Nuwe permanente leierskap vir Transnet

Michelle Phillips, uitvoerende hoof van Transnet. (Foto: X)

Transnet het uiteindelik weer ’n permanente uitvoerende span en die private sakesektor is in sy skik met dié aanstellings.

Michelle Phillips, waarnemende uitvoerende hoof van Transnet, is permanent in dié pos aangestel. Nosipho Maphumulo is as hoof- finansiële beampte aangestel.

Business Leadership South Africa (BLSA) sê die twee kandidate is waardig om die sukkelende staatsbeheerde vervoermaatskappy te lei.

Busisiwe Mavuso, uitvoerende hoof van BLSA, sê haar span het die afgelope ses maande nou saam met Phillips gewerk en dat Phillips in dié tydperk haar vasbeslotenheid en vermoë om dinge gedoen te kry, getoon het.

“Ons kon nie vir ’n beter of meer ervare kandidaat gewens het om Transnet uit sy huidige krisis te lei nie.”

Phillips, Transnet se langsdienende uitvoerende beampte nóg, vervang Portia Derby wat onder ’n wolk van omstredenheid in September verlede jaar bedank het.

Mavuso sê Phillips weet wat die sakesektor en die regering poog om te bereik met Business for South Africa (B4SA) se vennootskap vir vrag- en logistieke dienste. “Sy was die waarnemende hoof- uitvoerende beampte toe ons ’n vermindering van 45% behaal het in vaartuie wat buite die Durbanse hawe aan anker gelê het en ’n 36%-vermindering in die wagtyd vir vragskepe om anker te gooi.”

Mavuso sê Phillips se permanente aanstelling maak dit vir die vennootskap moontlik om die momentum van die werk wat gedoen is te versterk en deur te voer. “Ons staan ten volle agter haar as die sakegemeenskap en staan gereed om haar ons volle ondersteuning te gee.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Fubar ·

Permanent, nê? Nee, eerder sodat hulle Transnet verder kan opdons, en dan hul “golden handshake” kan kry.

Papsak ·

Ag asb wat wil hulle nou bereik kyk hoe lyk Trans Net daar niks meer oor nie hoekom die vinnig aanstellings nou o verkiesing vergeet !!!!!!

Jakes ·

Asb, wat het sy vermag toe dinge dekades terug al begin stagneer het? Siek grap.

Cassie Carstens ·

Die vraag is: Gaan daar die politieke wil wees om die mense toe te laat om hulle werk te doen?

Republikein in die Wes Kaap ·

Transnet kan nie gered word nie. Privatiseer die spul.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.