Nuwe perseel vir Zondo-kommissie

Adjunkhoofregter Raymond Zondo. (Foto: Getrude Makhafola/ANA)

Die drukgroep Forum 4 Service Delivery (F4SD) het ʼn besluit van adjunkhoofregter Raymond Zondo dat die kommissie van ondersoek wat staatskaping ondersoek na ʼn ander perseel verhuis, verwelkom.

“F4SD is tevrede dat regter Zondo saamstem dat dit verkwistende en onreëlmatige besteding is om die kommissie by die private Hill on Empire te laat sit.”

Die organisasie sê dit was sy voorstel dat die kommissie na die konstitusionele hofgebou, die Gautengse hooggeregshofgebou of ʼn ander gebou wat aan die staat behoort verskuif.

“Dit is ʼn mylpaal vir dienslewering,” het Mbahare Kekana, F4SD-leier, gesê.

Zondo het Donderdag aangekondig dat die kommissie voortaan in die ou Johannesburgse raadsaal vergader en nie meer in Parktown nie.

Die kommissie hervat sy verrigtinge in die tweede week van Maart.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johan Venter ·

Ek hoop hy kan vir ons ‘n foto van die nuwe perseel/kantoor twiet. Ek neem aan dis nou nie meer eersteklas, soos in die vliegtuie, nie maar ekonomiese klas, nét soos die ministers nou deesdae met trots doen.

Nou moet die ministers nog net foto’s van die 3-ster hotelle waarin hul oorbly en hul Volkswagen Kewers twiet.

J ·

Skuif die Zondo kommissie se sittings na Nkandla?

Dan is VERDAGTE NOMMER EEN lekker naby … siek of gesond … en die “show” kan aangaan!

Nkandla is met belastingbetalers se geld betaal … behoort reeds aan die mense (staat). … sodoende word skaars belasting geld bespaar?

Verdagtes nommer 2 tot 2500…? (die hele ANC amptenary!) is reeds vertroud met die ‘venue’ en hoef nie so erg te stress nie.

In al die spioenasie rillers keer die misdadiger altyd terug na die misdaadtoneel (… waar die staatskaping beplan is?).

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.