Nuwe MRK-kommissarise aangestel

Menseregtekommissie

Menseregtekommissie

Pres. Jacob Zuma het Vrydag aangekondig vyf nuwe voltydse kommissarisse is by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) aangestel.

Die presidensie het in ʼn verklaring gesê die nuwe kommissarisse sal vir ʼn periode van sewe jaar dien met effek vanaf 3 Januarie 2017.

Die nuwe kommissarisse is prof. Bongani Christopher Majola, wat ook as voorsitter van die MRK aangewys is. Majola was een van die kortlyskandidate vir die pos van die openbare beskermer, voor adv. Busisiwe Mkhwebane uiteindelik in dié amp aangestel is.

Die ander nuwe voltydse kommissarisse is Devikarani Priscilla Sewpal, wat ook as die adjunkvoorsitter sal dien, adv. Andrew Hurtley Gaum, Matlhodi Angelina Makwetla en adv. Joseph Bokankatla Malatji.

Zuma het ook Andrew Christoffel Nissen en Jonas Sibanyoni as deeltydse kommissarisse aangestel, vir ʼn periode van sewe jaar.

“Pres. Zuma wens die nuwe kommissarisse alles van die beste toe in hul nuwe belangrike verantwoordelikheid om die grondwetlike demokrasie te bevorder deur die basiese menseregte van alle Suid-Afrikaners te beskerm. Die president wens ook alle uittredende kommissarisse alles van die beste toe vir hul toekoms.”

Die nasionale vergadering het verlede maand die sewe kandidate se aanstellings goedgekeur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jordaan ·

Die MRK het geen legimiteit agv hulle eensydige hantering van sake. Waarom is daar nog geen piep uit hulle oor Zuma en Malema se aanvalle en aanhitsing tot geweld nie?

ekke.. ·

Bull……
Net nog n spul wat die cANCer regering of malemmer ondersteun.. Hulle is deur en deur teen blankes en draai n blinde oog as daar sake gerapporteer word. Gaan loer maar ook sosoale media dan sal julle gou agter kom hoe eenooglik hulle wel is..

Johann ·

Almal Zumaikies…voorspraak en regverdiging van gewetenloosheid en magsbeheptheid!

Dankie tog ·

Dankie tog die treurige spul waai, mag hierdie nuwe groep werklik demokrasie bevorder deur werklik ALLE Suidafrikaners te verteenwoordig, beskerm en tug!

Lewe ·

Asook die mensereg om te lewe wat eintlik al reg is wat werklik saak maak anders het jy buitendien alles verloor.

Karma ·

Ag nee wat, Dankie Tog, jy soek vir wors in ‘n hondehok! Die MRK moet nie as die Mense Regte Kommissie moet nie as sulks bekend staan nie, maar eerder as die SRK – Swart Regte Kommissie, want dit is al rassegroep in wie se belang hulle optree.

Aitoggie ·

nee wat, net nog 7 gewillige slawe vir Zuma. Hy sal nie mense verkies, wat hom in die rug sal steek nie. Hy sal sekermaak sy paadjie vorentoe is nogsteeds geteer en sonder klippies en hobbels.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.