Nuwe NDOV: Ramaphosa stel paneel aan om te help met besluit

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Siyabulela Duda/GCIS

Pres. Cyril Ramaphosa het ʼn paneel aangestel wat hom kan help om geskikte kandidate vir die pos van Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging (NDOV) te identifiseer.

Luidens ʼn verklaring deur die presidensie sluit die paneel regsorganisasies en openbare instellings in. Jeff Radebe, minister van energie, sal die voorsitter van die paneel wees en versoek word om potensiële kandidate te identifiseer, toe te sien dat hulle aan die kriteria voldoen, onderhoude met hulle voer en minstens drie aanbevelings aan die president maak.

Khusela Diko, woordvoerder vir die presidensie, het gesê hoewel die paneel aanbevelings kan maak, kan nét die president ingevolge die Grondwet die NDOV aanstel. Diko het bygevoeg dat Ramaphosa die besluit sal neem in oorleg met Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste.

Die organisasies wat genooi is om ʼn verteenwoordiger in die paneel te hê is die Nasionale Balie, die prokureursorde van Suid-Afrika, die Black Lawyers Association, die National Association of Democratic Lawyers, Advocates for Transformation, die ouditeur-generaal van Suid-Afrika en die Suid-Afrikaanse menseregtekommissie.

Volgens Diko moet die paneel sy werk voltooi en aanbevelings maak sodat Ramaphosa soos die konstitusionele hof bepaal het binne 90 dae vanaf 13 Augustus ʼn aanstelling kan maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Johanna Botha ·

Maak net gou want die land is lam gele omdat n skaap vir jare niks gedoen het nie …zuma en sy buddies beskerm

Hansie Slim ·

Hoekom sit Ramaphosa nie “goed gesinde” beoordeelaars ook op die paneel nie?

Vinkel en Koljander ·

Stel maar aan, ha-ha. Die een is nes die ander. Wat gaan verander?

Gemaskerde Sopbeen ·

Dis amazing hoe hierdie knape dit kan laat lyk of hulle ‘n goeie job doen, terwyl dit eintlik net oë-verblindery is. Hy doen dit net so sodat, indien dit WEER ‘n flop is soos Sean The Sheep, dan kan hy vingers wys en sê “dit was die kommissie se aanbeveling”?? Staan vir eenkeer op jou eie bene, maak jou eie besluit, en leef met die gevolge van jou patetiese besluite….

Snowball ·

As dit nie ‘n berade is nie, is dit vergaderings, kommissies, panele, ondersoekspanne, inkwisisies, koukusse, of byeenkomste. Alles rookskerms vir onbevoegdheid; hoe meer die afgevaardigdes hoe dunner die blaam vir elkeen, as alles flop.

Johann cb ·

Almal wat aangestel word vir ‘n “paneel”, moet betaal word! Hoeveel meer nóg?

Stemsaam ·

En die vraag is: hoeveel gaan hul betaal word? Dit is die rede hoekom daar nie blankes op die paneel is nie, want ons mag nie op die betaalstaat wees nie. Ons het reeds te veel. Glo my dit is nie R97.00 per uur NIE. :(:( {Betaling van sommige hoogs gekwalifiseerde mense in die staat}

Staak saam ·

Rassiste!!
Nou hoekom nie die White Lawyers Assosiation ook nooi nie?

Johan H. ·

Dis maar net oeverblindery… Die een wat meeste kruip sal die joppie kry,, Kyk maar,

Pieter h ·

(One of “our people”) sal seker maar aangstel word en niks sal rerig verander nie. In elk geval niks positiefs nie.

PJC ·

Die woord “tranformation” in die name van die organisasies wat betrokke is asook die betrokkenhei van Michael Masutha maak dat ek die hele proses wantrou.

Stropers ·

Ek wantrou alles van hulle – almal ewe korrup met ‘n hidden agenda!
Ons ken dit mos nou. Almal stropers van S A.

Rupert Ashford ·

Keep it in the family, Cyril. Hoekom die minister van energie aan die hoof??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.