Nuwe Omikron-variant in Botswana gevind

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

ʼn Nuwe Covid-19-variant is vandeesweek in Botswana opgemerk en is skynbaar ʼn subvariant van Omikron.

Die nuwe variant is reeds in vier mense in die land geïdentifiseer, maar volgens owerhede is dit ook reeds in drie ander lande opgemerk.

Christopher Nyanga, woordvoerder van die minister van gesondheid en welstand in Botswana, het Maandag hierdie bevindinge bevestig.

“ʼn Breedvoerige analise van die variant het bevestig dat dit van die Omikron-variant afkomstig is,” sê hy. “Die voorlopige bevindinge is as Omikron BA.4 en BA.5 benoem.”

Die vier gevalle word tans deur owerhede gemonitor sodat meer inligting oor die moontlike impak en verspreiding van die variant ingewin kan word.

Die vier mense is almal tussen 30 en 50 jaar oud, maar twee van hulle is nie burgers van Botswana nie en het glo onlangs internasionaal gereis. Al vier die mense is ingeënt en ervaar slegs matige simptome.

“Die ministerie, in samewerking met ander streek- en internasionale belanghebbendes, bestudeer die eienskappe en kenmerke van die Omikron-subvariant om meer data en kennis oor die omvang daarvan te bekom,” sê Nyanga.

“Tot dusver is nog geen gevolgtrekkings gemaak of die subvariant meer dodelik of meer oordraagbaar is as die bekende Omikron-variant nie.

“Ondersoeke na die doeltreffendheid van die Covid-19-inentings teen die nuwe variant is steeds aan die gang.”

Volgens die ministerie wag hy nou op verdere leiding van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) oor hoe om die verspreiding hok te slaan.

“Hoewel dit algemeen is dat virusse muteer soos hulle van een persoon na ʼn ander versprei, is slegs sommige mutasies verantwoordelik vir ʼn hoë infeksiekoers en ernstige siektes. Dit sal onder andere wees as gevolg van veranderinge in die virus se gedrag en eienskappe,” sê die ministerie.

“Eers wanneer dit gebeur, kan dié nuwe variant as ʼn bedreiging geklassifiseer word.

“Nuwe veranderinge wat in ʼn variant opgemerk is, is egter altyd onderhewig aan verdere ondersoeke en verifikasie deur die internasionale wetenskaplike gemeenskap.”

Owerhede het intussen ʼn beroep op lede van die publiek gedoen om kalm, maar waaksaam te bly.

“Die ministerie sal die publiek op hoogte hou van enige nuwe verwikkelinge in hierdie geval.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Emile ·

Niemand gee meer om oor nuwe variante nie, daar gaan altyd nuwe variante wees, kyk na jouself en jou liggaam.Net soos griep gaan hierdie altyd deel van ons samelewing wees

Anel ·

En daar begin dit! Saai paniek want die 15 de kom mos nou weer nader!!!

Bernard ·

Verstommend hoe hierdie narratief lewend gehou moet word.

Drikus ·

Ek wonder ook, dit is asof daar ‘n erger virus gemaak is, wat eersdaags losgelaat gaan word, en dan net op natuurlike variante geblameer wil word…

Misky ·

Aagghhhh, hier gaan ons alweer….. Ons regering sien net ‘dollar signs’ as hulle sulke nuus kry.

Miskruier ·

Waarom is die mense getoets as hul matige simptome het? Waarom het die vaksien nie die verspreiding gestop nie??

SwartBees ·

Die vaksien stop nie die virus nie, die vaksien voorkom dat jou lewe stop. Maak dit sin?

Rayman ·

Van wanneer af besluit ñ inspuiting of jy gaan lewe of dood gaan??

Nommer 7 ·

Rayman, Sedert 1796, met Edward Jenners se pokke inentings, en Daarna Louis Pasteur se hondsdolheid inentings in 1885.

VaalDonkie ·

Maar die lande waar almal inge-ent is swoeg 100 maal meer as lande waar min inge-ent is. So wat vertel dit vir jou?

SwartBees ·

En die hartseer deel is dat dit nie eers rocket science is nie.

MakersMark ·

Ek stem saam. Die vervaardigers van entstowwe het dit van die begin gese – 95% vermindering in ernstige siekte, hospitalisasie en afsterwe. Inentings sal nie infeksie met CV19 totaal voorkom nie. En globale syfers wys dit, amper 5 bn mense ingeent, 90% vermindering van afsterwe onder ingeentes agv CV19. Dan is daar daai wat jy na verwys…. te dig on te begryp.

Pieter ·

daarsy julle outjies, wat gevax is, julle moet weer binnekort nog n booster gaan kry hoor

SwartBees ·

My vriend, het jy al langs die bed gestaan van n geliefde wat sy laaste woorde probeer uit roggel agv covid en dan die ewigheid ingaan? Mag jy en enige iemand anders dit nooit ervaar nie.

Di ·

Ja nee kyk, nou gaan dit van die een booster na die ander booster toe wees wat mense moet kry. Hierdie is net een GELD MAAK storie – dit gaaan nooit einde kry nie

Pietertjie ·

Ek wonder hoe het dit dáár gekom. Met die warrelwind aangewaai?

Madeleine ·

Botswana duidelik Baie in op hierdie hoax
Ook gehoor meerderheid vd bevolding is ingeent :(

Christine ·

Lyk my die ingeëntes gaan die nuwe “scarients” dryf – dis deel van die narratief sodat ons almal die medisyne moet vat wat duidelik nie werk nie. Ai…….

Janine ·

Kleuterskoolkinders het ‘maatjies’. Volwassenes het vriende.

VaalDonkie ·

Ek was al kalm VOOR ek van die nuutste variant gehoor het.

Papsak ·

Hulle Gaan Al daai mense wat entstof gekry het verloor hulle hele idee Vir ons Om minder te raak Ek nie n kind nie twee van my mense bitter sleg siek Na in enting vat hierdie shut weg asb

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.