jou bed op en toilet skoon. Leef en laat leef. Hou op moan

Delia ·

Nou toe nou, Stoffel, klink my jy het ‘n problem met toilet skoonmaak!
Ons doen alles self in ons huis vir die afgelope meer as 15jaar……nie oor die salaris vir die huishulp nie, dis bysaak, maar oor deeglikheid en veiligheid. Mik bietjie beter volgende keer!

sharon-cathryn ·

Ek betaal dit met n smile…. en NOG MEER,….. sy is vir my goud werd en is n alleenouer wat ook ente bymekaar moet bring. Ja sure…. sy drink my Jacobs koffie en eet my woolworths broodjies…. maar so what? Sy help my baie en wanneer ek op die pad is, is sy die ene wat moet sorg dat my huis veilig is. Sies as mense kla…. werk dan eerder self en hou op moan. Gaan bly julle waar hulle bly. Staan 3uur op om 7uur by die werk te wees ….. word uitgebuit deur werkgewers deur hulle aalmoese te betaal en kyk dan of jy as mens behoue kan bly en nie effense haat in jou he nie?

Sune van Heerden ·

Dagsê Jaco

Ons vra om verskoning vir die fout wat ingesluip het! Dankie dat jy ons daarop gewys het.
Ons het die wysigings aangebring.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Arnau ·

Wat sal jy doen as jou kinders honger is? Ons het 3.3 miljoen honger kinders in Suid Afrika. Ons by http://www.feedachild.co.za werk om alternatiewe te kry. Huishulpe is baie keer voorsieners vir meer as net haar eie kinders. Huise waar daar nie ouers is nie rus swaar op gemeenskappe.

Al wat ek probeer sê is dat die huishulp jou lewe makliker maak. En ja dit is ‘n luuksheid. Ons baklei oor minimumloon, maar koop karre wat 2 tot 10 keer kos wat ‘n mens jou kos…

Ek verstaan nie wat die probleem is nie. Kom ons sê jy betaal die finansiële bestuurder van jou maatskappy hierdie loon… Sal jou finansies veilig wees?

Huishulpe werk met jou waardevolste goed en soms jou kinders… Vergeet minimumloon en vra wat is regverdig.

Minimumloon is niks anders as moderne slawerny nie.

Weet jy, die goed klits my verkeerde kant toe op. Ons is bekommerd oor misdaad… Negatiewe sosiale gedrag is gebore uit honger, en nie uit armoede nie. Ek maak vandag die stelling… As elke huis net die helfte spandeer aan gemeenskap oprigting wat aan sekuriteit spandeer word en ons bou volhoubare programme gaan misdaad verdwyn. Ook as ons mense betaal wat hulle werd is gaan jou Jacobs koffie nie voete kry nie.

Om ‘n kind kos te gee kos rêrig R75 per maand, om jou huishulp te help en te leer hoe om te plant sodat sy en die gemeenskap kan eet… Wat gaan dit kos?

Oh, ek sê ook nie betaal jou huishulp te veel nie, al wat ek sê is jy kry nie beter werknemers as werknemers met dankbare harte nie.

Perine ·

Ek is altyd verras wanneer ek sulke bitsige komentare lees – veral wanneer n mens ag neem dat dit hier handel oor n MENS!! Hierdie gaan oor n VROU, n ma met kinders – haar behoeftes is nie juis verskillend van my of jou nie.
Kom ons vergeet van huur en krag en alle ander uitgawes – wie van julle kan n gesin voed met R2000 n maand??
Ek kry die idee as ek so na die komentare kyk dat al wat tel is dat julle behoeftes tog net gevul moet word. Kompassie is seker net bedoel vir die bevoorregtes.
Krag om n celfoon te laai??? Ai tog – regtig??
Geen wonder dat daar nog soveel haat in SA is nie – julle het gewoon geen respek nie!

Elizabeth ·

Perine, jy is reg. Ek het alles meer as 20 jaar self gedoen want ek het waar ek kon geld probeer spaar omdat ek slim kinders het en hul graag uiniversiteit toe stuur. Ongelukkig moes ek nou paar jaar gelede iemand kry agv ‘n besering wat veroorsaak dat ek meeste goed nie meer self kan doen nie. Maar ek betaal haar meer as die minimumloon want sy het twee kinders wat sy goed voor sorg en sekermaak dat hul skool toe gaan, huiswerk doen ens so ek gee ook nie om, in werlikheid dring ek aan dat sy nie later as halfdrie loop nie. Sy moe tmso nog haar eie plek skoonmaak, wasgoed was en na die kinders se tuiswerk omsien.Sy kry elke jaar verhoging, 3 weke verlof en dubbeltjek in Des.Alhoewel haar salaris baie goed is en meer as die minimum kan ek mos uitwerk dat drie mense nie gemaklik op dit kan oorleef nie, so sy kry groente uit my tuin en maandeliks klompie vleis ook nog sowel as al haar toiletware.Dus het sy geldjie oor en het sy al ‘n mooi som vir haar afrede gespaar. Sy en haar kinders kry verjaarsdag sowel as kerspresente. DAAROM steel sy nooit by my nie want sy kan oorleef met hoe ek haar vergoed. Sy doen dinge wat ek nie eers vra of van haar verwag nie, is getrou, eerlik en het die grootste respek vir ons. Mens kry maar wat jy voor betaal glo ek. Sy is ook mens en wil ook net die beste vir haar kinders hê, net soos ek wou.Sy is dus vir my goud werd en ek betaal wat sy vir my werd is.

Perine ·

Ek stem 100% saam Elizabeth.
Ek behandel die mense wat vir my werk op n waardige manier. Dit is soos jy se – jy kry wat jy voor betaal. Dit kan seker ook anders gestel word – wat jy saai sal jy maai.
Nie alle mense is kriminele nie – daar is miljoene mense in SA – die meerderheid wil ook maar net n normale rustige bestaan voer.
Ek wonder hoeveel weet presies hoe laat in die oggend moet jou huishulp opstaan om betyds by die werk te wees. Sy het nie die voorreg om seker te maak dat haar kinders veilig by die skool kom nie want sy moet kom seker joune se klere is gestryk.
Ek kry vreeslik skaam as ek na meeste van die komentare kyk – daar is duidelik geen DAADWERKLIKE poging om n POSITIEWE bydrae te maak tot ons samelewing nie.
Ironies genoeg is dit ook dikwels dieselfde mense wat gedurig christelike boodskappe op hulle FB bladsye plaas of na oggend tee’s vir christelike vroue gaan wat die bitsigste is teenoor hulle medemens.
Ja, soms het ek “gechipte” skottelgoed maar die gevoel van genoegdoening wat ek kry deur betrokke te wees en te sien hoe my klein bydrae die lewe van n gesin kan verbeter is duisend maal belangriker.
Gelukkig leer my kinders ter selfde tyd ook die waarde van respek en kompassie vir hulle medemens.

Elizabeth ·

Perine – weereens dis nes jy sê. Mens moet probeer, net PROBEER om een dag lank in iemand se skoene te stap dan sal meeste mense se gesindheid verander.Van my kant probeer ek haar ook aanmoedig om haar kinders die regte leiding te gee, maak skool klaar, wat om te doen met boelies, moenie betrokke raak by dwelms of onwettige dinge nie; ek gee hul boeke met hul ander presente Kersfees sodat hul kan lief wees vir lees en ook my Afrikaanse tydskrifte as ek klaar is met dit. Dalk, net dalk saai ek ‘n saadjie vir Afrikaans! En hahahaa, die stukkie oor die oggendtee’s – kyk DAAR slaat jy nou die spyker baie mooi op sy kop! Die wat so kla oor hoe sleg die bediendes dan is moet dit dan maar self doen wat. Dis ook gewoonlik juis daardies wat vertel hoe sleg en onbetroubaar hul is wat alte graag die kinders by hulle los! Dan vergeet hul gou hoe sleg en onbetroubaar sy is.So kan ek aangaan. ALLE swartes is nie sleg/kriminele nie – mens moet NOOIT veralgemeen nie! Bly daar is mense soos jy – hier is darem ‘n hele paar wat ordentlik na hul werkers kyk as mens so op die forum lees.

Maritha ·

Dit klink omtrent soos wat ek met myne werk.
My huishulp werk ook al meer as 4 jaar net vir so 3 ure op ‘n Donderdag vir my. Ek betaal haar ook net bietjie meer as die basiese loon want ek kan nie meer gee nie. Ek sorg dat daar altyd bietjie kos is om saam huistoe te neem. Ek doen welsynswerk so sy kry gereeld klere en ander huisware. Sy kry Kersfees meer as dubbeld asook ‘n boks vol kruideniers en verjaarsdae kry sy koek en ‘n geskenk. Meeste van die tyd word sy huistoe geneem.

Al het sy ‘n drank probleem, het daar nog nooit iets by my weggeraak nie en het ons nog nooit vasgesit. Sy het al paar keer nie opgedaag nie maar dit pla my nie so erg nie want ek is maar tog te bly dat sy daar is om die basiese noodsaaklike werkies te doen aangesien ek ‘n baie groot rugprobleem het.

Ons verstaan mekaar en respekteer mekaar.

Marietjie Kriel Morgan ·

Toe hulle toegelaat is om sel fone in die huis te bring; het ek geweet dat ek maar in n deurmekaar huis sal moet bly. Een het selfs fotos van my sekuriteit geneem en n inbraak gereël. Gelukkig was die ouens dom en het nie geweet dat ek selfs sekuriteit in my dak het nie. Hehehe. Ek het wel besef dat dit n pragtige skoon huis nie my lewe werd is nie. Nou doen ek dit as ek krag van Bo kry anders bly dit net so deurmekaar. Niks raak meer weg nie, my klere word nie gebrand nie, my breekware word nie gebreek nie, my silwer ware is veilig ek spaar n spul geld wat ek nou op myself en my familie kan spandeer. Ek weet ook my ‘skoon’ skottelgoed is wel skoon en al my breekware is heel en nie ge ‘chip’ of gekraak nie. Ek gebruik n skottelgoed masjien en het n droog stryk yster gekoop en laat my gedagtes gaan wanneer ek stryk. Ek run my hele gaste huis op my eie behalwe my tuinhelp so een keer n week. Hy was sommer my huis se vensters aan die buitekant vir my ook my karre en hy doen ook my ander eiendomme se tuine vir my en vir die afgelope 8 jaar het ek geen meer inbrake by my ander eiendomme nie vandat ek die tuindienste ge’fire’ het aangesien daar kort kort by een van ons eiendomme waar hulle tuine gedoen het, ingebreek het. Geen inbrake sederd ek nie meer tuindienste gebruik nie.

charmaine ·

Dit is daardie vrou met kinders wat in huise werk wie se man, seun, broer n ander kind se ouers besteel of vermoor. Ek maak ook elke saterdag eeder self skoon, want ek steel nie my eie koffie of waspoeier nie en breek nie my goed of brand klere om dit weg te dra nie.

Eish! ·

Ek is arm, seker een van die arm agterblewenes. Ek het ‘n stokou bediende. Het destyds gese ek kan jou nie bekostig nie, jy moet maar loop. Sy wou nie. Sy werk nou 14jaar by my vir 2 dae in ‘n week. El gaan haal haar by haar huis en sy doen net wat sy kan. (Sy is oud) Ek kerm nooit en kla ook nie as iets nie reg is nie. Te bly iemand is bereid om te help, al is dit nie 100% nie. As sy nie opdaag dan is dit maar so. Tog sy steel niks, is baie betroubaar en ons help mekaar waar ons kan. Alles wat ekstra in my juis gaan na haar toe. Al is dit klere wat te groot of te klein is vir haar. Ek se altyd sit ‘n prys op en verkoop dit onder jou mense en die geld is joune. Ek betaal haar sekerlik nie wat ek moet nie, want ek kry nie eens wat ek moet kry nie. Tog ons lewe in vrede saam. As sy ontevrede is kan sy onmiddelik loop. Ek doen haar ‘n guns sodat sy vir iets kan werk en sy doen my ‘n guns om my met iets te help. As sy siek is, bring sy so ewe ‘n sieknota, maar dit pla my nie. Ek weet sy sal nooit lieg nie en betaal haar nogsteeds want ek weet ek het iemand wat ek met my lewe kan vertrou. As sy regtig iewers kort het, se sy en ek kyk of ek kan help. Soms kan ek en soms kan ek nie. Dalk weet sy ek gee my beste…………….

Doreen ·

Eish jou hart sit op die regte plek. Dis die gesindheid wat tel. Mense onthou die vlg…jy het n huis, water en ligte, versekering, medies, skoolgelde en baie ander uitgawes wat jy betaal. Medies, water en ligte, huis en pensioen KRY hulle by die staat. Hulle is op universiteit en betaal nie! Ons belasting betalers werk hard en is ook van ons huis en kinders weg. 25% van jou geld ( sommiges betaal meer) gaan na die staat sodat geld vir behoeftiges se behoeftes kan betaal. Is dit ons skuld dat dit nie aangewend word waarvoor dit moet nie? Ek is regverdig met lone vir my werkers…die staat doen nie hul plig nie.

Doreen ·

Eish jou hart sit op die regte plek. Dis die gesindheid wat tel. Mense onthou die vlg…jy het n huis, water en ligte, versekering, medies, skoolgelde en baie ander uitgawes wat jy betaal. Medies, water en ligte, huis en pensioen KRY hulle by die staat. Hulle is op universiteit en betaal nie! Ons belasting betalers werk hard en is ook van ons huis en kinders weg. 25% van jou geld ( sommiges betaal meer) gaan na die staat sodat geld vir behoeftiges se behoeftes kan betaal. Is dit ons skuld dat dit nie aangewend word waarvoor dit moet nie? Ek is regverdig met lone vir my werkers…die staat doen nie hul plig nie.

Ebert ·

Indien ‘n gesin self hul huistake doen en elke maand die R2,065.00 wat ‘n huishulp kos in ‘n aandelefonds spaar wat dieselfde gemiddelde groei handhaaf as die indeks van alle aandele, sal daardie belegging na 10 jaar R647,844.93 werd wees.

Perine ·

Hierdie dames en here is die perfekte voorbeeld van n rassis!

[email protected] ·

Ek verstaan nie hoe kan die regering die publiek voorskryf wanneer en hoeveel om hul werkers te betaal nie maar elke jaar moet die regering se personeel toitoi op straat en staak en tekere gaan voordat hulle verhogings kry.. In elk geval is daar huisskoonmaak dienste wat baie goedkoper uitwerk en baie meer effektief is.

susan ·

Liewe Perine. Daar is nie so woord soos kompassie in geen afrikaanse woordeboek nie. Dis ‘n euwel wat kop uitsteek-die anglisisme. Die korrekte woord is meedelye/meegevoel. Kompassie klink soos ‘n maagaandoening. Ek kry sommer kompassie van afrikaanse woorde wat so verkeerd gebruik word veral die tv aanbieder wat praat van keuze ipv keuse. Ag nee mense.

Elfie ·

Liewe Susan, dan moet jy let op jou tweede sin wat EINTLIK moet lui: Daar is nie ‘n woord soos kompassie in enige Afrikaanse woordeboek nie. Siende jy nou mense wil kritiseer oor hul taalgebruik, onthou maar mense wat in glashuise woon moenie klippe gooi nie! Maar die berig gaan eintlik oor lone vir huiswerkers!

Lynni ·

Johan Steyn, die woorde van die liedjie is eintlik: Hit the road Jack. Gaan luister na die liedjie op Youtube. En nog iets, dis ‘n swart sanger wat die liedjie sing. lol. Ek dink nie hy wou gehad het jy moet sy woorde gebruik vir rassisme. (hou maar by afrikaans)

pieter ·

As die regering ons n belasting korting gee op bediendes se salarisse,glo ek sal daar minder gekla word.Tans word die salaristrekker op alles belas selfs die geld wat na die hulp toe gaan. Die regering wil nie rerig werk skep nie net opdragte gee.werksverliese is nou moontlik

Arnau ·

Hulle doen… Jy kan ‘n PAYE rabat kry as jy jeug aanstel… Enige jeug onder 30 as ek dit mis het nie.

Doreen ·

Die loon kan R100 per uur word of R1 per uur…as jy dit nie kan bekostig nie gaan baie mense werk verloor. Die tannie wat so aan die lone per uur krap weet sekerlik nie dat dit is wat jy betaal in geld PLUS baie dikwels kos, ou klere, ou gordyne, ou meubels en derglike baie bruikbare goedere. Hoe meer mense nie werk het nie, hoe meer misdaad is daar. Daar is nie wenners in geld oorloë nie. Sad

orgsnake ·

Ek bly in n flat aleen . (bachelor) EK is bja erg op skoon maak . No 1 hulle maak nooit skoon soos mens dit wil he nie maar ja maak nie saak nie . No.2 het eendag iemand gekry om my plek skoon te maak . Ek kom by die flat in tvs en gaming stuff is nie afgestof nie en ja my skotelgoed is gewas maar sy los haar skotelgoed vir my lol nooit weer nie

Marilize ·

Nadat ek die comments gelees het kan ek sien dat baie mense ontsteld is oor die aankondinging. Ek het nie n voltydse huishulp nie en betaal haar ook meer as wat sy per dag moet kry omrede sy vir.my kosbaar is en al het ek nog nie kinders nie is sy mal oor my diere en my diere is mal oor haar. Hulle is ook mense en behoort nie as minder waarfiges behandel te word nie.

Nadat ek die artikel gelees het lyk dit vir my of die mense se somme dalk biki verkeer is of.ek verataan dit net verkeerd. Want as jou huishulp van 7-4 werk met n uur ete werk sy net 40 ure n week en nie 45 nie, maar R10.95*45 gee ook nie die bedrag wat hulle daar gepubliseer het nie?? Verstaan ek die berekening verkeer?

Maar mense regtig hou op kla kousies wees die, ons huishulpe het ook lewens van hul eie.

Anton Schultz ·

Persoonlik glo ek middelklas mense kan dit nie bekostig nie. Ons betaal vir erfbelasting, Krag etc.
maar die tuinier of huishulpe nie. hulle weier om dit te betaal agv die beloftes wat gedoen was in 1994 verkiesings. Persoonlik gebruik ek n tuinier 1 dag per week vir 6 ure en n huishulp elke 2 week vir 6 ure, kos en vervoer ingesluit. As gevolg van hierdie onredelike wette en instellings doen ons die werk
self intussen want anders is dit te duur. Met die nagevolge dat die wet n persoon in n situasie sit dat jy nie anders kan nie. En dit benadeel meestens die tuiniers en huishulpe wat bereid is om langer ure te werk vir n beter inkomste.

Kobus ·

Ek se as jy jou hulp die loon betaal moet sy haar eie kos bring en jou weggooi goed koop.End of story

Gina ·

Ek betaal my bediende R1500 ‘n maand plus R350 vir vervoer. Ek neem aan eks binne die loonwet omdat ek nie regtig verplig is vir haar vervoer nie. Sy werk 3 dae week 7 tot 4 en ander 2 dae 7 tot 3. Ek gee haar ook twee etes maar dis elk geval net pap want sy verkies dit so, ou plaas bediende hul is dun gesaai. Gee ook af en toe vir haar vleis en groente as ek het. Ek gee eerder as om dit self te doen na ‘n lang dag by die werk. Hou op kla mense, leef en laat leef. Hul is ook mense met basiese behoeftes.

Leon ·

Ons bly in Vanderbiljpark en ons bediende kry R2000 per mnd. Bly in en kry 3 etes ‘n dag. Elke 2de naweek het sy lang naweek af so op Donderdag 1uur vat die drywer haar tot by haar huis in Soweto en gaan haal haar weer die Maandag 12uur.

Sy is al jaaaare saam ons en sal haar ruil vir geen geld nie. Sy ken ons rille,grille en maniere asook weet wat ons eet en hoe ons dit eet !

As daar specials is koop ons ook vir haar om saam te vat huis toe !

EN sy het nie spesifieke werks ure nie !! Sy werk soos en wane nodig is !! Geen regering of unie gaan vir ons sè hoe laat sy moet begin, eindig of max ure per dag of week nie !!!

Danie Smit ·

Ek is ‘n enkel ouer. Was wasgoed en stryk self, kook self, maak huis en erf self skoon. Klink vergesog? Tog nie. Minder probleme, spaar baie. Sodoende bly ek besig en weg vanaf die kwaad doen plekke.

Nadia ·

Ons het ‘n huishulp 3 keer per week en sy kry ook meer as wat die wet sê. Sy kom 7:30 werk toe en loop net so na 13:00 die middag.

Vir die wat vra “sal jy werk vir daai salaris?”. Kom ek vra jou die volgende: Is dit my skuld dat sy geen kwalifikasies het nie? Is dit my skuld dat sy geen ondervinding het nie? Dwing ek haar om by my te werk? NEE!!

Verder was sy een van die gelukkiges wat ‘n RDP huis gratis gekry het. Sy vertel ons dat wanneer sy bv. R250-00 prepaid krag koop by die lokasie, sy dan R500-00 se krag kry! Wie betaal die gratis R250-00 wat sy kry??

Ek werk ook vir ‘n salaris maar my baas betaal nie vir my vervoer nie en nog minder gee hy vir my kos. Ek betaal duur vir die dak oor my kop en kry nie gratis elektrisiteit nie. Ek is maar net te dankbaar dat ek wel ‘n werk het.

Marinda ·

Altyd fassineerend hoe mense Rassisme insleep in enige debat.

Ek lees nerens in die artikel een woord van rassisme nie. Dit gaan oor loon vir mense wat huise skoonmaak.

Ek stem saam – die besluitnemers wat vir ons voorskryf laat al die ekstras uit – die ekstra bakke kos wat huis toe gestuur word, die goedere wat huis toe gaan, selfone wat op jou rekening gelaai word, klere wat hier gewas word.

In Kwazulu Natal werk mense net van 7:00 – 15:00. Dit gaan so ver en die mense staan so saam hier, dat ons een keer ‘n jong tuinier wat wat bereid was om tot 16:00 te werk. Teen 15:00 kom een van die dames in die pad verby – neem kennis dat sy geensins vir ons werk of enigsens betrokke is by ons nie – en sy skreeu vir hom oor die heining dat hy nou moet huis toe gaan.

Nou vra ek jou…….ek dink oor die algemeen, as jy alles optel verdien die mense omtrent dubbel wat hier in die artikel bespreek word.

Vic ·

Liewe Land – die mense werk slegs van 0700 tot 1500 – n 8 uur dag! Ongehoord! Daar moet darem reuse huise wees dat dit langer as 8 uur neem om die huise skoon te maak? Die werkgewers werk natuurlik baie langer per dag…….

WalterDieWasbeer ·

Ek betaal mys huishulp vrywilliglik R200 per dag. Sy werk twee dae in ‘n week by my. Ek maak die res vd week my eie huis skoon maar aangesien ek ‘n besigheid ook van die perseel af bestuur moet ons iemand inkry om darem 2 keer n week vloere te was ens. En ja, sy kry middagete ook.

Maar die regering moet ophou met hierdie minimum-loon twak. Hulle beheer oor elke aspek van die samelewing en besigheid is nou besig om die land in die afgrond te dryf. Indien jy slegs iemand kan bekostig teen minder as die minimum loon gaan daai werk nou verlore gaan, aangesien jy nie meer enige-iemand gaan kan aanstel nie. Niemand word gedwing om vir daai geld te werk nie.

Lorma Naude ·

Ek het vir Grace wat eenmaal ‘n week inkom, ek betaal haar taxi en treingeld, haar salaris bo gemiddeld met ‘n bord kos waarvan ‘n bordkos vir my uitgeskep word die res word huistoe geneem. Sy doen wat sy wil. en het nou besluit dat sy die hele DEsember en Januarie verloof gaan neem om te rus. Ek werk 60 km van die werk af my salaris is klein. aS my brandstof en tolhek geld afetrek is van het ek R2 000.00 rand oor. Indien ‘n verhoging vereis gaan word, dan sal sy maar eenvoudig moet gaan want dan kan ek dit nie meer bekostig nie. Gelukkig is ek nie lui om huisskoon temaak of te was en te sryk nie, 1 slaapkamer woonstel.

Lin ·

Hallo Lorma,
Hoekom Sal jy jou bediende NOU wil Laat gaan Voor Desember en Januarie?Besef jy hulle het ook ‘n KERSFEES en NUWE jaar wat hulle vier? Gaan jy haar nie ‘n dubbel salaris en bonus gee nie? Wat moet sy koop vir kersfees en nuwe jaar? Ai Dit is ongelooflik onregverdig.Tensy jy haar met salaris huis toe stuur vir 2 maande verlof?

Lorma Naude ·

Daar is geen rede om haar te laat gaan nie, ek is ‘n kankerlyer wat haar nodig het net soos sy my nodig het, so moenie net afleidings maak nie, vind eers uit waarom ek die vraag gevra het. Ek wil net aan die regte kant van die saak bly en ja sy het self besluit om vanaf 17 Desember tot 31 Januarie met verlof huistoe te gaan en sy SAL haar volle salaris, bonus en kerspakkies vir haar kinders kry. So ek dink jy skuld my ‘n verskoning!

Lin ·

Ek MOËT eerlik se ,my bediende kry R2500 ‘n maand , ELKE week Vir iets ektras en lotto R150, SY woon in,Ek gee HAAR kos ,en sy en haar man bly hier,Hy werk VIR ‘n tuin maatskappy . Daar is werklik NOOIT VIR die arme siel geld nie,ek MOËT elke maand vir haar suster R400 insit,want die suster kyk NA ALMAL van die FAMILIE SE kinders.Dan moet ek R500 vir haar seun oorbetaal vir sy kinders, haar kleinkinders. Ek het haar NOU die dag gese ,WEET jy hoeveel jy Al sou gespaar het,as ️jy die Geld kon bele? Maar my punt is dit ,hulle het ook uitgawes,moet ook goedjies vir hulle koop? Kom Ons wees eerlik, as ons by spar stop of watse winkel ookal ,en al koop jy net wat jy benodig,wat betaal jy Dan per sak? Ons loop nooit by ‘n winkel uit en dis ooit minder as R300 nie.Die bediendes benodig ook die goed? Ek voel skaam OM haar R2500 te betaal per maand.Dis net TE min vir my.Dis wat Ek op my hare en naels spandeer per maand.Ek is Dankbaar om iemand te he wat vir my alles kan doen, Ek kan nie eers een kamer mop Nie ,Dan le Ek dae in my bed met rugpyn, sy is ouer as Ek en sy kan die hele huis mop. Nee Ek wil regtig nie alles doen wat sy doen nie.Ek gee nie om wat haar salaris is nie,Ek betaal dit,en om ietsie ekstra te gee ,gaan niemand doodmaak nie.Wie van ons Sal ooit ons kinders gelos het,om grootgemaak te word deur jou familie ,km’s ver ? Ek glo nie ons Sal nie,maar hulle MOËT maar net ,want hulle mag nie werk met hul kinders nie, en omdat die kinders so ver is, sien hulle die kinders 1x per jaar. Ek sou my oe uitgehuil het. Maar hulle MOËT opoffer vir so min geld ? Waardeer jou huishulp meer,en respek vir mekaar is uiters belangrik .Dankie Mieta ,️jy Maak my lewe werklik gemakliker ~~~~

Elizabeth ·

Lin, daar is geskrywe : “Werp jou brood uit op die water en na baie dae sal dit na jou terugkeer”. Met ander woorde elke goeie daad sal beloon word, een of ander tyd. Dis REG wat jy doen. Nou “verskoon” mense hulself omdat hul ‘n ander mens (wat, terloops deur dieselfde God geskape is, wie hulle so graag aanhaal as dit HUL pas) eintlik misbruik deur ‘n swak salaris (ek wil eintlik sê hongerloon) te betaal deur te sê o, dis nie “my skuld hulle het nie geleerdheid” of dis nie “my skuld hulle het nie ondervinding” of wat ookal nie. Ek het jarelank nie ‘n bediende gehad bloot omdat ek dit nie kon bekostig want elke sent is vir my kinders se geleerdheid gespaar. Ind aardie tyd het vele vrouens by my kom smeek vir werk self vir ‘n swak salaris net om IETS vir hul gesinne in te bring maar ek kon dit eenvoudig nie doen nie.Nou wat ek ouer is en agv ‘n besering nie meer alles self kan doen het ek ‘n bediende en sy word baie goed voor gesorg soos ek boontoe genoem het. Sy is ‘n MENS, sy het al swaar gehad in haar lewe, is swak betaal, sleg behandel en sy moes maar sluk ter wille van haar 2 kinders. Nou is dit my plig en voorreg om haar te versorg want van haar kant maak sy MY lewe makliker, sy maak my huis skoon wat harde fisiese werk is; ek weet want ek het dit self gedoen ook. As ek nie goed voel sal sy my bederf deur te sê ek moet gaan sit sy bring tee. Sy word menswaardig behandel en daarom gee sy dubbeld dieselfde terug.

Frannie ·

Hoe sal jy dit geniet om R200 vir water en ligte te betaal, R500 vir huur betaal, R140 vir ‘n maand se trein kaartjie. Heerlik né? Hier is te veel mense in hierdie land en te min werk.Op hierdie manier probeer ons gewone mense wat R5000 per maand verdien hulle ook help. En dan is hulle nog verdomp ondankbaar ook.

Visser Beziidenhout ·

My huishulp werk al reeds vir R20 per uur en ek betaal dit met n “smile” o ja ek bly in die platteland

Lorma Naude ·

Ekskuus ek vra wat sal die salaris dan wees as ‘n huishulp 1 keer per week met ander woorde 4 keer per maand inkom. Kon dit nie raak lees op die uiteensetting van die voorgestelde salarislys nie.

Groete
\lorma

Mitzi ·

Hi ek wil net weet wat die bedrag is wat ek dan my huishulp moet betaal. Sy werk 1 dag per week vanaf 08:00 – 15:00/16:00 maar nooit later as 16:00 nie. Sy kry teetyd en middagete by my. Sy werk met ander woorde 8 ure per dag, 1 dag per week by my. Ons bly op ‘n plattelandse dorpie.

missy ·

Ek lees goeie kommentaar en swak kommentaar. Dankie aan die werkgewers wat so goedhartig is aan hulle skoonmakers,ja daar is die wat meer salarise soek maar dan is daar ook die wat maar net aanvaar en dankbaar is met die min wat hulle kry. Is julle almal te vrede by julle werk en salaris wat jy verdien? As ek by d huis is help ek my huishulp waar sy my nodig het dan kan ek sien hoe sy werk en dan is sy nie altyd so moeg. Jy kla oor hoe jou skottelgoed gechip is en uit jou yskas en kos kas word geeet,vra jou huishulp om haar eie kos te bring en as jou skottelgoed chip was dan dit self of jou kinders maar nee,julle kan nie julle hande in skottelgoed water sit nie nou hoe gaan jy die res van jou huis skoon maak,as jy uit jou werk kom,kom gooi jy net jou sak neer jy hoef niks te doen,volgende oggend gaan jy net werk sonder om ‘n vinger te lug,moenie eers praat van naweke maandag moet sy nog skottelgoed kom kry wat staan van vrydag af,maar kla sy nee sy doen maar net haar werk,so waardeur jou huishulp van sy maak skoon waar jy vuilmaak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.