Nuwe OB besoek Zuma

Adv. Busisiwe Joyce Mkhwebane. Foto: @GovernmentZA

Adv. Busisiwe Joyce Mkhwebane. Foto: @GovernmentZA

Adv. Busisiwe Mkhwebane, die nuwe openbare beskermer (OB), het Dinsdag ʼn hoflikheidsbesoek by pres. Jacob Zuma afgelê.

Die presidensie het in ʼn verklaring gesê dit was dié twee se eerste vergadering sedert Mkhwebane as openbare beskermer aangestel is.

“Pres. Zuma het adv. Mkhwebane gelukgewens met haar aanstelling. Hy het sy en die regering se ondersteuning en samewerking belowe sodat sy haar grondwetlike verantwoordelikhede kan nakom,” het dr. Bongani Ngqulunga, woordvoerder van die presidensie, gesê.

Volgens Ngqulunga het die president die belangrikheid van alle hoofstuk 9-instellings vir die land se grondwetlike demokrasie benadruk.

“Mkhwebane het die president bedank vir die geleentheid om te kon ontmoet en gesê sy sien uit na konstruktiewe werksverhoudinge met die regering,” hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Lucas ·

Ek dink sy moet ‘n reverdige kans gegun word deur ons. Miskien verras sy ons nog al is ons skepties, Sy weet sy word dopgehou en moet haar kant bring!!

Wouter ·

Hy weet dan nie eers wat is die hoofstuk 9 instellings nie. Dink nie eers hy wat is hoofstuk 1 nie.

Ben Prinsloo ·

Nee Lucas ek stem saam met MH. Onse vriend hlaudi weet ook hy word dopgehou en kyk wat vang hy aan. As die madam regverdig was dan sou sy al haar nekkie styf gemaak het met die gewarboel toe die vorige 1 se termyn om was.

andrea van vuren ·

Ou gesegde: “Its not what you know but who you know”!

Albert ·

Eerste keer sedert haar aanstelling. Hoeveel keer voor haar aanstelling?

Koos ·

Thuli het almal slim geleer. Nou los almal hulle fone by die huis wanneer hul Saxonwold toe gaan….

Johan ·

Dink jy nou regtig dis vanpas met die hangende saak oor stortkop……ons vertrou jou al klaar nie busisiwe……jy het nou net bevestig wat ons almal dink……

wilnet ·

Net nog n Zuma pion!!!!Eerste “betaling” vir aanstelling seker afgelewer!!

Pietsepan ·

Jacob het haar seker aan sy kader voorgestel. Dié kader wat so naarstigtelik keer dat hy uittree.

Aitoggie ·

Sy sal nie eens vra na die kluis of is dit n vertrek met die klomp geld daarin nie, te bang om te vra. Die kluis waaroor Madonsela gepraat het, waarin hulle haar nie wou toegelaat het nie.

Johann ·

Cash or card? Vra Zumpi se sekretaris…for payment for services about to render.

Heinrich ·

Van wat ek tot dusver gesien het vertrou ek haar glad nie; hierdie ‘hoflikheidsbesoek’ is eerder ‘n klop-mekaar-op-die-rug-besoek gewees.

wonder ·

Seker tee gedrink! Vertrou dit niks? Dog hulle moet “onafhanklik” wees…tsk!

zoom zoom ·

Zuma se woorde aan die OB. Stick to me and I will ? make you famous.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.