‘Nuwe OB dans na Zuma se pype’

Adv. Busisiwe Mkhwebane

Adv. Busisiwe Mkhwebane

Die nuwe openbare beskermer (OB) is daarvan beskuldig dat sy na pres. Jacob Zuma se pype dans nadat sy glo strafregtelike klagte teen haar voorganger, adv. Thuli Madonsela, ingedien het.

Dit volg ná berigte dat adv. Busisiwe Mkhwebane strafregtelike klagte teen Madonsela ingedien het oor die uitlek van Madonsela se onderhoud met Zuma aan ’n televisienuuskanaal. Zuma het vroeër ʼn klag by die OB ingedien nadat die onderhoud uitgelek het.

Glynnis Breytenbach, woordvoerder van die DA, het gesê hoewel Zuma ʼn reg het om ʼn klag by die OB in te dien, is dit tekenend dat Mkhwebane besluit het om dadelik strafregtelike klagte in te dien sonder enige verdere ondersoek. “Zuma kon self ʼn strafregtelike klag teen Madonsela ingedien het en moenie op Mkhwebane staatmaak om dit te doen nie.”

Volgens Breytenbach lyk dit nou of Mkhwebane ’n ingesteldheid het om Zuma te beskerm en in sy belang op te tree en nie in die belang van die mense van Suid-Afrika nie.

Die onthulling oor Mkhwebane se klag volg nadat Zuma die naweek aangekondig het dat hy die aanbevelings van Madonsela se verslag oor staatskaping deur ’n hof wil laat hersien.

Madonsela het in die verslag van 355 bladsye bevind dat Zuma by verskeie geleenthede moontlik die wet oortree het deur te versuim om te reageer op aanduidings dat daar onbehoorlike optrede was wat betref die Gupta-familie en staatsbeheerde instansies.

Sy het beveel dat hy ʼn kommissie van ondersoek binne 30 dae moet aanstel om bewerings van korrupsie in hierdie verband te ondersoek.

Zuma het egter vroeër gesê Madonsela kan nie vir hom opdrag gee om ʼn kommissie van ondersoek aan te stel nie aangesien dit volgens wet die president se prerogatief is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Danie ·

Ja nee amal kop in 1 mis…..en dis verseker net die begin wens ou zuma wil maar eeder uit tree want hel hy maak SA se naam meer gat hy’s net so pateties soos die springbok afrigter soek die probleem by amal behalwe hom self

MH ·

Danie, ek weet nie of jy “mus” met opset verkeerd gespel het nie. As dit so is, is dit ‘n briljante variasie van “kop in een mus”, mooi van toepassing op die betrokke persone.

Jan ·

Ek sal dit werlik waardeer as iemand my met die volgende kan help. Almal het vooraf geweet waar lê hierdie nuwe OB se sentimente betreffende Zuma en die ANC regering, nog voor sy aangestel is. Julius en die DA het vooraf al inligting daaroor gehad, so hierdie hier bo is geen, maar geen nuus vir hulle nie. Nou wil ek weet, hoe de dinges kry Julius dit reg dat hy (die EFF) toe vir haar as nuwe OB gestem het. Wat het in daardie man se kop aangegaan?

Justice ·

Of hierdie dame haarself in haar amp gaan bewys sal net die tyd leer. Sy skop nie goed af nie – plaas daarvan dat sy huidige klagtes van die publiek aanspreek is die OB se kantoor uit en uit ‘n speelbal vir politieke partye wat 98% van hul tyd opneem. Zuma het met die bekendmaking van die gesprek eier op sy gesig – nou wat is so erg daaraan?

Simon ·

Justice,
Jou kommentaar is pragtige in die kol.
Kom ons brei dit uit na “die nuwe OB is reeds deur Zuma gecapture”

popeye ·

City Press se berig hieroor beweer sy het die verslag oorhandig aan die Prioriteits misdaad eenheid…..

Swanna ·

Wie se nie hy het dit self laat uit lek nie en dir nou voor die deur van die OB gegooi om te toets hoe lojaal sy regtig aan hom is anders gaan haar kop rol en ook somer met dieslefde tyd vir Madonsela by te kom.

Henry ·

Nie Openbare Beskermer, haar termyn is klaar, nou is sy deel van die presidentswag, Presidensieele Beskermer……………..

lynette ·

Ag Swanna, toe dit bekend word en Zuma homself wonder hoe dit gelek is, het Thuli self erken dat dit sy is wat dit bekend gemaak het omdat die publiek die reg het om te weet Zuma lieg.

Jip ·

Dit was geen verrassing nie, dit was te wagte. Soos hulle vanoggend op die radio gese het, meer ‘n Presidensiele Beskermer as ‘n Publieke Beskermer.

Jakes ·

Hulle moet aanhou teen mekaar opstaan en baklei dit maak die tweesplak groter en die val vinniger. Ons moet regwees om die gaping te vat.

Natalie ·

Ag ja wat, ek het dit van die begin af geweet. Hierdie poplap gaan niks vir die land doen nie. Sy wil Zuma beskerm. Ai, dis hartseer dat ons mooi land so bespotting is…..

Oom Kalahari ·

Daar sal moet vêr gesoek word na Thuli Madonsela se gelyke en met haar integriteit, Vele het al beweeer voor die nuwe Poppie se oorname dat sy die Presidentieële kader dans gaan uitvoer gedurende haar termyn. Geloofwaardigheid is ‘n word wat ontbreek by vele mense en instansies en Jan Publiek word benadeel in prosesse. Oral word die belsting betaler se geld aangewend vir al die hofsake wat in ‘n Sirkus ontaard het, en plaas van aanwending tot die ontwikkeling van gemeenskaps sektore en werkskepping. Laat ons maar die nuwe OB en haar optredes met valk oë volg.

Jan ·

As dit oor die bande gaan wat Madonsela vrygestel het om te bewys Zuma lieg, dan slaan die nuwe OB die bal mis met haar saak teen Madonsela, wat kwansuis onregmatig die bande vrygestel het. Madonsela se termyn het op 14 Oktober verstryk en sy het die bande op 13 Oktober vrygestel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.