Nuwe ministeriële taakspan ‘ondersoek nie korrupsie’

(Argieffoto: Corruption Watch)

Die ministeriële taakspan wat die regering aangestel het om besonderhede oor alle Covid-19-verwante tenders wat staatsdepartemente toeken saam te stel en bekend te maak, se verantwoordelikheid is nié om hierdie tenders te ondersoek nie.

“Dit bly die taak van die betrokke wetstoepassingsagentskappe,” het Phumla Williams, woordvoerder van die kabinet, gesê.

“Daar word van die span ministers verwag om ʼn omvattende verslag oor die besonderhede van alle tenders en kontrakte wat nasionale en provinsiale departemente, asook ander staatsdepartemente as deel van die reaksie op die pandemie toeken, saam te stel. In die belang van deursigtigheid sal dié besonderhede dan bekend gemaak word.”

Die regering het Woensdag aangekondig dat die taakspan op die been gebring word. Dit bestaan uit Ronald Lamola, minister van justisie, Tito Mboweni, minister van finansies, Senzo Mchunu, minister van staatsdiens en administrasie, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, en Jackson Mthembu, minister in die presidensie.

Daar was die afgelope ruk al hoe meer berigte van korrupsie wat met Covid-19-verwante kontrakte verband hou – en ook al hoe groter openbare woede daaroor – en verskeie amptenare is reeds geïdentifiseer as dat hulle by beweerde Covid-19-korrupsie betrokke is.

Williams het gesê die werk van die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE), wat pres. Cyril Ramaphosa vroeër magtiging gegee het om enige onregmatige of onbehoorlike gedrag met die verkryging van goedere en dienste te ondersoek, duur voort. Die SOE werk saam met die nuut gestigte spesiale koördineringsentrum wat die gesamentlike pogings van wetstoepassingsowerhede om Covid-19-verwante korrupsie te voorkom, op te spoor, te ondersoek en moontlike vervolging in te stel.

Dit is ook benewens die stappe wat die tesourie gedoen het om tenderregulasies strenger te maak en die voortgesette werk van die ouditeur-generaal om alle Covid-19-verwante uitgawes te oudit.

“Die regering hou vol die samestelling en bekendmaking van die inligting is nodig om groter aanspreekliheid en deursigtigheid te bevorder en glo dit skep ʼn belangrike presedent vir toekomstige uitgawes van dié aard,” het Williams gesê.

“Die regering is verbind daartoe om alle soorte korrupsie uit te roei en te verseker dat diegene verantwoordelik vir sulke misdadige optrede, ongeag wie hulle is, voor stok gekry word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

JohanR ·

Ek is net bly dat nadat die ondersoek gaan daar een en dertig (31) ANC’s tronk toe. Een of twee sal ministers wees, die anders sal maar die klein vissies wees. Het julle burgers miskien ‘n keuse vir/van die ministers?

Pieter ·

En is dit veronderstel om ‘n verrassing te wees? Dit was nog nooit, en sal nooit, in die anc se mandaat wees on enige korrupsie te ondersoek nie. Hulle het nie “ge-struggle” om arm te bly nie.

Johan ·

As afgetrede staatsamptenaar, wonder ek wat maak die amptenary dan om hulle dag om te kry as die politici nou heel eenvoudige tipe opnames van tenders moet doen en dan nogal ‘n hele span? Wonder maar net.

Nie Verbaas ·

Wie met n regdenkende brein sal Dlamini Zuma in n ondersoek eenheid insluit? Besit die lede die nodige kundigheid om so ondersoek te doen? Die antwoord is nee. Net nog oeverblindery deur Ramaphosa. ANC stel ANC lede aan om ANC te ondersoek en dan aan ANC terugvoer te gee terwyl onder publiek alreeds bekend is wie wat gedoen het. Wat n grap.

JohanR ·

As die ANC nou hierdie 6 aangestel het om te ondersoek van waar ons almal weet niks sal kom nie, hoekom stel die DA ook nie 6 lede aan om hulle eie ondersoek te doen, en dan op die ou einde kan ons die ondersoeke vergelyk vir die waarheid?

Adam Adriaan ·

Al hierdie korrupsie en diefstal is niks anders as hoogverraad teenoor die land. Almal moet vir hoogverraad aangekla word

Pieter ·

Niemand sal die korrupte ANC ondersoek nie want dan gaan nege en negentig persent wan die ANC menisters in die tronk sit

Persheks Adri ·

Korrupte amptenare ondersoek hul eie korrupsie! Eish aikona CR jy laat ons lag! Volgende grappie

Emmerentia ·

Natuurlik sal daar nie ondersoek ingestel word nie. Ek hoop net van harte dat die IMF dit wel sal doen

Joe Olivier ·

Hoe lekker lag ek nou vir die laaste paragraaf. Enige regdenkende mens weet dat dit ‘n leuen is.

Jacobus ·

Verassing – nooit die opdrag om korrupsie te stop nie. Ons moet die lekkasies opspoor en toestop. Bestel nuwe ‘shredders’ en vernietig die papierspoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.