Nuwe NVG-hoof aangestel

President Jacob Zuma Foto: GCIS, Flickr

President Jacob Zuma Foto: GCIS, Flickr

Pres. Jacob Zuma het Donderdag ’n nuwe nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV) aangestel.

Adv. Shaun Kevin Abrahams sal die pos onmiddellik beklee. Abrahams, ʼn senior staatsadvokaat in die eenheid vir prioriteitsmisdaad-litigasie in die kantoor van die NDOV, sal oorneem as die land se vervolgingshoof nadat Mxolisi Nxasana verlede maand uitgetree het nadat hy en Zuma ʼn skikkingsooreenkoms bereik het.

Silas Ramaite het in die interim as waarnemende NDOV-hoof opgetree.

Zuma het Donderdag in ʼn verklaring gesê Abrahams het 17 jaar ervaring in die vervolgingsdiens. “Gedurende hierdie tydperk het hy uitgebreide ervaring en onberispelike tegniese kennis opgedoen. Ek is oortuig hy sal die doeltreffendheid van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) kan verhoog. Ek wens hom sterkte toe met hierdie noodsaaklike verantwoordelikheid,” het Zuma gesê.

Abrahams het ’n BIur-graad, BProc-graad en ʼn LLB aan die Universiteit van KwaZulu-Natal verwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

KarooKlong ·

Ek neem aan Zuma het hierdie keer eers die Universiteit gekontak om te bevestig aangaande die aansoeker se kwalifikasies.

jakes ·

Hey Zuma is jy seker die ou gaan jou nie vervolg nie ,sker nie anders fire jy hom ook met miljoene se aftree geld of het jy hom dalk vooraf betaal om jou nie op te sluit . gemors jy

George ·

Hierdie persoon is ook maar net ‘n pion wat ook graag op die soustrein wil ry. Daar is ongelukkig nie pille wat korrupsie sal genees nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.