Nuwe OB ‘was ʼn fout’

busiswe-mkhwebane

Adv. Busisiwe Mkhwebane

Die EFF het Maandag gesê die party het ʼn fout gemaak deur adv. Busisiwe Mkhwebane vir die posisie van Openbare Beskermer (OB) te ondersteun kort voordat AfriForum ʼn verslag bekendgestel het waarin Mkhwebane se mees omstrede en opvallendste aksies in haar amp as OB uiteengesit is.

Julius Malema, leier van die EFF, het aan verslaggewers gesê die EFF was aanvanklik oortuig dat Mkhwebane ʼn kans gegun moet word om haarself te bewys, maar besef nou dat dit ʼn reuse-fout was. “Sy was ʼn fout. Suid-Afrika, ons is spyt ons het haar ondersteun. Sy is ʼn Gupta-marionet reg uit die Guptas se kombuis. Eens ʼn spioen, altyd ʼn spioen. Moet haar asseblief nie die publiek se beskermer noem nie,” het Malema gesê.

“Toe sy die amp oorgeneem het, het sy onmiddellik opdrag gegee dat die TV-kanale in haar kantoor verander word na ANN7. As sy patrioties was, kon sy ten minste die SAUK as kanaal gekies het, maar sy het reguit gegaan vir die Gupta-kanaal.”

Volgens Malema was hy die eerste om inligting te ontvang dat Mkhwebane ʼn spioen is. “Betroubare bronne het my meegedeel dat sy ʼn spioen is. Sy gaan daardie kantoor inmekaar laat tuimel soos sy haarself nou gedra.”

Pres. Jacob Zuma het Mkhwebane verlede jaar aangestel om Thuli Madonsela as OB op te volg nadat die parlement haar as opvolger benoem het. Die DA het Mkhwebane se aanstelling teengestaan.

Volgens die DA kon Mkhwebane tydens haar onderhoud geen redelike verduideliking gee hoekom sy ʼn posisie by die departement van binnelandse sake verlaat het vir ʼn laer posisie by die intelligensiedienste nie. Die party het gesê Mkhwebane het té noue bande met spioenasiedienste om die nuwe OB te wees.

Intussen het AfriForum Maandag ʼn verslag uitgereik oor Mkhwebane se eerste 100 dae in die amp van OB.

Van Mkhwebane se omstrede aksies waarna daar in die verslag verwys word, sluit in haar kritiek op Madonsela voor die parlementêre portefeuljekomitee vir geregtigheid en korrektiewe dienste; die beweerde verandering van die TV-kanaal in die OB-kantore van eNCA na uitsluitlik dié van ANN7; die besluit om nie Zuma of minister Des van Rooyen se interdik teen die staatskapingsverslag teen te staan nie; die saak wat sy by die polisie aanhangig gemaak het in verband met die lek van klankopnames wat die staatskapingsonderhoud tussen Madonsela en Zuma bevat het; en die geval met Madonsela se personeelhoof, wat na bewering deur sekuriteitspersoneel uit Mkhwebane se kantoor vergesel is.

“AfriForum is bekommerd oor die indrukke wat adv. Mkhwebane besig is om van haarself en haar kantoor te skep,” het Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum gesê. “Dit wil voorkom of sy haar bes probeer om haarself van haar gewilde voorganger te distansieer, maar in die proses posisioneer sy haarself nader aan president Zuma en die korrupsiebewerings wat hom omring.”

Roets het gesê daar is wel ʼn paar positiewe aspekte wat die organisasie ook in die verslag in ag neem, soos Mkhwebane se planne om die enorme agterstand in sake af te handel en die toeganklikheid van haar kantoor te verhoog.

“Ons wag in spanning op die eerste verslag wat sy of mense onder haar toesig aanpak en/of uitvoer. Dié verslag sal ware insig oor haar planne gee en mag baie vinnig die publiek se indrukke van haar verander na dié van ’n ware openbare beskermer,” het Roets gesê.

Hy het gesê AfriForum beoog om die kantoor van die openbare beskermer te monitor om seker te maak dat dit sy pligte nakom soos in die Grondwet en nasionale wetgewing vervat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

humor ·

Die afgesaagde retoriek. En wat is in die regering nie n fout nie.

Alida ·

Hulle wil mos nie luister na goeie raad nie. Ons het dit sien aankom.

snoefie ·

het malema n spioen in die ob se kantoor dat hy so ingelig is oor wat in die ob se kantoor aangaan? geen wonder strooi soos die NP se hulpboei aan volkskas uitgelek het.

Johannes van Rooyen ·

Die EFF is mos altyd slim te slim vir hulle eie gesondheid hulle moes vir die DA geluister het so gaan die EFF nog die hele land nog baie skade aandoen

Alida ·

En nie een van ons kan nou enigiets aan haar aanstelling doen nie. Verraaiers die hele spul.

Annetjie Keyser ·

Almal was bly toe Thuli haar amp verlaat, nou is Malema nie beindruk met die nuwe ob nie! Malema wil net sy vingers klap en almal moet spring!

Jan maak n Plan ·

Ek stem feitlik nooit saam met Juluis nie, maar vanaand op TV nuus het hy oor die nuwe OB n baie waar ding gese, wat ek seker nou nie op MM sal kan se nie ander plaas MM weer nie my kommentaar nie. Kyk maar self en as jy mooi oor die saak dink dan is dit nogal heel raak.

marous ·

Nie so eenvoudig om haar uit te kry soos wat die slimmes dink nie ,,,, kry vir julle

MANIE ·

Snaaks dat Malema sulke groot flaters aanhoudend maak . Eers sy flater oor Zuma en nou oor die OB. Sy volgende groot flater is sy party se rassisistiese beleid veral oor die landbou en grondhervorming.

snoefie ·

julle is verniet so beïndruk met malema. neem maar sy waarskuwings ter harte. absa sal nie weet hoe en wanneer hy op hulle gaan neer kom nie. absa julle het sekuriteitswagte. gebruik hulle. julle kliënte kom mos eerste.

miv ·

100 dae in die amp en nog niks noemenswaardigs gedoen nie, behalwe om Mandonsella onder verdenking te plaas. Praat van agterstallige werk – gaan Zuma haar meer geld gee om die werk af te handel – die geld en mannekrag wat hy nie aan Mandonsella wou verskaf nie. Het uit sy pad gegaan om die uitvoer van haar pligte vir haar bemoeilik. Politiekery op sy beste – kry die persone wat vir jou ‘n bedreiging inhou so vinnig moontlik uit die pad.

zahn ·

Maroela, kan julle vir ons regskenners nader oor wat gedoen kan word om haar uit haar pos te kry?

Theresa B ·

Dis nou te laat. Almal (met verstand) het van die begin af geweet sy kan nie die werk (reg) doen nie. Maar so sorg Zuma vir homself………………………………

Johanna Botha ·

Nou te laat met net NOG n fout van die eff …soos zim wat herhaalde foute gemaak het en mense gejaag het …ek kyk wat n droewige plek is dit vandag ….geen kos , geen water, geen elektriese krag en burgers verlaat die land en kom teer op SA en so erf ons hulle probleme ook nog on alles te kroon.

cor ·

Ja ou Julius jy was voorop die wa soos gewoonlik om haar te steun en jy het nogals luidkeels dit uit basuin nou moet jy jou woorde sluk net soos jy sou veg vir jou voormalige hand om die blaas tjom. Jy het ook belowe as sy nie haar kant bring nie sal die eff sorg dat sy waai, so die wind waai en sy sit nog waar is jou plannetjies. Ons almal buite plus die DA het gesien waar heen dit gaan maar nou ja die koeël is deur die kerk of sal ons sê die praathuis waar net gepraat word en niks verder gebeur nie.

cor ·

Ja ou Julius jy was voor op die wa soos gewoonlik om haar te steun en jy het nogals luidkeels dit uit basuin nou moet jy jou woorde sluk net soos jy sou veg vir jou voormalige hand om die blaas tjom. Jy het ook belowe as sy nie haar kant bring nie sal die eff sorg dat sy waai, so die wind waai en sy sit nog waar is jou plannetjies. Ons almal buite plus die DA het gesien waar heen dit gaan maar nou ja die koeël is deur die kerk of sal ons sê die praathuis waar net gepraat word en niks verder gebeur nie.

Skollie ·

Ag gee ons om wat julle dink ? EN hoeveelste fout is dit nou al wat julle gemaak het? Soos Riaan vanoggend vra op Jakaranda, hoe vertrou mens iemand (‘n leier) wat bly FOUTE maak? Wat se leier maak so baie foute? Ongelukkig kan al die foute nie reggestel word nie, die SKADE wat die EFF aanrig kan nooit weer herstel word nie, maar so stoom hulle voort in die rooi t hempies en red berets agterna . en as hy ‘n fout gemaak het, slaan hulle weer ‘n ander rigting in, draai net die pet agterstevoor en daar gaat hulle weer verder op hulle vernietigingstog ..

Kiepie ·

Ek vra weer, hoekom kry hierdie man en sy partytjie so baie mediadekking? As hy sy mond oopmaak is dit hoofnuus en word sy boodskap deur die media uitgebasyn terwyl hy eintlik net 23% van die bevolking verteenwoordig. En as die media nou nog nie agtergekom het dat hy sy mantel na die wind draai en eitlik maar net sê wat hy dink die mense wil hoor nie, dan sal hulle dit seker nooit agterkom nie. Die feit dat hy sê die OB was ‘n fout behoort nie enige mediadekking te kry nie want dit is wat ons almal reeds van die begin af geweet het.

Loeis ·

Onthou julle Zuma het in verlede jaar gevra dat die nuwe OB, eerder as Thuli, die staatskapingsverslag moet hanteer? Net daar het Zuma Mkhwebane reeds gediskrediteer omdat dit lyk of Zuma gereken het dat sy dinge anders sou hanteer. Mens wonder maar.

Van Thuli gepraat, dink julle nie ook sy sal ‘n uitstekende Direkteur van Openbare Vervolging uitmaak nie? Ek kan aan ‘n paar mense dink wie dit sal berou.

Kobus ·

Is daar enige wyse wat hulle nou reeds van haar wettiglik ontslae kan raak of sit ons nou met haar?

jean ·

Agge nee wat….teen hierdie tyd weet ons al dat alles wat in hierdie ou landjie van ons aangaan deur ons verdien word. Klaar gepraat…..

Rasper ·

EFF jul fout kos die land nou baie probleme, sy sit nou haar termyn klaar. Omdat julle niks oordink voor julle praat of stem nie. Julle DOEN net, soos altyd, en as dit klaar gedoen is kom julle agtwr watse groot fout dit was, dan moet die hele land boet vir hulle fout, skuldig of onskuldig. SO BEGIN OM TE DINK VOOR JUL DOEN NOU TE LAAT OM VERSKONING TE VRA SKADE IS KLAAR GEDOEN

Francie ·

– en wie is die een wat laaste lag?
Nog ‘n marionet om hom na willekeur sy korruptiewe gang te laat gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.