Nuwe NVG-hoof aangekondig

Adv. Shamila Batohi tydens haar onderhoud vir die posisie as NDOV by die Uniegebou in Pretoria. Foto: Jacques Naude/ANA

Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdag by die Uniegebou in Pretoria die naam bekend gemaak van die nuwe nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV).

Ramaphosa het aangekondig adv. Shamila Batohi is die nuwe hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG).

Batohi is al sedert 2009 die senior regsadviseur vir die aanklaer in die Internasionale Strafhof in Den Haag in Nederland. Batohi het bekendheid verwerf nadat sy jare gelede die ondersoek teen die ontslape oudkrieketkaptein Hansie Cronjé gelei het by die Kings-kommissie van ondersoek.

Batohi moes tydens die onderhoude bontstaan om vrae te beantwoord oor beskuldigings van rassisme wat vroeër teen haar gemaak is. Batohi het aan die paneel van agt lede gesê sy verstaan tot vandag toe nie hoekom dié beskuldigings teen haar gemaak is toe sy meer as ʼn dekade gelede die hoof van vervolging in KwaZulu-Natal was nie.

Batohi sal die leisels oorneem nadat adv. Shaun Abrahams in Augustus die trekpas gegee is toe die konstitusionele hof beslis het die verwydering van Mxolisi Nxasana as hoof van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) was ongrondwetlik en dat die aanstelling van Abrahams in sy plek dus ook ongrondwetlik was. Dr. Silas Ramaite het daarna as NDOV waargeneem.

Dié aankondiging kom nadat 11 kandidate verlede maand deur ʼn uitmergelende onderhoudproses gesit is om die mees gepaste kandidate vir dié invloedryke pos te identifiseer.

Twaalf kandidate is deur ʼn paneel van agt lede geïdentifiseer as moontlike kandidate vir die pos met wie daar onderhoude gevoer moes word. Een van dié kandidate, adv. Glynnis Breytenbach, het haar egter aan die proses onttrek voordat die onderhoude begin het en gevolglik is net 11 kandidate deur die onderhoudproses gesit.

Ramaite het ook die kortlys gehaal van kandidate met wie daar onderhoude gevoer is, maar was uiteindelik nie een van die vyf kandidate wat deur die paneel aanbeveel is vir die pos nie. Adv. Siyabulela Mapoma, adv. Simphiwe Mlotshwa, adv. Rodney de Kock en adv. Andrea Johnson is die ander name wat deur die paneel aan Ramaphosa voorgelê is.

Ramaphosa het voorheen gesê hy sal met Michael Masutha, minister van justisie, oorleg pleeg voordat hy sy besluit neem, maar die finale besluit berus uiteindelik by die president.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Attie ·

Uitstekende keuse, maar soos met alle instansies gaan sy nie al die verkeerde dinge in een dag kan regmaak nie. Ek wens haar sterkte.

Abe ·

Nugter,
Dis jammer dat jy nie meer van jou kennis van haar agtergrond met ons kon deel nie. Ek weet te min om n opinie van haar te vorm.

Daan Erasmus ·

Ons het nie ‘n top vervolger nodig nie. Ons moet die beste bestuurder daar hê. Sy gaan nooit in die hof staan nie. Breytenbach is ‘n fantastiese vervolger, maar as ‘n bestuurder van mense is sy nie so sterk nie.

Johann cb ·

Sy behoort goed te vaar! Sy het die krieketskandaal in SA destyds oopgevlek! Geluk, Advokaat!

Francois le Cochon ·

Ten minste, vir die eerste keer in 10 jaar, is haar aanstelling nie om die aansteller te beskerm nie.

jaco ·

haar voorganger was n kleurling en sy is n indiër. eks bly die ANC kom darem bietjie reg met hulle regstellende aksie, waar kleurlinge en indiërs gedurig moet hoor “sorry no job for you as you are not black enough”.
En voordat almal my kruisig vir my opmerking; ek HET bewyse daarvoor

Dereck Le Roux ·

Sy se sy verstaan nie die beskuldigings van rassisme teen haar nie, wel Jacob Zuma voer ook aan dat hy nie die beskuldigings teen hom verstaan nie maar kom ons is eerlik met mekaar en dit is die rede vir haar aanstelling en Ramaphadda weet dit maar alte goed, sy het geen grein van ooghare of liefde vir witmense nie, watch this space.

Johan ·

O my word!Het niemand die Hansie saga op TV gevolg nie.Sy het niks oop gevlek nie.Het heeltyd op dieselfde vrae gebroei,het onvoorbereid voor gekom,het emosioneel en onseker gelyk as Hansie prok beswaar gemaak het.Was uit haar diepte daai tyd…..was 9 Jaar n speurder in Handelstak in ou SAPD…wens julle kon die senior aanklaers in aksie sien daai tyd teen net sulke goeie prokurers.Standaarde val en ons pas maar net goedsmoeds daarby aan.

RG ·

Wat het van Ramaphosa se fiks word veldtog geword. Sy lyk nie vir my fiks nie, dalk moet sy bietjie saam met hom gaan stap.

Abe ·

hb,
Die indruk wat ek gekry het tydens die Hansie – saak was nie slordige en deurmekaar werk nie, trouens, ek was beindruk met ‘n ordelike en sistematiese opbou van ‘n onverbiddelike saak wat die gewensde uitslag teweeggebring het.

Anton X ·

As mens in ‘n hof jou hare so deurmekaar kan stry, mag dit dalk net ‘n ok aanstelling wees. Lyk meer soos een wat uit ‘n stoeikryt geklim het, maar Ramaphosa se hy is vol vertroue. Ek gaan liewer net kyk wat gebeur. Weet-tie-so-lekker-nie.

sus ·

Na my mening, as daar in die verlede al rassistiese aantygings teen haar gemaak is, was daar rede …. waar daar ‘n rokie is, is daar ‘n vuurtjie … lyk ook nie of sy die pyp sal kan rook nie …

Nel ·

Net so Johan. Ek het die hele Hansie-debakel gevolg en tot dieselfde slotsom gekom dat Me Batohi in die eerste plek nie juis empatie met die Hansie-saak gehad het nie en tweedens soms lelik klei getrap het teen die verdedigingspan.

Abe ·

As vervolger is dit nie juis haar opdrag om “empatie” met n saak te he nie. Ek het ook die Hansie saak gevolg en sy het nie n slegte indruk op my gemaak nie.

BA ·

Korrupsie, gaan vasgevat word in die staatsdiens. Goed so! Wat van die staatsamptenare wat langer as 15 jr op dieselfde “Level” gebly het?? Moes hulle nie bevorder gewees het nie?? Wat van die Arbitrasies wat in die amptenare se guns beklnk is, maar na 30 dae gebeur daar niks? En so sterf alles n dood!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.