Nuwe Opod-nommer ‘bemagtig gemeenskappe’

Bheki Cele, minister van polisie, tydens die bekendstelling van Opod se nuwe nommer. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Die minister van polisie, Bheki Cele, sê hoewel hy vol vertroue is dat die meeste polisielede hardwerkende, toegewyde en eerlike beamptes is, is daar wél diegene wat die goeie naam van die polisie skade berokken.

Cele was Maandagoggend by die bekendstelling van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) se nuwe tolvrye noodnommer.

“Ons almal weet wangedrag deur die polisie, of dit nou ʼn bewering is of reeds bewys is, het ʼn negatiewe uitwerking op ons samelewing. Enige oortreding wat ʼn wetstoepasser begaan, kalwe die vertroue wat gemeenskappe in die polisie het weg. Dié beamptes wat die eed wat hulle aflê om te dien en te beskerm in oneer bring, het geen plek in die polisie nie.”

Cele sê dit is Opod se werk om onafhanklike ondersoeke na beweerde oortredings te doen en dat hy die polisie ten alle tye aanspreeklik moet hou.

“Opod het in die verlede – en doen dit steeds – misdadigers wat hulle as polisielede voordoen, vasgetrek. Dit sluit in die inhegtenisneming van polisiebeamptes wat betrek word by beweerde korrupsie en diegene wat hul grondwetlike plig skend.

“Wat ook al die geval, Opod moet sy magte billik, onpartydig en sonder vrees, guns of vooroordeel uitoefen.”

Cele sê die nuwe noodnommer bemagtig gemeenskappe soos nog nooit tevore nie.

“Ek glo die bekendstelling van die Opod-noodlyn neem hom een stap nader om in ʼn posisie te wees as ʼn doeltreffende en onpartydige oorsigliggaam. Dit is ook ʼn stap wat die mense van die land gaan dien,” het hy gesê.

Cele sê danksy die nommer gaan mense beter toegang tot geregtigheid en regstelling hê en hy mense gevra om die nommer oordeelkundig en verantwoordelik te gebruik.

“Verkla beamptes wat aan diens slaap. Verkla beamptes wat slagoffers van geslag- of gesinsgeweld by polisiestasies wegwys. Verkla beamptes wat staatshulpbronne en -voertuie misbruik. Verkla beamptes wat burgers teister en intimideer. Verkla beamptes wat help dat dwelms verkoop word en dwelmhandelaars beskerm. Meld alle vorme van korrupsie deur beamptes aan,” het Cele gevra.

Die minister sê die gehalte van Opod se ondersoek is uiters belangrik om te verseker die polisie word vir enige wandade aanspreeklik gehou en dit is net so belangrik dat diegene wat klagtes aanmeld deurlopend goeie diens van die direktoraat ontvang.

“Bevindings van ondersoeke moet binne ʼn aanvaarbare tyd gemaak word sodat diegene wat skuldig bevind word aan die pen kan ry en beamptes wat onskuldiges bevind word, na hul poste kan terugkeer.”

Cele sê wanneer ondersoeke voortsleep of nie binne ʼn redelike tyd afgehandel word nie, glo mense dikwels dat die polisie onregmatig opgetree het. Hy sê ʼn vertraging in die afhandeling van sake berokken verdere skade aan die vertroue wat mense in die polisie stel.

“Eenvoudig gestel: Ondersoeke sonder enige uitslag skep ʼn kloof tussen die polisie en gemeenskappe wat ons nie kan bekostig nie. Een ding is seker: Opod moet altyd ʼn korrektiewe eerder as straffende rol speel.

“Ek is vol vertroue dat die nuwe telefoniese toegang tot Opod gaan gemeenskaplike voordeel vir die polisie en die gemeenskappe wat ons dien, inhou.”

  • Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat se kontaknommer is 0800 111 696.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Rentia ·

O neh! Nou waar verkla ons jou? Wat openlik teen blanke mense kies? Wat openlik sê ons moenine huil as ons seerkry nie?

Persheks Adri ·

Almal gaan die nommer bel om jou te verkla ou Cele!

Wide awake and fast asleep ne!

Anel ·

Dit sal nigal help as daar vir ‘n slaggie’ n beduidende aantal blankes aangestel kan word. Maar nou ja, die hoed haat blankes en hy weet dat as blankes gaan kla word hulle klagtes in net “gefile”.

Anne-Marie ·

This Cele…he is fast and good………….
Fast asleep and good for nothing …!!!!

Androclus ·

Hoekom nog kla hulle doen dit elke dag en jy Cele sonny jy doen niks nie,Doen liewer iets aan die plaasmoorde wat jy so ontken.Dit is ‘n prioriteitsmisdaad (skedule 6) oortreding geen borg niks nie asb.

Casper ·

Ag man met die hoed Opod is nie ‘n onderwysdepartement nie en kan nie ‘n korrektiewe rol speel nie.Polisielede wat oortreë moet gestraf word en nie gekorregeer word nie.Hoekom ondergaan hulle dan opleiding.
Hulle het nie meer die trots om te dien en te beskerm nie.Polisiediens is soos onderwys ‘n roping.Jy word ‘n polisie man of vrou of onderwyser gebore.Jy kan nie een gemaak word nie.Kyk maar hoeveel polisie offisiere is die afgelope ruk vir korrupsie inhegtenis geneem.

Fedup ·

I have a complaint.
Please do not post pitcures of the mad hatter. It makes me feel sick to my soul. The part that’s still left.
Time to stand up south africans. We cannot be devided or conquered.

Johann ·

Nie noodwendig iets om op trots te wees nie Cele? Wys jou hoe min begrip jy rerig het van wat jou job is.

SHAME ON YOU!!!!!!!!

SomeOne ·

“dat hy die polisie ten alle tye aanspreeklik moet hou” nou waar pas selle in ?

Porseleintjie ·

Dat cele so sy eie ondergang kon bewerkstellig. Maroela medianers ons weet wat om te doen.

Annettest ·

Bheki Cele maak ook van alles ‘n “show” net om op TV gesien en gehoor te word, maar beteken absoluut niks! Net soos Fikile Mbalula. Ek kan nie glo dat Cyril Ramaphosa sulke narre in portefeuljes kan aanstel nie!

Kruger ·

Hoeveel tel. lyne is daar wat gebel kan word? Dit gaan besig wees….

Nico ·

Cele, daar is baie polisie lede met ‘n kriminele rekord, wat gaan jy daarom doen, verwyder hulle en bring die regte manne wat bereid is om die werk reg te doen terug.

Derek ·

Dit is so jammer dat Suid Afrika deur die dal van doodskaduwee moet gaan as gevolg van die regering en dat miljoene gemors moet word met duur regsaksies. Ja dat waghonde aangestel moet word om ongelowige onverstandige mense te oordeel net omdat die ANC die Woord van God verwerp as die Lig van die land. Steeds oordeel hulle die blankes en verstaan hulle nie dat die oordeel van God oor hulle is, die swaard gaan hulle tref omdat hulle nie luister en God se gebooie verwerp omdat hulle dink hulle is godjies Dit maak nie saak wat Bekhi Cele se, hy is nog steeds lid van die ANC en verstaan nie waarmee hy besig is omdat hy nie liefde verstaan en omdat hy nog deel is van die ongeregtigheid, die dag wanneer hy tot bekering kom kan die Lig in hom wees, Bekhi Cele, dit is tyd ( Handelinge 8 ). Jy kan nie wegkruip vir God se Gees nie, net die Waarheid kan jou vrymaak, jy en jou conrades!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.