Port Elizabeth se nuwe amptelike naam is Gqeberha terwyl Uitenhage voortaan Kariega heet.
Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, het die naamveranderings van stede, dorpe en lughawens in die Oos-Kaap in die Staatskoerant aangekondig.
King William’s Town word Qonce, Maclear word Nqanqarhu en Berlin word Ntabozuko.
Die Port Elizabeth-lughawe se naam verander na die Hoofman Dawid Stuurman-lughawe en die Oos-Londen-lughawe verander na die Koning Phalo-lughawe.
Die Oos-Kaapse provinsiale geografiese namekomitee het einde 2018 begin met verskeie openbare verhore om die naam van Uitenhage, Port Elizabeth en die Port Elizabeth-lughawe te verander.
Grahamstad se naam is in Oktober 2018 na Makhanda verander.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
82 Kommentare
LOL dit is einlik te snaaks vir woorde,Die klomp darem.Noem dit wat julle wil.Meskien ANCMishap of net wat julle regtig wil.Aangesien julle geld het om rond te gooi.Meskien Banana Town ??
Wil die ANC ook nie maar hulle naam verander na KORRUP nie?
Geld vir nonsens terwyl hulle mense vrek van die honger en ellende. Geluk, baie geluk.
Ek kan nie juis Gqeberha uitspreek nie, seker tot my skande. Gedurende die vorige bedeling, het swart Suid-Afrikaners hul eie name gehad vir vele dorpe en stede – niks daarmee verkeerd nie. Ek wonder waarom Afrikaners toe so gedweë ingeval het met die nuwe name? Waarom hou ons nie maar aan om ons eie name te gebruik nie? Waarom het die Afrikaanse pers so gedweë oorgeskakel na die nuwe name? (Hoe moeilik kan dit vir ‘n koerant wees om te skryf “Pietersburg (Polokwane)” eerder as net “Polokwane”, en so ons eie volksname lewend te help hou?) Die ideaal sou seker… Lees meer »
Gaaaaap……..