Nuwe paroolraad vir Waterkloof-4 se Christoff

Frikkie du Preez (L) en Christoff Becker op die dag toe hulle op parool vrygelaat is Foto: TimesLive

Frikkie du Preez (L) en Christoff Becker op die dag toe hulle op parool vrygelaat is Foto: TimesLive

Die departement van korrektiewe dienste moet ʼn nuwe paroolraad saamstel om Christoff Becker, een van die sogenaamde Waterkloof-4, se aansoek om parool te oorweeg, het Beeld Saterdag berig.

Regter Japie Maritz het in die Pretoriase hooggeregshof die departement 14 dae lank gegee om ʼn nuwe paroolraad saam te stel wat sal besluit of Becker se aansoek om parool goedgekeur moet word en of sy paroolvoorwaardes gewysig moet word.

Maritz het die paroolraad se besluit in Februarie, wat Becker se parool opgeskort het, tersyde gestel. Hy het gesê geen lid van die vorige paroolraad mag op die nuwe raad dien nie.

“Die nuwe paroolraad moet die kansellasie van die parool heroorweeg en ʼn besluit neem oor die moontlike wysiging van parool,” het Maritz glo gesê.

Becker en Frikkie du Preez se parool is teruggetrek nadat ʼn video van die twee, waar hulle glo alkohol en ʼn selfoon in ʼn sel by die Kgosi Mampuru-gevangenis gebruik, aan die lig gekom het.

Die Waterkloof-4, Du Preez, Becker, Gert van Schalkwyk en Reinach Tiedt, het in 2001 ʼn hawelose man in Pretoria doodgeslaan. Die vier is op 11 Februarie op parool vrygelaat en Becker en Du Preez is op 28 Februarie weer teruggestuur tronk toe.

Du Preez wat intussen ook om te hoor of sy aansoek om parool suksesvol was. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.