Nuwe Noordwes-premier ontken ‘ongerymdhede’

Job Mokgoro (Foto: ANA)

Die kantoor van die nuutaangestelde Noordwes-premier het dié naweek ontken dat Job Mokgoro ʼn onreëlmatige tender gefasiliteer het tydens sy amp as waarnemende direkteur-generaal in die premierskantoor.

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het dié week beweer dat Mokgoro deel deelgeneem het aan ʼn proses wat teen etiese en “skoon” bestuur binne die provinsiale regering was.

Papiki Babuile, sekretaris vir die EFF, het beweer dit was tydens Mokgoro se ampstermyn dat The New Age-koerant onwettig ʼn tender bekom het om die koerant in die provinsie te versprei. “Hy het die besluit gemaak ten spyte van advies van die premierskantoor se regspan en sonder dat só ʼn tender ooit geadverteer is of deur die regte prosesse gegaan het,” het sy gesê.

Brian Setswambung, ʼn woordvoerder vir die premier, het dié bewerings op navraag van African News Agency ontken.

Setswambung het gesê Mokgoro se ampstermyn het reeds in Junie 2015 geëindig terwyl die sogenaamde ongerymdhede waarvan hy beskuldig word eers die volgende jaar plaasgevind het.

“Die [sogenaamde] Nepo Data Dynamics-kontrak is in Maart 2016 tussen die premierskantoor en die diensverskaffer aangegaan,” het hy gesê.

Mokgoro is dié week tydens ʼn spesiale vergadering van die provinsiale wetgewer as die nuwe premier van dié sukkelende provinsie verkies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Phil ·

Hendrien, die woord is reg gespel met “Y”. Gaan skil maar ‘n UI en eet dit.

Jan Seerot ·

Iets “rym” nie. Ongerymdhede.
Om iets te “ruim”. Om die deursnee van bv. ‘n boorgat te ruim.
Ook die ruim van bv. ‘n boot.

1+1 ·

Dit sal seker nie moeilik wees om vas te stel of
Mokgoro moontlik deel was van voorbereidings vir hierdie bewerings nie. “Waar ‘n rokie is, is daar moontlik ‘n vuurtjie” “Skuldig of onskuldig” Hierdie bewerings gaan soos ‘n swaard oor sy kop hang, totdat sy onskuld in die howe bewys is.

Ella ·

Twee dae in die “pos” met groot geld en klaar ontkennings?
Is daar NIEMAND meer in die land met n skoon rekord wat ons rerig kan vertrou om ander se belange bo sy eie te stel?
Dis om van siek te word.

John ·

Wat is nie nog nie stukkkend in daai wereld nie? … Wat is ‘n tender? … ‘n Lekker gebraaide jong hoenderboudjie uit iemand se hoenderhok … op apro?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.