Nuwe mylpaal vir gewilde Afrikaanse sanger

Refentse Morake. Foto: Facebook

Refentse Morake. Foto: Facebook

Afrikaanse sanger Refentse Morake se debuutalbum, My hart bly in ʼn taal, het in etlike maande platinumstatus bereik met meer as 30 000 CD’s wat reeds verkoop is.

Refentse het oornag sukses behaal met sy weergawe van bekende Afrikaanse treffers.

Refentse was byna onmiddellik ʼn treffer nadat ʼn verbyganger hom in 2015 met ʼn selfoon afgeneem het terwyl hy “Lisa se klavier” op straat sit en sing het terwyl hy op sy kitaar tokkel.

Die sanger en sy platemaatskappy, Select Music, het dié goeie nuus op 1 September bevestig.

Refentse het hom tot Facebook gewend om sy dankbaarheid uit te spreek. “Wow!!!!! Ek sal nooit genoeg dankie kan sê vir elkeen van julle wat my so ondersteun, opreg dankbaar! Ek wens ek kon vir elkeen persoonlik dankie sê! Dankie Jesus bo alles! [sic],” het hy geskryf.

Hy het ook voorheen aan Maroela Media vertel hy moet homself kort-kort knyp wanneer hy aan sy wegholsukses dink.

“Ek weet nie regtig wat om daarvan te dink nie – dit alles het so vinnig gebeur. Ek is so dankbaar vir die talent wat ek by ons hemelse Vader gekry het,” het hy vertel.

Hy het bygevoeg die liedjies in sy album is liedjies waarmee veral ondersteuners van Afrikaanse musiek hulle kan vereenselwig. “Die liedjies in die album is goue oues van kunstenaars soos Koos du Plessis, Laurika Rauch en Chris Blignaut. Die ou skoen pas beter en dis die musiek waarmee ek grootgeword het wat ek graag wil sing.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Gerda ·

Ek is MAL oor die jongman!! Hy het n pragtige stem en persoonlikheid!!! Trots op jou Refentse ?

Sum ·

eina. hartseer…………………………………………………………………………………………………………………………………

JC ·

Ek het ook Refentse se CD aangekoop.
Pragtige, asembenewende stem, die jongman!!

Sarel Strydom ·

Sterkte aan hom vir sy loopbaan vorentoe. Dit is nie ‘n maklike mark om in te breek en sukses te behaal nie. Van Straatkunstenaar tot Top Afrikaanse Kunstenaar !

tom ·

Ek dink hy moet net vir zuma ook gaan sing dat hy kan besef wat is afrikaans werd in hierdie land

Seran ·

Pragtige stem en sy ‘Sonvanger’ lê my baie na aan die hart, van baie is syne vir my die mooiste! Doen so voort, trots op jou!

Meisie ·

Hy sing baie mooi en duidelik.Hy mt nou net bly Afrikaans sing anders verloor hy aanhangers.

Albert ·

Ja ek stem. Sy stem pas in Afrikaans. So eg en eerlik. Dankie ek het jou cd. Jy is n pragtige mens.

S ·

Baie geluk Refentse. Pragtige stem en persoonlikheid, Respek, Trots om Afrikaans te praat en te sing en jou Geloof gaan jou nog ver bring. Baie trots op jou.???

jaco ·

ek hoop sy mede-swartes wat almal net engels wil praat, let op dat hy in “die taal van die onderdrukker” sing en niks daarvan oorkom nie. almal wat hulle so engels hou moet asseblief ook net wakker word en besef dat as tale nou werklik as “tale van onderdrukking” moet geklassifiseer word, dan staan Engels voor in die ry, met al die onderdrukking dwarsoor die ou british empire (in 19020 EEN DERDE vandie wereld se grondoppervlakte). Onthou ook al die onderdrukking in Duits en Japanees in die Tweede Wereldoorlog en in Frans en Portugees in Afrika. Dis eenvoudig ONNOSEL om tale so te klassifiseer en om dan ook nog Afrikaans so verskriklik uit te sonder as die GROOT taal van onderdrukking en gerieflik van Engels en al die ander te vergeet. En dan laastens, Portugees was ook n “taal van onderdrukking” in veral Angola en Mosambiek, maar ALMAL daar praat dit vandag nog steeds. As hulle volwasse genoeg is om Portugees te aanvaar, waarom dan die onvolwassenheid in SA teenoor Afrikaans?

Maria ·

Defnitief ñ gunsteling. Geluk Jongman. Dis spesiaal om na jou te luister.

Christie ·

Ag ou Jaco,los nou maar die ou koeie in die sloot en geniet die seun se talent. Mooi so Refentse.

FRED ·

Refentse, baie geluk – trots op jou en mag jy nog dubbel die status bereik – ek maak jou sommer minister van finansies.

charmaine ·

Wat n wonderlike stem het hy nie, en weereens n bewys daar is nie kleur aan taal nie! En Afrikaanse Musiek word al hoe beter en verkope styg!

Mossie ·

Sjoe Refentse, jy MAG maar sing, boet! NIE omdat jy Afrikaans sing nie maar oor jou lieflike stem en as bonus, praat jy die taal mooier as baie van ons wat so ‘huil’ oor Afrikaans. Iemand wat trots is op sy taal (soos wat ons Blankes behoort te wees), kan nie Afrikaans praat soos jy nie. Mooi gedoen! ek gaan jou beslis ondersteun. Ouma Mossie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.