Nuwe OG amptelik aangewys

Pres. Cyril Ramaphosa het Tsakani Maluleke amptelik as die nuwe OG aangewys. (Foto: AGSA)

Pres. Cyril Ramaphosa het Tsakani Maluleke amptelik as die nuwe ouditeur-generaal (OG) aangewys.

Maluleke volg in die voetspore van Kimi Makwetu wat vroeër vandeesmaand weens kanker dood is. Hy sou later vanjaar aftree en is as een van die land se mees gerespekteerde staatsamptenare bestempel.

Maluleke is sedert 2014 die adjunk-OG en het meer as 20 jaar ondervinding in die private en openbare sektor.

Ramaphosa het Maluleke gelukgewens met die aanstelling en haar sterkte toegewens in haar nuwe rol by ʼn instelling wat aanspreeklikheid onder staatsdepartemente moet bevorder en bydra tot die bou van ʼn etiese en vaardige staat.

Maluleke is die eerste vrou wat dié pos in Suid-Afrika beklee.

Die OG se termyn strek oor sewe jaar en kan nie daarna weer hernieu word nie.

Sy neem op 1 Desember amptelik die leisels oor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Kokerboom ·

Hoop sy kan Mnr Makwetu se skoene volstaan? Gee haar ‘n regverdige kans

Casper ·

Welkom in die middle van die kriminele.Ek wens haar voorspoed toe en mag sy net so hardwerkend en ywerig wees soos Groot Kimi was.Sy het groot skoene on vol te staan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.