Nuwe pad tussen Mosambiek en KZN geopen

Afrika se langste hangbrug is ook pas in Mosambiek geopen. Arrive Alive via ANA

Filipe Nyusi, Mosambiek se president, het Saterdag die amptelike opening van die nuwe pad tussen sy land se hoofstad, Maputo, en die Suid-Afrikaanse provinsie KwaZulu-Natal waargeneem.

Die provinsiale departement van vervoer sê die reistyd tussen Maputo en Kosibaai, KwaZulu-Natal se Ooskus-grenspos, word danksy dié nuwe pad drasties verminder – van ses ure na net 90 minute.

“Dis ʼn reuseprestasie,” sê die departement op Arrive Alive se webwerf. “Dit sal baie beteken vir die bevordering van handel en toerisme tussen Suid-Afrika en Mosambiek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

John ·

Eintlik is hierdie een se naam die 24 hour open arrive & stay/free take-away-skyway. Ons hoop die brug is sterk want hy gaan holrug gekry word met swaar gelaaide voertuie. Die grootpad vir dagga-invoere en diefstal-uitvoere… Dink tog aan nog planne op ons vol geldtrommels te ledig.

Zelda ·

Ons sukkel alreeds so om onwettige immigrante uit die land te hou

zoom zoom ·

En nou behoort mosambiek ook aan china. Zim val ook vir china en ons eie RSA is vinnig oppad om deel van China Te word. Dit danksy die anc

Skroef ·

N goeie pad om van weg te bly. Tussen china en bbbee kan jy net … verwag.

Alwyn ·

Baie nice ek hoop net Kosi Baai grenspos word opgradeer om daai volume te hanteer wat daar gaan deurkom.

Ellisras ·

Kan ons ‘n kaart kry van die “nuwe” roete. Net vir die interessantheid.

marco polo ·

Die brug verbind Katembe met Maputo en loop dan verder suid tot by die Kosibaai grenspos. Die pad gaan waarskynlik die einde van die rustigheid in plekke soos Ponta Malongane beteken, maar gelukkig het ek dit laasjaar besoek terwyl dit nog idillies was.

jaco ·

Ek wens SA wil ten volle onder China se beheer kom. In China is die volgende totaal onbekend:
plakkerskampe
27% werkloosheid
beurtkrag
stakings
misdaad (hulle pas doodstraf gemiddeld 1000 maal per jaar toe)
vuil swak staatshospitale
China het nou wel nie godsdiensvryheid nie, maar daars wel maniere om daarmee ook saam te leef. En dis n baie klein opofferering in vergelyking met al die ander voordele…

Katerina ·

Ek wens dit ook. En niemand kan jou geloof van jou wegneem nie. Ek voel dis al wat die wit mense wat nie kan bekostig om te ontsnap nie, kan red. Dat China die land oorneem. That is how bad things have gotten here..

Cherokee ·

Jou heel laaste sin, jaco. brei uit. Vir my is die belangrikste van àlles om vry te wees om die Koning van alle konings, die Heer bo alle here, die God bo alle gode, te vereer en te aanbid. Jy noem dit ‘… ‘n klein opoffering met maniere om daarmee saam te leef’. Ek sal van nou af jou kommentare met uiterse versigtigheid lees. Godsdiensvryheid is vir my en my gesin van absolute belangrikheid en ons ruil geen ander voordele daarvoor nie. Prys die Koning!

marco polo ·

Wel, ek woon in China en kan vir jou se hier is heelwat kerke en ook moskees en tempels. Mense kan kerk toe gaan as hulle wil, maar hulle aanbid eerder die geldgod. Maar as jy vir jouself wil moeilikheid maak, moet jy n groep mense opsweep en hulle van iets probeer oortuig, soos sendelinge maar maak. Solank jy jou geloof vir jouself hou, is dit in orde.

Gerda ·

Sjoe Cherokee, jy het nou my mond laat oophang, nooit in my wildste drome kon droom jy is n Christen nie, op die manier hoe jy met ander altyd praat in jou kommentare… . Ek dink meeste van die mense voel so afgebreek en seergemaak as jy hulle altyd terug antwoord. Nou verstaan ek hoekom mense sê as dit is hoe n Christen is wil ek nie een wees nie.
Lot het in Sodom aan sy geloof vasgehou, as mens werklik lief is vir die Here, sal jy in China ook glo en vashou aan die Here, al moet jy soos daai mense dit skelm doen. Ware geloof kan mens in moeilike omstandighede eers werklike sien, dan word die kaf van die koring geskei en sien mens wie bly staande.

B ·

Wonderlike nuus!

(Die profesionele leunstoel-kritici-uit-beginsel is alweer erg besig sien ek! ? )

Wie weet ·

Cherokee 100% en vir die ander wat se in hulle wildste droome kan hul nie glo jy is n Christin nie wow Skaam julle Ek stem saam met jou ons God is n jaloerse God daar is net een God dis die drie enige God God die vader die Seun en Heilige Gees

Gerda ·

Wie weet, as jy dink ek stem nie saam met wat Cherokee oor die Here gesê het nie, maak jy n fout, ek stem ook 100% saam, maar as jy al vir langer as n jaar of wat op maroela is, en haar kommentare aan ander lees sal jy besef wat ek bedoel. Daar is n ding wat sê ;as jy gevang word dat jy n Christen is, is daar genoeg bewyse om jou skuldig te bevind… As n Christen moet ons geduld en liefde teenoor ander hê, net soos Jesus met ons het met al ons foute. Nie die hele tyd mense se foute uitwys en hul sleg laat voel en laat blyk dat wat hulle te sê het niks beteken nie of hulle eerder moes stil bly nie. Hoe moet daardie arme persoon voel, opgebou deur sulke woorde of voel hulle verneder en afgekraak. Gewoonlik lees ek haar kommentare en hou verby, maar as wat sy sê skade aan God se Koninkryk kan doen, dan maak ek mond oop. Wat moet die mense dink wat altyd hier lees, dat dit is hoe n Christen is, nee beslis nie. n Christen moet geduld en liefde teenoor ander toon en woorde wat opbou spreek. Ons almal val en word kwaad, maar om dit onophoudelik oor en oor te doen sonder om te blik of bloos, dit spreek van iemand wat n ander uitkyk op geloof as ek het of anders glo of iets anders aanbid.

WONDER ·

Ek het al lankal gewens so brug/pad kan tussen Blouberg en Kaapse middestad gebou word. Sal soveel verkeer op N7 en N1 verminder.

regtig ·

Hierdie regeering kan nie eers paaie reg maak nie wat nog van paaie bou

Fryingfrog ·

En net gisteraand is op “Kommentaar”gesê dat Isis via Mosambiek SA binnekom. Hoe maklik het die regering dit darem nou gemaak. Was dit onder ander omstandighede, sou dit wonderlik gewees het, maar… is ons blind, doof of stom of wat?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.