Nuwe minister van finansies ontken Twitter-uitlatings

David van Rooyen. Foto: @IAmMzilikazi / Twitter

David van Rooyen. Foto: @IAmMzilikazi / Twitter

David van Rooyen, die nuutaangestelde minister van finansies, het gesê hy is onder geen illusie oor die taak wat op hom wag nie.

“Suid-Afrika se ekonomie beleef ʼn moeilike tyd, dit terwyl die internasionale ekonomie ook stagneer,” het Van Rooyen gesê.

Hy het gesê die regering se fokus is om armoede, werkloosheid en ongelykhede in die samelewing te takel. “Ek gaan daarop konsentreer om seker te maak dat die beleid wat my departement goedkeur daarop gemik is om beleggers na Suid-Afrika  te lok.”

Intussen het dit aan die lig gekom dat vals Twitter-profiele in die minister van finansies se naam geskep is. @daviddvanrooyen het getwiet: “Onder die wakende oog van Nommer Een sal ek alles in my vermoë doen om die soustrein aan die hang te hou.”

Van Rooyen het egter in ʼn verklaring ontken dat dit sy Twitter-profiel is. “Ek het nog nie ’n Twitter-rekening nie. Dit is duidelik dat die rekening vals is omdat dit geskep is op die dag waarop ek ingehuldig is as minister.”

Die tesourie het gesê die profiele is geskep om Van Rooyen in ʼn slegte lig te stel. “Stappe sal gedoen word om te verseker dat dié profiele gesluit word.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

tamboti ·

Beleggers stel nie belang in die stryd teen armoede, werkloosheid en ongelykhede nie mnr. die minister, hulle wil juis he die regering moet fokus op ekonomiese groei en verslappende wetgewing. Julle bestry die brand waar hy die felste is, julle moet fokus op voorbrande!
Maar baie sterkte in die uitvoering daarvan en met al die “eise” wat aan jou gestel gaan word!

tamboti ·

Beleggers stel nie belang in die stryd teen armoede, werkloosheid en ongelykhede nie mnr. die minister, hulle wil juis he die regering moet fokus op ekonomiese groei en verslappende wetgewing. Julle bestry die brand waar hy die felste is, julle moet fokus op voorbrande!
Maar baie sterkte in die uitvoering daarvan en met al die “eise” wat aan jou gestel gaan word!
heheheheheheheeeee

ig ·

Wie dit ookal op Twitter gesit het,het die waarheid gepraat so waaroor stres die maat?

Rietrot ·

Ongelykhede en armoede sal nie opklaar nie. Mits die bevolkings aanwas verminder nie.

Maritsa ·

en as hy ook nie Zuma se duur vliegtuig wil goedkeur nie, gaan hy ook ge”Fire” word?

Eish! ·

Die man moet eerder sy naam en van teruggee waar hy dit vandaan gaan leen het.

pop ·

Dis nou n lagwekkende stelling. Armoede verlig,!!!! Dit terwyl die land bankrot gesteel en wanbestuur word. Die paar wat nog stoei om n lewe te maak verarm nou so vinnig, ons is al almal op die rommelhoop.

M ·

Hierdie Mr Van Wyk weer een van Zuma se maatjies wat alles gaan goedkeur wat gevra word. Jy sal weer sien hoe word die geld gemors op onbenullighede. Ons kan maar net nie wen nie en dis dit!!! … O my goodness hier kom probleme!!!! ons gaan nou van” bad” na “worse”

Rynhardt ·

David van Rooyen, SA ekonomie beleef n moeilike tyd? U geliefde Anc het hom vernietig volgens vryheidsmanifes se riglyne.Stop die toneelspel.U het geen towerstaf om u geliefde Zuma en Anc te red nie! Dit is realisme!

jz ·

Is daar nie iemand wat n bietjie breins in die mense se koppe kan in wurg nie.vergeet van armoede maak die ekonomie reg en die probleem van armoede sal vir hom self sorg.wat Stort in gedagte het ,kan nie werk nie,om van een te neem en vir ander te gee wat nie daarvoorgewerk het nie,maak die werkers kwaat so bestuur dit so dat die die wat nie werk het nie ook werk kry dit sal die oplosing blywend maak.

Ouman ·

Hy is voorheen met klippe gegooi en die dorp uitgejaag. Daar is geen manier dat die siel iets goeds gaan vermag nie. Al die kundiges sal binnekort uit die tesourie verdryf word soos by SARS en talle ander instansies waar Zumpie Gedoempie beheer wou kry.SAA se vliegtuig skema sal voor Kersfees goedgekeur word sodat Doedoe haar sin kan kry

vermeende ·

Vir almal wet lees, as jy skuld het raak daarvan ontslae. Die volgende begroting toespraak gaan vir die blanke niks goed inhou nie.

EMK ·

Haha ten minste is daar nog mense met ‘n sin vir humor – bravo aan die Twitterprofielskeppers!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.